Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer seën die kinders. Evangelie van Matthéüs. 19:13-15

257 Nou kom DIE HERBERGIER onmiddellik na My toe en sê: “Heer, geld dit ook vir ons heidene?”

[2] EK sê: “Ja sekerlik! Want daar is slegs één God en Heer; Hy wil alle mense gelyk opgevoed hê, en Ek het na hierdie wêreld toe gekom om ook vir die heidene die poort na die lig en die lewe te open. En die tyd sal aanbreek, en dit het eintlik al sover gekom, dat die lig van die Judeërs geneem en aan die heidene gegee sal word.”

[3] Toe spreek DIE HERBERGIER: “Baie goed, Majesteit en Heer, dit is goed dat ek dit nou weet; ek sal my mense daartoe aanspoor dat hulle in U leer bly en daarvolgens sal handel. Want ek weet nou met wie ek te make het! U is `n God en geen mens nie; want U dade is nog nooit deur `n mens verrig nie, en woorde soos wat U hulle gespreek het, het ook nog nooit uit die mond van `n mens gekom nie. Dit is alles net vir `n God moontlik!

[4] Maar nou het ek nog `n versoek van U wat nou `n ware God vir my geword het. Sien, ons het in hierdie plek `n groot aantal kinders, en ek dink dat wanneer U hulle seën op U waarlik Almagtige wyse, dit later vir hulle as volwassenes van groot sedelike nut sal wees! Heer, en - ek sê - my God, het ek `n korrekte wens aan U gerig?”

[5] EK sê: “Wel, gaan dan en laat die kleintjies na My toe kom!”

[6] Hierop stuur die herbergier gou sy talle dienaars deur die hele plek om aan almal te verkondig dat hulle hul kinders na hom toe moes bring, waar die wonderbaarlike Verlosser hulle sou seën en versterk.

[7] Kort daarna word daar `n groot aantal kinders na My toe gebring, sodat Ek hulle die hande kon oplê en die seëngebed oor hulle kon uitspreek.

[8] Aangesien die kinders mekaar verdring om by My uit te kom, omdat sommige lewendige kinders eerste by My wil wees, spreek die leerlinge hulle op barse toon aan vanweë hul onfatsoenlike optrede en wys hulle tereg. (Matthéüs. 19: 13) Toe word die kleintjies skugter en wil nie meer na My toe kom nie.

[9] Maar EK vermaan die leerlinge en sê aan hulle: “Ag, laat hierdie kleintjies tog; want aan hulle behoort die hemelryk!” (Matthéüs. 19:14)

[10] Daarop moedig Ek die kleintjies aan om sonder angs en skuheid na My toe te kom. Toe kry hulle weer moed en hardloop na My toe. Ek lê hul almal My hande op en seën hulle.

[11] Nadat hierdie handeling voltrek was, gaan elkeen weer na hulle na huise toe, nadat hulle My bedank het. (Matthéüs. 19:19)

[12] DIE HERBERGIER kom nogmaals na My toe en sê: “Heer en my God! Sal U aan my huis die groot barmhartigheid bewys om nog enkele dae, weke of maande hier te verblyf?”

[13] EK sê: “Solank jy jou aan die leer hou wat jy van My leerlinge verneem het, sal Hy wat jy in My God noem, by jou bly; maar wanneer jy in jou geloof hierdie nuwe leer sal verlaat en ook jou handel daarvolgens, sal jou God jou ook verlaat. Maar Ek, wat nou ook nog wat betref My liggaam `n mens is, moet nou spoedig van hier af vertrek; want om met Fariseërs onder één dak te woon, sou nie besonder goed wees nie - nóg vir die een, nóg vir die ander party.

[14] Ek het nou ongevraagd aan jou huis en hierdie hele plek sekerlik `n groot weldaad bewys! Gedenk hierdie dag, en as julle weer deur een of ander nood gedruk word, roep My dan vol vertroue in julle hart, dan sal julle geholpe raak!”

[15] Hierop staan Ons vinnig op en trek uit hierdie plek weg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205