Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Geloof doen wonderwerke

174 EK sê vir die visser: 'Asiona, jy het tog `n nuwe kruik in jou woning; laat hom met water vul en hierheen bring!"

[2] ASIONA is, noudat Ek hom so aanspreek het, baie verbaas en sê baie verwonderd: 'My naam kon U wel êrens gehoor het, maar hoe weet U nou dat ek `n nuwe kruik besit, wat werklik my grootste rykdom is? Dit weet my bure nie eers nie, en U, `n totaal vreemde, weet dit? Asseblief, dit hoort vir my tog wel in die ryk van die fabels tuis! Het een van my kinders dalk heimlik verraai dat ek die kruik het? Die kruik op homself is verder nie belangrik nie, hy is van klip, soos wat daar by ons in die land tallose is; maar dat U weet dat daar in my woning `n goeie weggesteekte kruik staan, dit is heel besonders?'

[3] EK sê: 'Ook dit is niks besonders nie, omdat mens so-iets tog te wete kan kom! Maar dit is belangriker dat jy gaan en My, dorstige, se wens inwillig!"

[4] Nou gaan Asiona gou en bring die kruik vol vars water. Die kruik was een van die grootste soort en bevat ruim `n kwart emmer water, sodat dit swaar was om hom na die mond te bring. Toe die gevulde kruik voor ons op `n klipplaat staan, seën Ek die water en dit verander in wyn.

[5] EK drink daaruit, reik dit aan My leerlinge en toe hulle gedrink het, reik Ek die kruik ook aan Asiona en sê: 'Drink ook jy hieruit, sodat jy ook kan proe hoe goed die water is wat jy in jou nuwe kruik hierheen gebring het?'

[6] ASIONA sê: 'Is dit dan sleg en bederf?! Ek het die kruik driemaal uitgespoel en my bron in die rots lewer die suiwerste en beste water van die hele plek! Laat ek tog maar proe of dit miskien na die nuwe kruik smaak!" Hy proe dit, neem `n paar stewige slukke en sê dan baie verbaas: 'Ja maar, wat is dit dan weer vir heksery?! Dit is tog geen water nie, dit is die allerbeste wyn wat ek ooit geproe het! Sê my tog hoe julle dit reggekry het! Nee, maar water in wyn verander, daarvan het ek nog nooit gehoor nie! Julle is in werklikheid geen Galileërs nie, maar Egiptenare of Perse; want onder alle Israeliete was daar nog nooit `n towenaar gewees wat in staat was om water in die beste wyn te verander nie. O sê my tog, hoe so-iets moontlik is! In ruil daarvoor wil ek twintig jaar julle slaaf wees!"

[7] JOHANNES sê, nadat Ek hom `n teken gegee het om te praat: 'Vriend, daar is niks anders voor nodig as slegs `n onwankelbare geloof en `n vaste wil nie! Wie `n geloof het wat alle twyfel uitsluit, kan ook teen die hoë berg daar sê: 'Verhef jou en stort in die see!' en daar sal gebeur wat hy geglo en gespreek het! Hier het jy die werklike ware verklaring en aanwysing, hoe en met watter middele dergelike dinge tot stand gebring kan word! Om `n ander verklaring te gee is werklik onmoontlik, omdat daar egter geen ander is nie.”

[8] Nou is ASIONA nog meer verbaas en hy sê: 'Vriend, ek weet nie wat geloof is nie, hoe sou ek dan iets kan glo?! Wat noem julle dan geloof?"

[9] JOHANNES sê: 'Wanneer ons `n baie waarheidsliewende man voor ons het wat aan ons verskillende dinge sê waarvan ons tot hierie tyd nog nooit iets van gehoor en geweet het nie, en ons neem sy woorde as volledig waar aan en twyfel nie aan die waarheid van al sy woorde nie, dan glo ons die waaragtige man; en omdat wat ons glo seker die volste waarheid is, sal ons ook wat ons glo in ons werk oordra, en dit is dan die daadwerklike geloof vol wonderwerke, waarvoor geen ding onmoontlik is wat hom in die sfeer van sy uitgesproke waarheid bevind nie en wat altyd realiseerbaar moet wees. Weet jy nou wat geloof is?"

[10] ASIONA sê: 'Ja, ek sou dit nou wel nie weet nie, maar hoe sorg ek daarvoor dat ek weet dat hy wat my iets aanbied om te glo, ook werklik `n waaragtige man is? Om maar net te glo dat hy dit is, omdat hy ongeveer so daar uitsien, sou onverstandig wees en onverantwoordelike ligsinnige verraad wat volgens my nog baie slegter sou wees as heeltemal geen geloof nie! Hoe kry `n mens dit dan gedoen dat mens aan iemand wat `n mens moet glo en graag wil glo, sien dat hy volkome waaragtig is en mens onvoorwaardelik alles uit sy mond kan glo?"

[11] Johannes sê: 'Elkeen wat maar enigsins van goeie wil is, het genoeg wysheid en verstand om `n dergelike man op passende wyse op die proef te stel; want slegs `n dwaas koop `n kat in die sak! Jy vra my na `n middel om dit te toets, en jy pas dit dan juis nou self op my toe! By jou is ek al van meet af aan daarvan oortuig dat jy geen kat in die sak sal koop nie!"

[12] Asiona sê: 'Ja, ja, vriend, dit is alles wel baie waar en mooi, en die mens het inderdaad maar net sy verstand waarmee hy sy omgewing kan beproef; maar waar lê die maatstaf waarmee ek vooraf kan beoordeel of my verstand self kapabel en skerp genoeg is om die omgewing te kan toets?"

[13] Johannes sê: 'Juis, nou het ons by die moeilikste punt gekom! Wie meen dat hy `n baie helder verstand besit, kom meestal orals bedroë uit; maar wie insien dat sy verstand nog heelwat tekort skiet, sal dit deur oefening spoedig so ver bring dat hy met groot skerpte alles sal kan beoordeel wat daar om hom heen is en gebeur het!

[14] `n Ingebeelde groot verstand lyk soos `n bergtop wat baie trots is en pronk oor haar duiselingwekkende hoogte, en hoe hoër sy in die yl lug reik, hoe dikwels word sy deur allerlei wolke en mis omhul. Die klein punt van `n naald waarmee mens klere vaswerk, is wat omvang en aansien betref byna niks nie; maar dit dring orals deur en mens sou soveel matte daarmee aan mekaar kon werk sodat mens die grootste bergtoppe daar van bo tot benede mee sou kon bedek. Met die groot en trotse bergtoppe kan mens nooit `n kledingstuk vaswerk nie!

[15] Hierdie vergelyking is wel enigsins ekstreem, maar dit maak jou wel die verhouding duidelik tussen `n verstand wat homself bo alles verhef en wys ag, teenoor `n deemoedige verstand wat baie nietig lyk voor die oë van die baie geleerde en wêreldwyse mensdom. Terwyl die geleerde verstand verreweg in die hemele staar en tydens sy helderste uitsig dadelik dig deur newels omhul word, funksioneer die deemoedige verstand aldeur goed en word na elke werk helderder en fyner en op die duur steeds bruikbaarder. By julle, so lyk dit my, skyn die verstand sterk ooreen te kom met die allerhoogste bergtoppe wat slegs baie selde vry is van wolke, en daarom sou dit ook wel `n bietjie moeilik vir jou wees om die volle waaragtigheid presies te kon nagaan van diegene van wie jy `n waarheid as volle en ongetwyfelde waarheid moet aanneem! Wat is jou mening hieroor?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205