Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Messias en verlossing

204 EK sê: “Wat die hoofsaak betref is Ek dit met jou mening heeltemal eens, maar met haar (die leer se) spesiale opmerkings oor die opset, versprei en behou van so `n leer nie heeltemal nie, ofskoon daar in `n bepaalde opsig ook wat dit betref iets vir jou mening te sê is.

[2] Wat jou mening ten aansien van `n sifting van die mense en al hul wêreldse kultuurwerke betref, wel, ten tye van Noag het dit vir die toentertyd bewoonde aarde op enkele uitsonderings na, plaasgevind. Dit word deur Moses beskryf, ofskoon figuurlik, maar `n ware wyse wat ook deskundig is in simboliek en analogieë, kan tog die suiwer historiese gebeurtenis daarin terugvind.

[3] Maar hoe was die mensdom reeds na `n paar eeue, hoewel hulle tog maar net van die meer as vrome en wyse Noag afgestam het?

[4] Ten tye van Abraham word Sodom en Gomorra alweer met die orige tien stede, vanweë die grofste ondeugde, deur vuur en swael uit die hemel, insluitend die mense en die vee, dermate vernietig dat daar geen spoor van hulle meer oorgebly het nie. Op die plek van hierdie stede vind jy nou die Dooie See, waarin tot op hierdie uur, geen dier kan lewe nie, en ook die voëls vermy dit om daaroor te vlieg.

[5] Ten tye van Moses het die bekende sewe plae jarelank meer as twee derdes van die mense en die vee in die ontaarde Egipte uitgesif, en alle Israeliete wat as nakomelinge van die broers van Josef `n paar eeue vroeër uit nood na Egipte getrek het, en hulle onder die wrede farao alle onderdrukking en vervolging moes laat welgeval, word, terwyl dit die beste arbeiders van die land was, weggelei, sodat die hele ryk daardeur in die grootste armoede en tegelykertyd in anargie verval. Maar langsamerhand herstel dit weer, word ryk en magtig en oppermagtig en word daarom ook weer met oorlog, hongersnood en pes getugtig. As jy dit nou bekyk, sal jy sien dat dit net so is soos die res van die wêreld!

[6] Deur hierdie weinige, ware, egte harde feite sal jy wel verstaan dat `n sifting van die sondige mensdom absoluut nie so `n positiewe werking het soos wat jy dit vir jou voorstel nie; want die verslegting van `n mens, asook van `n hele mensegeslag, vind haar oorsaak nie soseer in `n fundamenteel bose wil van die mens nie, soos wat jy dit nou dink nie, maar veeleer in die noodsaaklike gevoeligheid vir die lewe van die siel wat te traag word om haar ernstig op die erkende weë van die lig te begewe.

[7] En omdat rus en niksdoen die siel so goed geval, soek sy helpers en dienaars wat vir haar werk of haar in elk geval help. Daardeur word sy spoedig welgesteld, ryk en magtig en begin in haar voordeel te heers, gee wette en skryf allerlei dinge voor wat vir haar die beste is. En sien, so word sy dan meestal `n vername siel wat geen sin het om te werk nie, en dit is die rede dat die sedes van hele volke versleg, omdat hulle siele steeds meer van die geestelike afgewend en na die materiële toe getrek word.

[8] Dus, traagheid of die steeds toenemende begeerte tot ledigheid is en bly steeds die begin van alle ondeugde, en hierdie eienskap van die menslike siel is nou presies die bose gees wat die Skrif “Satan” noem. En daarin bestaan dan ook die erflike kwaad waaraan alle mense ly, en waarvan niemand hulle kan bevry nie, as net `n ware Messias wat uit die hemele kom waar die volle lewe en die hoogste werksaamheid heers.

[9] Want dat daar onder die mense van hierdie aarde `n erflike kwaad bestaan, het alle wyses van die bekende aarde reeds ingesien en verstaan; maar waaruit dit bestaan en waardeur dit te bestry is het hulle nie ontdek nie. En presies dit sal die taak van die Messias wees, om deur leer en daad die mense van die kwaad, waarvan die vrug die dood van die siel is, vir ewig te verlos!

[10] Maar dit sal vir die mens slegs dan ware en werksame verlossing wees, as hy die aangewese middele daarvoor baie presies en getrou sal toepas, anders sal hy na die koms van die Messias heeltemal dieselfde slegte mens wees as wat hy voor die tyd was; want, die Messias wat uit die hemele kom, sal niemand bevry van die erflike kwaad nie as net diegene wat volgens Sy leer, presies so in alles sal lewe soos wat die leer dit voorskryf nie. Niemand moet van Hom `n bepaalde magies-wonderbaarlike werking met betrekking tot die verlossing van die bekendgemaakte erflike kwaad verwag nie!

[11] Wel sal die Messias, om te getuig dat Hy dit is, groot wonderwerke verrig; maar dit sal op sigself vir niemand se siel nuttig en diensbaar wees nie, maar dit sal slegs die geloof wek en die siel aanspoor tot die daad volgens die leer wat gegee word.

[12] Die Messias sal sodoende lyk soos `n ryk en goeie huis- en gasheer wat `n groot maal vir die gaste toeberei en wat Sy knegte en dienaars na alle plekke, weë, strate en stege stuur om almal vriendelik uit te nooi om te kom en deel te neem aan die groot gastemaal. Armes en rykes, kleintjies en grotes, swakkes en sterkes, en ook magteloses en magtiges sal die stem wat uitnooi hoor uit die mond van die bodes. Die wat sal kom, sal ook versadig word, maar vir hulle wat nie wil kom nie, sal geen dwang toegepas word om te kom nie. Of hulle kom of nie kom nie, sal vir die gasheer geen saak maak nie; maar die seën van die groot maaltyd sal natuurlik net diegene kry wat aan die uitnodiging gehoor gegee het.

[13] Die gastemaal sal die leer van die Messias wees. Wie hierna sal luister en daarvolgens sal handel, sal `n werklike deelnemer aan die groot gastemaal wees en die seën daarvan ten volle ontvang; maar vir iemand wat die leer wel wil aanhoor maar haar nie aktief in praktyk wil bring nie, sal dit dieselfde wees as `n goed gedekte tafel vir iemand wat niks eet van alle goeie spyse nie, en vir wie dit dan geen verskil maak of hy as genooide na die gastemaal kom of nie. Wel, daar het jy nou die Messias, soos wat Hy is, sal wees en sal bly! Wat sê jy nou van so `n ware Messias?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205