Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die geestelike rypheid van die maaiers van die Heer

129 ROCLUS sê: 'Ja Heer, nou verstaan ek dit presies; maar die begrip maak my nou baie weemoedig! Maar wat momenteel die geringe aantal van die bepaalde maaiers betref, het U, o Heer, nog `n groot aantal RafaElle agter die hand. Hulle sou die mense tog in die gedaante van RafaEl kon benader en hulle dadelik bekeer, soos wat RafaEl my ook radikaal van my ateïsme bekeer het; en dan sou alles binne enkele ure op die hele aarde gereël wees! Ek is immers ook `n mens en hierdie manier van onderrig het my nie in die minste geskaad nie; dit sal dus ook alle ander mense selfs weinig of miskien nog minder skaad."

[2] EK sê: 'Dit is ook so, My vriend, dit sal gedeeltelik van nou af aan ook dikwels gebeur, maar slegs by mense, wat kennis en ervaring aanbetref, met jou vergelykbaar is, ook wat jou nugtere geregtigheidsin aanbetref. Daar is net nie baie sulke mense op aarde nie. Hulle, wat die suiwerste en beste is van die hele aarde, bevind hulleself nou almal hier; want Ek het dit gewil dat hulle almal van ver en van naby hier by My sal versamel.

[3] Ek het al lankal vantevore al hul omstandighede self so beplan en voorsien, dat hulle daardeur presies in hierdie tyd hier moes aankom, om deur Myself en deur My engele onderrig te word. Hulle het ook almal, net soos jy, die onderrig linea recta (lyn reguit) uit die hemele ontvang; maar dit is hulle dan ook almal!

[4] Vir alle ander sou hierdie allerhoogste en geestelik onverbiddelike manier van onderwys gladnie goed wees nie en dit sou hulle sekerlik meer skaad as baat, omdat hulle, as `n noodsaaklik gevolg van die wonderwerke wat daarby verrig is, nie anders sou kon as om alles te glo wat hier onderrig word nie; en daardeur sou dit dan vir altyd, of in elk geval vir `n baie lang tyd, gedaan wees met die vry verwerfde insig en met die vrye wil. By julle val hierdie sorg weg, omdat julle in baie dinge `n goed gefundeerde insig en `n groot ervaring het.

[5] Sê eers, of jy ook maar deur één wonderwerk in verwarring gebring is! Jy gaan by jou eie wonderdoenery alleen daarvan uit dat daar op die hele wêreld geen bonatuurlike wonder sou kon bestaan nie; maar dat daar mense sou wees, wat deur hul talent en hul vaardigheid, die een en ander afgekyk het van die geheime natuurkragte, wat dit dan self op dreef bring en dan so die ander menseskape noodgedwonge tot die hoogste verbasing moes bring, omdat hulle in die verste verte nie kon vermoed hoe `n wonder met baie natuurlike kragte kan gebeur nie.

[6] Vir iemand soos jy, is geen enkele wonderwerk dwingend nie; want die sal baie vinnig heimlik gaan navraag doen en sê: 'CUR, QUOMODO, QUANDO, QUIBUS AUXILIIS?' * soos wat ook by jou die geval was. Jy was nie so baie verbaas oor die plotselinge ontstaan van `n totaal nuwe huis, die tuin, die hawe en die vyf skepe nie; want jy het in Indië immers `n towenaar leer ken wat somaar met `n enkele gebaar hele landskappe tevoorskyn getoor het. Waarom sou daar dan nie iemand hier wees wat met `n enkele gebaar `n tuin met `n huis en `n hawe met skepe tot stand kon bring nie?! * ('Waarom, hoe, wanneer, met watter hulpmiddels?)

[7] Dit het RafaEl moeite gekos om jou op ander gedagtes te bring; en toe was jy nog nie volledig tevrede gestel nie, want jy begin dadelik verder te ondersoek en die geestelike grondslag daarvan moes heeltemal aan jou duidelik gemaak word, naamlik hoe daar langs die suiwer geestelike weg van die wil, so-iets moontlik was en hoe mens dit vir homself moet voorstel. Dit word dan aan jou en almal wat hier aanwesig is, tot in die kern duidelik gemaak, en daarmee was jy beslis tevrede; want anders sou jy sekerlik nie self by byna elke verklaring gesê het nie: 'Dit is vir my nou volkome duidelik!' En wanneer jy dit gesê het, dan was dit vir jou ook duidelik; want met onduidelikhede en `n misterie sou jy nooit genoeë geneem het nie! En kyk, soos wat dit met jou was, was dit ook met die betreklike talle aanwesiges hier; niemand neem genoeë daarmee om slegs die oppervlakte van die see te sien nie, maar hulle wil ook hoor wat daar in haar diep bodem skuilhou!

[8] En dit is goed so, want slegs mense waarvan die verstand al goed wakker en helder is, kon so `n diepere lewensopenbaring vat en verstaan en dan tog hul vryheid behou wat hul insig en hul wil betref, en slegs sulke mense kan Ek dan ook as ware maaiers op die groot akker van My mensegewasse gebruik. En tel hulle nou maar self, jy sal werklik nie te veel vind vir die groot aarde nie!

[9] As Ek dan sê dat die oes ryp en groot is, maar dat daar maar net baie min maaiers is, dan sal jy die rede daarvan nou hopelik ook maklik kan insien. Vir julle wat bekwaam is, het Ek ook niks agtergehou nie, en Ek het julle die hele oneindigheid uiteengesit en onthul, en ook die hooflyne van die ewigheid, so ver en indringend as wat dit enigsins moontlik was vir julle nie bepaalde, baie skerp ontwikkelde verstande; en Ek het julle ook baie duidelik aangegee wat My Gees in julle dan eers alles sal onthul.

[10] Dit alles kon Ek, soos wat gesê is, slegs aan julle vertel en verder nou aan geen enkel mens meer op hierdie hele liewe aarde nie, omdat hulle gladnie die nodige geskiktheid daarvoor, sonder vooroordele, besit nie, en ook nog lank nie sal besit nie, omdat hulle enersyds nog in allerlei bygeloof vassit en andersyds nog te diep rondwoel in baie selfsugtige en lae wêreldse belange en winsbejag; en omdat hulle daarom ten eerste heeltemal geen behoefte het aan nog suiwere geestelike verskynsels en hierdie tweede beskouing as iets wat vir die lewe 'heeltemal nie nodig en meestal maar net baie lastig is’, sien, en wat hulle in hul vrye doen en late sal belemmer.

[11] Wil jy dalk `n engel soos RafaEl na hulle toe stuur?! Ek sê jou, hierdie verskillende soorte mense het ten eerste vir sulke buitengewone verskynsels geen kapasiteit nie, ten tweede het hulle geen gevoel en ten derde sou dit hul baie meer skaad as baat!

[12] Die by- en blindgelowiges sou dit egter weliswaar alles maar al te gou glo, maar dan van My, van RafaEl en uiteindelik ook van julle, as synde My vriende, afbeeldings maak, tempels daarvoor bou en ons dan net soos hul afgode vereer en aanbid. Die eintlike deur die wêreld besoedelde mense sou ons as bedrieërs en werksku luiaards verdrywe, en as ons hulle met goddelike mag en krag sou gaan behandel, sou hulle tog nie na ons luister nie, maar probeer om ons dood te maak en uit te roei, omdat ons volgens hul begrippe vir die gemeenskap baie skadelike vyande is, soos wat dit My Self uiteindelik nog sal oorkom.

[13] Hieraan kan jy nou maklik sien hoeveel geskikte maaiers ons nou op die liewe, groot aarde tel! Wat bly daar dan anders oor as om self aan die werk te gaan en fluks te werk solank die helder daglig dit toelaat; want as die nag eenmaal volledig geval het, sal niemand maklik kan werk nie. Daarom is ons almal nou hier bymekaar, en sal almal vandag spoedig na sonsopgang met die groot werk begin.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205