Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 267

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ooreenkomste of analogieë tussen materie en gees

267 (DIE MEESTER): “Toe jy en julle vriendelike bure na die gebied gekom het, het julle hier niks anders as klippe en hout aangetref nie. Julle het onmiddellik aan die werk gegaan, versamel die beste en mees geskikte, daarna hou julle by julleself raad, en het begin om ywerig na te dink oor die vraag volgens watter reëls van die boukuns julle elke gesoekte materiaal tot `n hut of selfs tot `n woonhuis sou saamstel.

[2] En toe julle nog dieper by julleself nadink, kom daar beelde voor julle gees. Aan die hand van hierdie beelde ontwerp julle toe spoedig `n plan, en het begin om die een huis na die ander volgens die plan te bou, en na `n kort tyd staan daar baie pragtige huise in julle dal. As julle geen geskikte boumateriaal gevind het nie, kon julle vanuit julle innerlike verstand ook nooit `n geestelike plan ontwerp het wat geskik was vir die materiaal nie; maar omdat julle dit gevind het, vind julle ook spoedig `n hierby passende beeld van `n woonhuis; vervolgens voeg julle die materiaal so saam dat dit iets totaal anders voorgestel het as wat julle oorspronklik aangetref het.

[3] Ofskoon dit maar net `n materiële beeld is, is dit tog `n begin om iemand `n eerste begrip by te bring van die ooreenkomste tussen die heeltemal ruwe materie, en diegene wat `n gees daarvan kan maak. As iemand dit gesien en verstaan het, dan gaan dit baie makliker verder en dieper, en dan geld: Wie soek sal vind, wie vra, sal gegee word, wie klop, sal voor oopgemaak word.

[4] Sien, hoe meer mense op een of ander gebied geestelik ontwikkel raak, des te beter gestruktureer en fraaier sal hulle werke en produkte ook wees. Waarom is dit so? Omdat hul siel al nouer met hul gees verbind raak. En hoe nouer en inniger die siel haar met haar gees verbind, wat uit God se hart kom, des te meer sal sy styg in die orde van alle kennis en bewussyn, en sy sal steeds meer en meer die ooreenkomste ontdek tussen materie en gees. En dan sien mens ook maklik in dat iemand wat dit in die kennis van die ooreenkomste of van die analogieë tussen materie en gees die verste gebring het, daardeur ook die materie die meeste diensbaar aan hom moet maak, en die meeste nut daarvan sal hê. Meestal sal dit eers die gelukkige geval wees by voleindigde, in haar gees wedergebore siele aan die anderkant, waar niks meer vir hulle onmoontlik sal wees nie. - Sê My nou, of jy My al bietjie beter verstaan het!”

[5] DIE HERBERGIER sê: “Ja, my Heer en my God in Uself, nou begin dit enigsins helder te word! Die ou volke, soos byvoorbeeld die Egiptenare, moes baie goed tuis gewees het in die leer van die analogieë, want hul werke gee nou nog blyke van `n struktuur waarvan nou in ons tyd byna geen mens meer `n voorstelling kan maak nie.”

[6] EK sê: “Inderdaad, - want slegs geestelike insig wys aan die siel steeds meer struktuur, en leer haar besef dat sy die verhoudings moet soek tussen materie en omgekeerde materie, en tussen materie en substansie, tussen substansie en siel, en tussen siel en gees; en die gees deurdring ten slotte alles en alles moet hom dien in die hoogste en diepste moontlike orde. -Verstaan jy dit?”

[7] DIE HERBERGIER sê: “Ja, ek verstaan dit nou steeds beter, en met verloop van tyd sal ek dit hopelik nog beter verstaan! Maar nou nog één vraag! Kyk, ek ken tog die Skrif; ek het daarin dikwels gelees oor engele van God wat egte geeste sou wees! Is dit dalk die geeste wat hulle met ons siel moet verenig om haar volledig gelyk aan God te maak?”

[8] EK sê: “Vir `n baie klein deel soms wel, wanneer My ordening hulle om baie besondere redes daarvoor bestem het; maar so-iets gebeur maar baie selde. Maar wat dikwels gebeur en ook in die toekoms nog dikwels sal gebeur, is dat ook baie, baie engele die weg van die vlees so sal deurmaak soos Ekself dit nou deurmaak as die hoogste Gees van God, sodat hulle dan ware kinders van God kan word.

[9] En dan sal hulle hiervoor self `n geskikte, nog nooit geïnkarneerde siel kies, en haar in die vlees van `n suiwer moeder lê; en dan sal hulle sorg vir die verdere groei, en vir die korrekte lewensontwikkeling volgens hul lig en hul krag, sodat so `n siel kragtig genoeg word vir die ewige eenwording met hulle.

[10] Wel, dit sal jy nou nog wel nie kan inneem nie; maar daar sal nog `n tyd kom dat jy ook sulke geheime hemelse sake sal verstaan. Maar nou kan Ons na die huis afdaal; want kyk, een van jou bure het `n klein ongelukkie oorgekom, en Ons moet daarheen gaan om die saak weer in orde te bring!”

[11] Die herbergier was dit daarmee heeltemal eens, daarom gaan Ons en was baie gou ter plaatse.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205