Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Hoe wonderwerke plaasvind

2 Toe die maaltyd na ongeveer `n uur heeltemal klaar genuttig was, het MARKUS weer oor die verduideliking aan RafaEL gesê: 'Wel, hemelse vriend, jy wou my tog nog iets vertel?”

[2] RAFAEL sê: “Ja, sien vriend, ek sou dit wel aan jou wou verduidelik, maar ondanks alle verklarings sal dit voorlopig nogtans heel wonderbaarlik bly, solank jy nie ook gedoop sal wees met die Heilige Gees uit die hemele nie! Sodra die Gees van die Heer eenmaal heeltemal in jou siel opgestaan het en een met Hom sal wees, dan sal jy dit alles ook sonder verduideliking sonhelder insien; maar nou sal selfs die mees deeglike verduideliking jou maar heel weinig lig kon gee! Want selfs die volmaakste siel begryp as sodanig nooit wat suiwer geestelik is nie; net die gees in haar kan dit begryp en die siel uiteindelik deur haar gees! Maar omdat jy dan tog `n wenk wil hê, kyk dan eers om jou heen en sê my wat jy sien!”

[3] Markus het baie verwonderd na alle kante gekyk en het nou by elke tafel `n aantal jongmans gesien wat sprekend soos RafaEL gelyk het en wat daar die talle gaste bedien het en voortdurend van alles voorsien het. Verskeie het selfs vars visse uit die see gehaal en vinnig daarmee na die kombuis gegaan en dadelik weer met reeds voorbereide visse na die tafels gekom; want die More het `n groot honger gehad en bowendien is hulle ook nog geprikkel deur die aangename smaak van die spyse.

[4] Toe vra RAFAEL aan Markus: “Begryp jy nou hoe ek in staat is om baie dinge uiters vinnig te bewerkstellig en dat dit selfs baie maklik is, veral as jy bedink dat `n gees, as die hoofbestanddeel wat die diepste innerlike van die wesens en dinge geheel deurdring, met alle materie ook die effektiefste en altyd met die beste sukses na goeddunke kan handel soos hy maar wil en dat niks hom daarby kan verhinder nie?! Bowendien het ek as aartsengel eons mededienaars, wat almal elke oomblik afhanklik is van my wil. As ek iets volgens die wil van die Heer wil doen, dan vervul ook meteens tallose van my ondergeskikte dienaars hierdie wil, wat oombliklik in aksie kom, en iets wat van hulle verlang word om gedoen te word, word dan ook maklik met `n snelheid uitgevoer wat jy jou nouliks denkbaar kan voorstel! Self doen ek persoonlik weliswaar niks nie, maar deur my aartswil word eons helpers vanuit die mees innerlike bestaan van hul wese geaktiveer en `n opdrag, wat verwesenlik moet word, word dan ook op hierdie wyse maklik so gou moontlik uitgevoer en dit des te sekerder, omdat die Heer en vervolgens ons, alles wat êrens gedoen moet word, alreeds lankal voorsien en voorberei het, sodat dit dan vir julle, as dit in `n noodgeval nodig is, kant en klaar in `n uiterlik sigbare daad omgesit kan word.

[5] Jy het tog gesien hoe daar bo-op die berg `n eselin ontstaan het; kyk, so ontstaan alles wanneer ons wil, die oernatuurgeeste wat uit ons gedagtes ontstaan het, opwek en innerlik aanspoor en dwing tot `n bepaalde, geordende werksaamheid! En net dit, vriend, moet as die verduideliking dien wat jy van my wou weet! Meer kan ek nie aan jou duidelik maak met die uiterse beperkte aardse en taalwoorde nie! Vra ook nie verder nie; want van dit alles sal jy nooit meer verstaan as wat jy nou verstaan nie! Want geen skepsel kan ooit in sigself in die reinste Gees se kennis en insig indring nie! Verstaan jy nou iets meer?”

[6] MARKUS was heeltemal tevrede met hierdie verduideliking en sê: “Ek dank jou vir hierdie baie goeie verduideliking; want as ek alles so oordink wat ek gesien en gehoor het, verstaan ek nou tog tot my volle tevredenheid hoe jy, beste hemelse vriend, jou wonderwerke verrig en veral die vinnigste uitvoering van die verlangde dade. En ek kan nou openlik die bewering saamstel, dat dit tog by elke wonderwerk nogtans ietwat natuurlik daaraan toegaan en dat dit steeds neerkom op `n vereniging van kragte wanneer daar iewers `n daad, hetsy baie gou of in tussenposes, uitgevoer moet word. Ja, ek sien nou tussen julle geestelike wonderdade en die toorkunste van die aardse towenaars, `n bepaalde, ligte ooreenkoms en dit bestaan uit dit wat jy voorsiening en voorbereiding genoem het!

[7] Weet jy, my hemelse vriend, ek sê nou maar eenkeer reguit hoe ek my dit voorstel! Plotseling, sonder enige voorbereiding en voorsiening, sou dit vir julle miskien net so moeilik wees om `n baie moeilike wonderdaad tot stand te bring as wat dit vir `n towenaar sonder enige voorbereiding en sonder vooraf gereëlde ooreenkomste met ander persone, wat die towenaar moet ondersteun, sal wees. Natuurlik mag alle ander mense niks daarvan weet nie, anders sou dit met die towery nie so goed daar uitsien nie! Ek trek daaruit vir myself die volgende gevolgtrekking, wat seker moeilik weerlê sal kan word: Vir die Heer en vir julle deur Hom, is alles moontlik, maar nooit onvoorsiens nie, dit was miskien reeds eeuelank voorberei en geestelik dus lankal in fases ten uitvoer gebring! Wat hier dus nou as sigbare daad verrig word, is reeds lank geestelik voorsien en voorberei!

[8] Daarom kan `n aarde soos hierdie aarde van ons, nie maar net deur `n suiwer almagtige “Fiat!” (“Laat dit wees!”) met alles daarop en daaraan volkome klaar geskape word nie, maar eers met die verloop van tyd, na lang voorafgaande voorbereidings, waardeur hierdie teenswoordige aarde, soos wat sy nou is en bestaan, as `n noodsaaklike gevolg moes ontstaan. Om dieselfde rede kan dan ook so goed as heeltemal onmoontlik niks plotseling volmaak en blywend ontstaan nie. Alles wat gou ontstaan, vergaan ook weer net so gou. Die weerlig byvoorbeeld, ontstaan gou, maar vergaan ook net so gou. Aan die ander kant het dit egter tot gevolg dat iets wat eenmaal blywend bestaan, ook so goed as onmoontlik meer plotseling kan vergaan nie, maar net in fases soos wat dit ontstaan het. Iets wat nog nooit voorsien en voorberei is nie, kan dus nooit ten uitvoer gebring word deur `n magspreuk, ook al word dit ondersteun deur die kragtigste wil, en dit geld sowel ingeval van ontstaan as van ophef en vergaan. Alles kan dus net as `n tydelike wonderwerk gesien word en elke gebeurtenis is `n noodsaaklike gevolg van talle periodieke, tydelike ontwikkelingsprosesse!

[9] Kyk, my vriend uit die hemele, aan die Heer alleen alle lof; maar soos dit vir my voorkom, het ek die verduideliking wat jy aan my gegee het, miskien wel baie beter begryp as wat jy dit jou aanvanklik sou voorgestel het! Ja, my beste RafaEL, weet jy, so heeltemal op hul kop geval is die ou Romeine tog nie, soos wat soveel mense dink nie! Wel, wat dink jy daarvan, vriend? Het ek jou verstaan of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205