Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 251

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

`n Swerm sprinkane

251 Petrus herstel hom gou en vra My na die oorsaak van hierdie vergissing en EK sê aan hom: “Gaan na buite na die see, dan sal jy dadelik sien wat die oorsaak is.”

[2] Petrus doen wat Ek hom gesê het en sien sover sy oog reik dat die wateroppervlak heeltemal met sprinkane bedek is. Selfs ons skip, wat in Petrus se hawe gelê het, was heeltemal bedek met hierdie insekte. Petrus was ontsteld toe hy dit sien, het gou die kamer ingekom na My toe en My gevra of die tallose sprinkane wat nou die see bedek, die oorsaak daarvan was dat hy hom met die tyd vergis het.

[3] En EK antwoord en sê: “Inderdaad! Toe hulle vanuit Egipte aangevlieg gekom het, het hulle soos `n digte wolk, die son so erg verduister, dat jy hier in die kamer inderdaad by jouself moes gedink het dat dit al aand geword het. Maar Ek het in Myself die oorsaak van die so vroeg gevalle aand gesien en het jou daarop attent gemaak, en dit is dan ook alles wat Ek vir jou hieroor te sê het!”

[4] Petrus was hiermee heeltemal tevrede en gaan nogeens na buite om die groot natuurverskynsel te bekyk.

[5] Andreas en Philippus egter wat effens geïnteresseerd was in natuurondersoek, vra My hoe sulke enorme sprinkaanmassas kan ontstaan, op watter plek hulle nou eintlik presies ontstaan het en waarvoor hulle nuttig was.

[6] EK sê: “Beste vriende, dit is wel baie prysenswaardig om `n bietjie in die natuur rond te kyk - want dit is `n groot boek geskryf deur God se almagtige Hand, en dit gee elke reggeskape ondersoeker die mooiste bewyse van die Liefde en Wysheid en Mag van die Vader in die hemel; - maar `n te fanatieke ondersoeker kan by sy te ywerige ondersoeke, maklik op `n dwaalspoor kom, waardeur hy heeltemal van God afdwaal, en ten slotte al die ontstaan en bestaan enkel en alleen aflei van die blinde en stomme kragte van die natuur.

[7] En sien, juis sulke verskynsels kan die egte natuurondersoekers nie sien dat dit eerstens van God afkom nie; want hulle sien in die natuur `n nie-sistematiese, doellose en oordadige reproduksievermoë van lewe wat nie per se `n wyse God nodig sou hê nie. Hulle kan egter deur middel van ondersoek uitsluitlik net uiterlike sake waarneem, natuurlik nooit `n innerlike oorsaak van sulke gebeurtenisse ontdek nie, omdat hulle met hulle siel, wat haar maar net in die materie verdiep, nooit met die lig- en liefdesgees van God in aanraking kan kom en haar opneem nie.

[8] Maar wie in sy siel God se Gees aangevoel en volledig opgeneem het, sal dan van sy gees self leer hoe sulke verskynsels ontstaan en waarom, en eers wanneer iemand so in die gees ontwaak is, moet hy die dinge van die natuur gaan ondersoek en hulle op hierdie wyse onthul laat sien aan sy onkundige en onmondige broers, sodat diesulkes hulle daardeur des te meer kan toelê om hulle gees in hulle siel te laat ontwaak.

[9] Maar om na ons sprinkane terug te kom, hulle ontstaan weliswaar orals in die warmer gebiede van die aarde, maar meestal op bepaalde tye in Egipte en die suidelike deel van Asië. Daar vind, deur die hoedanigheid van die klimaat, die sterkste produksie van natuurlike lewensgeeste plaas, hulle ontwikkel hulleself daar die eerste en die meeste omdat die materiële grond van die aarde, die warmte van die son, haar sterk lig, die steeds magtige dou en nog `n aantal ander omstandighede so `n groot inwerking het, dat daar altyd baie aardgeeste, wat vóór die tyd nog gebonde was, vry raak, hulle dadelik met die luggeeste verbind, hulle dan in `n sekere sin in `n ligte materie verpop, en hulle voorts in die ontpopping met `n liggaam beklee en die dierlike aardse lewe binnegaan.

[10] Op hierdie wyse ontstaan die sprinkane ook in die baie warm lande van die aarde en wel baie dikwels, ofskoon hulle ook uit hul eie eiertjies uitgebroei kan word.

[11] Ek sê julle: Alles, bome en plante en alle diere van die aarde, is daarvoor bestem om die geoordeelde geeste uit die harde materie te verlos, en dit gaan van stap tot stap tot by die mens. Wat daar dan met die mens gebeur, weet julle nou inmiddels, en sodoende hoef Ek oor die natuurverskynsel wat ons hier sien, niks verder meer uit te lê nie. Maar roep vir Petrus nou na binne; dan sal Ek aan hom en aan julle iets meedeel!”

[12] Andreas en Philippus doen onmiddellik wat Ek hul gevra het en Petrus het nog maar net die kamer binnegekom of hy vra al wat dit was wat Ek vir hulle wou sê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205