Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die staatsorde van die ou Indiërs

42 RAFAEL: “Die Indiërs het hul sake baie verstandiger gereël! Die volk het verseker by die bygeloof wat in sigself onskuldig is, gehou, maar glo daarby tog aan `n allerhoogste Goddelike wese en sy plaasvervanger hier op aarde, wat, om die ou stereotipe orde in stand te hou, steeds die grootste sorg daarvoor dra dat daar veral aan die inhoud van die ou boeke niks nuuts toegevoeg word nie, maar ook dat niks daarvan verlore gaan nie. En so sal die Indiër oor duisend jaar ook nog heeltemal wees wat hy nou is en al enkele duisende jare gelede was. Die ergste by hom is die boetedoenings en die feit dat hy self tot regter moet wees. 

[2] Teenoor homself kan hy so streng wees dat dit alle menslike begrippe te bowe gaan, omdat aan hom wat dit self uit vrye wil doen, geen onreg geskied nie; maar aan die ander kant sien ons by die Indiërs weer die goeie verskynsel, dat daar by hulle geen slegte lasterlike praatjies en geen verraad bestaan nie. Niemand kla sy naaste aan nie en onder die talle miljoene mense is daar nie één wat leedvermaak ken nie! Dit is ook die rede waarom die Indiërs op hul eie wyse so `n ou volk geword het en nog ouer sal word. Met die verloop van tyd, as daar vreemde volke na hulle kom wat `n ander godsdiens en ander sedes en gewoontes na hulle sal bring, sal hulle ook onrustiger en meer ontevrede word, hulself nie meer tot regter wees en geen meer boete doen nie; in plaas daarvan sal hulle reg spreek oor ander, hulle vervolg en hulle die swaarste boetes oplê. Dit sal nie lank duur nie of hulle sal wees soos die Fariseërs in Jerusalem, wat hul gelowiges die ondraaglikste laste sal oplê en oor elkeen `n oordeel sal uitspreek; maar bo hulle duld hulle absoluut geen regter nie en self raak hulle geen enkele las aan nie, selfs nie met die puntjie van hul pinkie nie! Vind jy dit goed of selfs beter as wat jy by die onskuldigste Indiërs gesien het?” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205