Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oorgangsperiode in die ryk van die natuurgeeste

85 Op dieselfde oomblik dat RafaEL aan Roclus, en ook aan sy geselskap, sê dat hulle hom nog meer mag vra, indien hulle nog iets op hul hart het, steek daar plotseling `n kragtige wind op van die kant van die see, wat sy krag veral beproef teen die pragtige tente van Ouran wat nog steeds onder ons vertoef, wat vlak by die see staan. Ook word die gekrys van `n aantal kraanvoëls gehoor wat wild en in groot verwarring in die lug rondvlieg.

[2] Die nuwe skepe in die nuwe hawe begin ook enorm te kraak; want die wind word, ondanks die pragtige weer, steeds hewiger en harder, sodat CYRENIUS aan My sê: “Heer, die storm neem by die minuut toe, as dit so voortgaan, sal ons ook wel genoodsaak wees om `n ander plek op te soek! Die wild deurmekaar vlieënde kraanvoëls beteken ook nie iets baie goed nie! Die diere moet oor iets baie verskrik wees, anders sou hulle hul nagtelike rusplek nie verlaat het nie! Nee, nee, ons moet vinnig hier weg! Die wind word steeds hewiger en voel ook behoorlik koud! Sal ons onsself tog maar na die vertrek van die nuwe huis begewe?" 

[3] EK sê: “Solank Ek by julle is, het julle nóg wind, nóg die koue daarvan en ook geen krysende diere te vrees nie! In die lug, soos ook in die aarde en in die water is daar immers `n groot aantal nog onsuiwer natuurgeeste; hierdie het bepaalde periodes en tye wat hulle op hul eie manier aktief is, om daardeur in staat te wees om na `n nuwe en hoër sfeer van werksaamheid oor te gaan.

[4] Sulke geestelike oorgangsperiodes in die natuur sien daar dan steeds soos `n stormagtige natuur uit; dit is alles vir die behoud en die voortplanting van die geheel selfs noodsaaklik, soos wat vir jou die asem hoogs noodsaaklik is vir die behoud van jou liggaamlike natuurlike lewe. As jy vinnig geloop het en daardeur die geeste van jou vlees en bloed in groot beweging gebring het, verenig dit hulle en kom daardeur `n trap hoër in hul bestaan; daardeur verloor die onderste trappe as te ware hul arbeiders, en as dit nie al direk die volgende oomblik deur nuwe arbeiders beset sou word nie, dan sou jy dadelik bewusteloos neerval, en by die gou voortskrydende, en ook baie gou toenemende passiewe toestand van die onderste lae van jou liggaamlike lewe sal jy ook baie spoedig die lewe van jou liggaam heeltemal verloor.

[5] Kyk, deur die lig en die warmte van die dag, het ontelbare groot hoeveelhede natuurgeeste, wat uit die materie bevry is, in die plante- en dierewêreld na `n hoër trap van bestaan oorgegaan, en by baie hoë temperature oordag, dikwels meer as wat daar uit die growwe materie, van die natuurgeeste wat hulleself op die heel onderste trappe bevind, vry gemaak kan word! En jy merk dan dadelik dat alles dan so traag, so sonder lewenslus is, en dat die plantewêreld verwelk en dikwels dor word. Die oorsaak daarvan is dat daar baie meer lewensgeeste uit die natuur na `n hoër trap van bestaan oorgegaan het, as wat daar van onder af bygekom het en hul plek ingeneem het om daar werksaam te wees.

[6] Dit gaan ongeveer soos by `n rivier, wat niks anders is as `n stromende watermassa nie, wat uit talle duisende klein bronne kom. As jy dus die vyfhonderd duisend bronne van die Eufraat sou kon drooglê, dan sou jy die rivierbedding heeltemal leeg gemaak en in `n kort tyd volledig drooggelê het. Die een word waarlik deur die ander in beweging gebring, en eers in die voltooide mens het alle lewensgeeste wat van onder uit die natuur opstyg, hul eindbestemming bereik, dit wil sê wat die siel en die gees van die mens betref; maar die liggaam is en bly nog lank materie en val uiteindelik uiteen in allerlei lewensvorms, wat uiteindelik weer opstyg tot waar hul bestemming lê. 

[7] As jy dit nou `n bietjie sal oordink en ter harte sal neem, dan sal hierdie wind wat nou behoorlik kragtig waai, jou seker nie verbaas en ook die gekrys van die kraanvoëls nie, want voëls staan op `n hoër trap van intelligensie, en neem dit eerste waar wanneer daar van onder af te min elementêre lewensgeeste uit die natuur in hulle opstyg.

[8] Die groot hitte van die dag het baie lewensgeeste uit die natuur na `n hoër fase laat gaan en van onder het daar `n algemeen, aansienlike en voelbare tekort ontstaan, en wel juis in hierdie streek van die aarde; in die noordooste het daarenteen deur die huidige dag en ook die van gister en eergister `n ware oorvloed aan natuurgeeste van heel onder af uit die materie vry geword. Op die plek waar hulle ontstaan en vrygekom het, kan hulle nie ondergedra word nie en daarom trek of versprei hulle hulleself na die gebied waar daar `n groot tekort aan hulle bestaan. Die trekvoëls, veral die kraanvoëls, besit in die opsig `n buitengewone en uiters gevoelige lewe; van alle diere neem hulle die eerste, sowel die oorvloed asook die tekort aan genoemde laagste natuurgeeste waar, hulle word onrustig, vlieg op, en soek dan in die luglae op waarin hulle `n oorskot van die natuurgeeste vind, wat hulle dan opneem deur flink in te asem. Deur gekrys gee hulle dan te kenne dat hulle gevind het wat hulle tekort kom; die gekrys van die kraanvoëls is daarom sowel `n teken van genoeë, as natuurlik ook van misnoeë. 

[9] Hierdie wind waai nou juis vanuit die noordooste, en is geheel en al versadig met die hier ter plaatse, al baie skaars geworde eerste en laagste natuurgeeste, wat deur die aptekers suurstof genoem word. Die koue daarvan is daarom voorlopig vir niemand skadelik nie, omdat dit maar net `n verkwikkende werking sal hê en ons reeds baie verswakte ledemate sal versterk en aangenaam verfris. Hierdie wind sal `n uur duur en dan gaan lê, en julle sal almal opgewek en lewendig word, en die wyn en die brood sal julle geniet."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205