|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 123
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Wysheid as gevolg van liefdevolle werksaamheid
123 DIE MEESTER: 'Hoe werksamer dit daar in die siel gaan, hoe ligter word dit ook daar; want die basis element van die sielelewe is die vuur. Hoe hewiger hierdie element begin te werk, hoe meer lig versprei dit in en buite homself. As die siel dus steeds meer gloei van lewe, dan word die lewe in haar ook steeds ligter en helderder en begin die siel deur die intensiewe lewenslig ook steeds meer die innerlike lewensgeheime te deursien en te verstaan.
[2] Die diepere beskouing en begrip verskaf die siel weer nuwe moed om God nog inniger lief te hê en te bewonder, en hierdie liefde is dan al `n eerste vonk van God se Gees in die siel; hierdie vonk groei en neem geweldig toe en binne `n kort tydjie daarna word die siel en God se Gees één geheel, en die siel word dan deur die Gees van God in alle Waarheid en Wysheid binnegelei.
[3] As alle wysheid nou vir so iemand toeganklik geword het, soos wat Ek nou gedurende `n aantal dae een stryk deur aan julle gepredik het en ook inderdaad laat sien het, sê My dan eers, of dit dalk toe te skryf is aan die feit dat elkeen van My woorde wat Ek tot julle gespreek het, letterlik presies en onveranderd aan hierdie mense oorgelewer is! O nee! Hulle het niks anders ter ore gekom as net die twee wette van die liefde nie; net omdat hulle dit presies, nougeset en daadwerklik in praktyk gebring het, het hulle al die ander verwerf!
[4] Ofskoon Ek hierdie saak tog beslis deur en deur duidelik aan julle uiteengesit het, vra sommiges van julle julleself tog af: 'Ja, hoe is dit nou moontlik dat wanneer die siel beide gebooie so prakties in ag neem, dat sy tot so `n hoë wysheid verhef kan word?' En Ek sê vir julle: Dit gebeur omdat die siel reeds vanaf die heel begin so ingerig is!
[5] Hoe word `n druif dan ryp, soet en geesryk, - dit is immers maar `n heel eenvoudige natuurlike gewas? Dit word bewerkstellig deur die lig en die warmte van die son. Deur die lig en deur die warmte word die natuurgeeste in die wynrank steeds aktiewer. En omdat hulle steeds aktiewer word en as`t ware steeds bedrywiger deur alles beweeg en daar wrywing ontstaan, word hulle in hulleself ook steeds vuriger en ontstaan daar in hulle steeds meer lig. En deurdat hulle in hulleself steeds helderder en ligter word, word hulle spesifieke intelligensie ook wedersyds verhoog; hoe ligter hul intelligensie word, hoe duideliker word dit vir hulle dat hulle tot een en dieselfde orde behoort; dan begin hulle alles te omvat, hulleself te orden en hulleself te verenig. As dit geheel en al voltrek is, is die druif ook ryp en het goed eetbaar geword.
[6] Wanneer mens die sap versamel het en dit in `n vat getap is, dan duld die goed geordende natuurgeeste nie meer dat `n vreemde stof, wat natuurgeeste van `n heel ander orde bevat, die goeie orde versteur wat die natuurgeeste van die druiwesap nou aangeneem het nie. Sodra hulle iets vreemds in die mos vind, wat tot `n ander orde behoort, gis en bruis hulle vir solank, totdat die vreemde stof verwyder is of totdat hulle hulleself volledig tot sy orde gevoeg het. Eers wanneer dit gebeur het, ontwaak die gees van die innerlike lig en die innerlike warmte uit al die natuurgeeste van die suiwer geworde druiwesap wat nou goed georden is; - en wat nou voorheen nog onsuiwer mos was, word daardeur `n geestelike sterk en suiwer wyn.
[7] Dit is dus alles deur die son bewerkstellig, dit wil sê deur die lig en die warmte daarvan. En presies so gaan dit met die mens en sy siel! Wanneer hy deur `n wet in ag te neem, wat die beste orde uit God behels, sy siel tot `n steeds groot werksaamheid kan bring, sal dit in sy siel ook steeds ligter en lewenswarmer word in alle sfere van die lewe. Daardeur sal hy homself steeds helderder en suiwerder ken en so ook die goddelike krag, wat steeds meer in haar binnestroom en ook `n steeds intenser en hoër lewe in haar laat gedy.
[8] As die siel hierdie krag herken, dan herken sy ook vir God, van wie hierdie krag uitgaan. En as sy dit noodwendig moet besef, dan kan dit nie anders as dat sy God ook steeds meer en meer sal liefhê nie. Met hierdie liefde verwyder sy dan self al die vreemdsoortige uit haar steeds suiwerder en volmaakter wordende lewensorde en word sy steeds meer ééns met die orde van God se Gees in haar; omdat dit egter begrypliker gewys die geval is en ook baie sekerlik so moet gebeur, is dit natuurlik vanselfsprekend dat so `n siel, wat dan geheel deurdring is van God se Gees, wel op allerlei maniere moet groei, ook wat krag en sterkte aanbetref; en so word sy verseker `n ware kind van die Allerhoogste God.
[9] Wanneer so `n siel dan uiteindelik die liggaam verlaat en, natuurlik in die volste bewussyn, in die groot hiernamaals aankom, dan sal sy God ook verseker dadelik herken, omdat sy hier al volledig één met Hom geword het en Hom tot die volste en helderste bewussyn in haarself gebring het, en dit om die duidelike rede dat die bewussyn van God se Gees, wat immers ewig die allerhelderste is, nou in `n sekere sin tot die helderste, verenigde bewussyn van die siel self geword het."
|
|
|
|
|