Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Gedragsreëls van die Heer vir die herbergier Markus

6 (Die Heer:) “Wees daarom veral besorgd oor die behoud van My Naam in jou hart! Wie dit behou, behou alles; maar wie dit nie behou nie, is dan ook deur alles verlaat!

[2] Wie My egter waarlik liefhet en sy naaste soos homself, dra My Naam waarlik en lewend in sy hart - en het daaraan `n skat wat alle ewighede nie van hom sal kan afneem nie; want om God waarlik lief te hê, beteken meer as om meester te wees oor alle skatte, nie net van hierdie wêreld nie, maar van alle wêrelde in die hele oneindigheid.

[3] Maar dit is nie voldoende om My net volgens die Wysheid te herken nie, maar dit moet gebeur vanuit die volkome opregte liefde in jou hart.

[4] Allerlei armes sal na jou kom; wat jy aan hulle sal doen sonder aardse beloning, dit het jy aan My gedoen en My liefde sal jou dit beloon.

[5] As iemand na jou kom wat naak is, beklee hom! Wie sonder geld na jou kom, gee dit aan hom wat hy dit in die wêreld nodig het! 

[6] Ek wou weliswaar dat alle mense as broers sonder hierdie verderflike ruilmiddel tesame wou lewe; maar omdat hulle dit alreeds van oudsher in hulle bestaan ingevoer het om daarmee hulle handel en wandel as wêreldse mens te vergemaklik, sal Ek dit ook so laat, - maar eers deur My liefde sal dit vir die mense seën bring!

[7] Plaas nooit enige ander waarde daarop as net My liefde nie, dan sal dit jou ook My liefde en My seën bring! As iemand `n ‘Groschen’* nodig het, gee hom dan twee of ook drie en My liefde sal dit aan jou andersyds tien- en dertigvoudig vergoed! *(`n muntstuk met die waarde van 10c)

[8] Kortom, op watter wyse jy iemand ook as arm sien en hom om My liefde se ontwil met `n blye hart help, sal jy altyd kan reken op My beloning wat nooit agterweë sal bly nie!

[9] As daar byvoorbeeld iemand, wat andersins welgesteld is, na jou kom vir `n gesondheidsbad omdat hy aan jig ly, reken hom dan na die mate van billikheid vir herberg en kos, maar bring niks in berekening vir die bad nie!

[10] As daar egter iemand maar net vir sy plesier kom bad, laat hom dan meer as `n ander betaal vir bad, herberg en kos! Wil hy egter die waarheid van jou hoor, gee hom dit dan gratis; want daarin is hy arm!

[11] Kom daar egter `n wêreldwyse wat van jou die waarheid wil hoor, gee hom dit dan nie vir niks nie, maar laat jou vir elke woord `n ‘Groschen’ betaal; want vir so `n waarheidsoeker het die waarheid eers dan waarde, as dit vir baie geld in sy besit gekom het!

[12] As `n arm hongerige na jou kom, gee aan hom dan te ete en te drinke en laat hom nie arm van jou weggaan nie; kom daar egter een wat genoeë daarin skep om saam met jou aan tafel te eet, laat hom dan ook vir die arme langs hom betaal!

[13] Ondersteun alles wat armoede heet, gratis en laat alles wat maar net met genot te make het, betaal! - Het jy My goed verstaan?”

[14] MARKUS sê met vreugdetrane: “Ja, Heer!”

[15] EK sê: “Gaan dan en laat jou familie alles sien!”

[16] Markus het na sy familie gegaan, wat uitermate verbaas was en het My opdrag aan hulle bekendgemaak en almal het haastig na die nuwe huis gegaan en natuurlik ook daarin gegaan en alles buite en binne bekyk. Die vrou en die kinders het heeltemal swak geword van suiwer geluk en saligheid en het van louter vreugde nie geweet wat om te doen nie. Maar nou het almal wat aan tafel gesit het, My gevra of ook hulle die buitengewoon opvallende wonderwerk in oënskou kon neem.

[17] EK sê: “Liewe vriende! Hierdie werk sal bly bestaan en julle sal dit dan nog dikwels genoeg kan bekyk en bewonder; maar Ek sal nie bly nie, behalwe deur die liefde in julle harte.

[18] Bly daarom hier by My solank Ek nog by julle is; want Ek is immers tog meer as daardie wonderwerk, waarvan Ek tallose in `n oomblik tot stand sou kon bring.”

[19] ALMAL sê: “Ja, ja, ja, o Heer, ons bly, ons bly almal by U, o Heer; want net U is meer as alle wonderwerke van U Mag, Wysheid en Goedheid, wat die hele oneindigheid vul!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205