Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die voorspelling van die Heer oor die lot van Rome en Jerusalem

9 JARAH sê: “Dit spreek immers vanself! Wanneer dit so is soos wat u nou heel duidelik aan my uitgelê het, dan het ek ook heeltemal geen beswaar teen u in te bring nie. Indien u `n goeie wil het, kan ook die gevolg daarvan tereg beskou, nie sleg wees nie, ook dan nie wanneer dit voor die oë van die wêreld nie voordelig daar uitsien nie. Ek laat my allermins deur die skyn bedrieg; maar ek sien ook in dat mens van nature baie eerder tot `n opregte, goeie wil kan kom as tot die suiwerste waarheid, wat dan eers vir die goeie wil tot `n egte, doeltreffende lewenslig word. Die goeie wil het u volgens u mededeling alreeds in algemene sin gehad; sporadiese vertroebeling het aan die geheel weinig of niks kon verander nie.

[2] Nou kry u by u goeie wil egter ook nog die suiwerste lig van die ewige waarheid daarby, waardeur u wil, wat reeds van oorsprong goed is, ook die korrekte weë en ware middele tot die sekere bereiking van die beste resultaat moet kry en van u kan dus duidelik net die allerbeste verwag word! - O Heer, seën U hierdie eenvoudige woorde van my, sodat hulle vir alle tye blywende waarheid kan word!”

[3] EK sê nou: “Ja, My duisend keer geliefde Jarah, hulle sal geseënd wees, jou wondermooie, baie waar woorde!

[4] Rome sal vir `n lang tyd die beste verblyfplek van My leer en My besondere barmhartighede bly en hierdie groot keiserstad sal `n leeftyd in die wêreld bereik wat maar baie weinig stede in Egipte sal bereik, maar nie so ongeskonde soos Rome nie. Vyande van buite af sal hierdie stad bykans nooit kwaad aandoen nie; as hy verval, sal hy dit net aan die tyd en sy weinige vyande van binne te danke hê!

[5] Maar verder sal, jammer genoeg, ook in hierdie magtige stad hierdie leer van My in `n soort afgodery verander; maar nietemin sal My woord en nog altyd oor die geheel geneem, die beste betekenis van die lewensmoraal daarin bewaar bly.

[6] Veral in later tye sal die gees van hierdie leer van My in groot mate daar verdwyn. Die mense sal op die buitenste kors kou en dit aansien as die geestelike lewensbrood; maar dan sal Ek hulle wel deur die korrekte middele geleidelik weer op die regte weg teruglei! En ook al sou hulle nog soveel hoerery en egbreuk begaan, dan sal Ek hulle tog weer op die regte tyd reinig!

[7] Verder sal hierdie stad egter altyd `n verkondiger van liefde, deemoed en geduld bly, en daarom sal mens haar te alle tye baie deur die vingers sien en die magtiges van die aarde sal hulle dikwels om haar skaar en uit haar mond die woorde van haar heil wil hoor.

[8] Oor die algemeen sal iets op hierdie aarde nooit vir lank heeltemal suiwer bly nie, dus ook nie My woord nie; maar in Rome altyd nog die suiwerste, vanweë die doel van die lewe en as vereerde oorblyfsel uit die geskiedenis!

[9] Hierdie versekering gee Ek aan jou, my liewe vriend Cirénius en Ek gee dit nou hier as volledige, ware seëning van die mooie en waarste woorde van ons allerliefste Jarah!

[10] Die een millennium na die ander sal dit aan jou laat sien en meld, dat hierdie uitspraak van My met betrekking tot die duur en die plek van Rome, volledig in vervulling sal gaan!

[11] Jerusalem sal so verwoes word, dat mens alreeds in hierdie tyd nie meer sal weet waar dit eers gestaan het nie. Wel sal die latere mense daar `n klein stadjie met dieselfde naam bou; maar die vorm en die plek sal anders wees. En selfs hierdie stadjie sal deur vyande van elders baie kwaad moet verduur en verder sonder aansien en belangrikheid `n nes van allerlei gepeupel bly, wat met moeite `n kommervolle bestaan in stand sal hou van die mos van die klippe uit die huidige tyd.

[12] Ja, ek wou graag hierdie ou Elohimstad tot vernaamste van die aarde wou gemaak het; maar sy het My nie erken nie, maar My behandel soos `n dief en moordenaar! Daarom sal sy vir altyd val en haarself in die toekoms nie meer verhef uit die puin van die ou, welverdiende vloek, wat sy haarself op die hals gehaal het en met eie mond uitgespreek het nie! - My allerliefste Jarah, is jy nou met hierdie seën van My tevrede?”

[13] JARAH het, tot trane geroer en week gesê: “O Heer, U, my enigste liefde! Wie sou nie tevrede wees met dit wat U sê nie, o Heer en veral met so `n groot belofte wat ver en diep tot in die verste tye reik? Ook my liewe, geëerde Cirénius skyn daarmee baie tevrede te wees en so-ook Cornelius, Festus en ons Julius. Of die kinders uit Jerusalem egter, waarvan daar ook `n aantal aan hierdie tafel en nog `n aantal aan ander tafels rondom ons sit, met U beloftes met betrekking tot Jerusalem ook so tevrede sal wees, lyk vir my `n heel ander vraag te wees; want van hul gesigte straal nie daardie opgewektheid soos van die gesigte van die Romeine nie.”

[14] Na hierdie heel oortuigende opmerking het sommige, wat uit Jerusalem was, opgestaan en gesê: “Weliswaar moet mens sy vaderhuis geen ondergang toewens solank dit geen woonplek geword het van diewe en rowers nie; maar as dit eenmaal is, dan moet sy ook nie gespaar bly nie! Die nakomelinge het daar - sonder angs om `n sonde te begaan - die reg om met eie hand, haar bo die hoofde van die booswigte wat daarin woon, te verwoes en elke spoor van enige voormalige bestaan vir ewig uit te wis.

[15] As Jerusalem nou na ons beste wete niks anders is as `n nes van roofmoordenaars nie, waarom sal ons dan treur as die Heer aan hierdie nes haar loon, wat sy alreeds lankal verdien het, te wil gee en seker ook sal gee?! Die treurigste daaraan is net dat hierdie Elohimstad, wat so buitengewoon begenadig is, ten slotte, ondanks alle waarskuwings, vir die derde maal sover gekom het om regstreeks deur God Self uitermate gevoelig gestraf te word! Maar Sy bekende lankmoedigheid en geduld is vir ons ook die sekerste bewys in watter groot mate so `n stad die strengste tugtiging verdien en daarvoor werklik nie in die minste medelye verdien of selfs maar te betreur is nie.

[16] Volenti non fit iniuria*! As iemand op `n sonhelder dag in `n kuil wil val, moet mens dan medelye met hom hê of oor hom treur? Ons nie! Vir egte oerdom esels en osse het ons nog nooit medelye gevoel nie, veral nie as hulle voor die hele wêreld wil voorgee om die wysste mense te wees nie. Hulle verdien veral geen medelye nie, wanneer hulle hul sogenaamde groot wysheid, wat egter in die grond van die saak maar net die grofste domheid is, deur allerlei boosheid en deur deurtrapte skelmstreke vir eg wil laat deurgaan. *(D.w.s.: Aan hom wat dit self wil, geskied geen onreg nie! Of: Vir hom wat dit so wil hê, is dit sy verdiende loon!)

[17] Dit is seker heeltemal korrek dat `n siek mensesiel meer medelye verdien as die gebrekkige liggaam van `n siek mens. Wanneer daar egter `n baie knap en kundige, betroubare arts na `n liggaamlike siek mens kom wat nog by sy volle verstand is, `n goeie diagnose stel en die pasiënt alte seker kon help en wel sou help, maar die sieke, in plaas daarvan om vol vreugde die heilsame raad van die arts aan te neem, hom deur sy knegte by die deur laat uitgooi, - wie, vra ons, sal met so `n siek siel dan nog medelye hê? Nie ons nie en beslis ook niemand anders nie! So `n bees van `n mens moet dan maar ten prooi val aan `n siekte wat moontlikergewys uiters bitter en pynlik sal wees en eers deur sy pyne leer hoe dom dit was om die uiters kundige arts by die deur uit te gooi!

[18] Domheid as sodanig verdien medelye, omdat `n dom mens niks daaraan kan doen dat hy reeds vanaf die wieg dom gebly het nie; maar daar is mense - soos die meeste hoëpriesters, Fariseërs en skrifgeleerdes - wat nie dom is nie, maar hulleself opsetlik dom hou om die arme mensdom, wat deur hulle dom gemaak is, dan des te makliker vir hulle doeleindes, wat in die hoogste graad selfsugtig is, te kan gebruik! Dergelike mense het geen siek siele nie; hulle is maar net baie sterk en gesonde wolwe in skaapsklere en verdien nie meer as om met die skerpste pyle neergeskiet te word nie, want daar sou elke medelye van welke menslike hart dan ookal `n growwe domheid wees. 

[19] Wie op die hele aarde sou nou treur oor die nag wat deur die opgaande son aan sy einde kom? Of watter dwaas sal huil oor die hinderlike winter, oor `n rasende storm, oor `n pestilensie wat opgehou het en oor slegte jare wat verby is? En ons glo dat dit nog `n baie groter domheid sou wees om daaroor te treur nadat die Heer aan ons eens een van Sy grootste barmhartighede bewys het. Ja, dit is baie treurig dat Jerusalem die grootste geestelike Lig nie wil erken en aanneem nie; want dit beteken dat sy haar heeltemal laat inlyf het by die Satan van die wêreld! Waar dit egter so is, laat daar maar vuur en swael uit die hemel reën! Sodom en Gomorra rus reeds lank tereg op die bodem van die Dooie See, en wie sou die goddeloses wil beween? En so sal die mens ook nie vir Jerusalem beween nie!

[20] En jy, geliefde Jarah, het jou in jou oordeel oor ons jou dan ook ietwat vergis! Kyk, die skyn is nie altyd `n afstraling van die waarheid nie en bedrieg ons dan en wan! Glo jy nie dat dit so is en waarskynlik ook vir altyd so sal bly nie? Het ons gelyk of ongelyk?”

[21] JARAH sê: “Maar Heer, U my liefde, waarom moet dit my nou oorkom dat ek die mense steeds verkeerd en nie korrek kan beoordeel nie? Dit is sonder meer al byna ergerlik! Eers het ek van Cirénius weliswaar net saggies, maar steeds tog `n teregwysing gekry, nou alweer een van hierdie groep mense! Hulle het almal gelyk, - net ek blykbaar nie, omdat hulle die waarheid aan hulle kant het en ek nie. O Heer, gee aan my tog `n beter insig, sodat ek met my beoordelings nie altyd bedroë daarvan afkom nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205