Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die mense van die sterrewêrelde en die kindskap van God

113 DIE MEESTER: 'Ek sê vir julle, dat daar in die onmeetlike ruimte tallose talle heelalsfere is! In elke heelalsfeer, wat op sigself al vir julle `n onmeetbare ruimte inneem, omdat dit eons maal eons sonne en sonnegebiede bevat, lewe sekerlik tallose talle geskape mense, hetsy nog in hul liggame of al suiwer geestelik; hulle het op hulle manier gewoonlik `n baie helder verstand, en `n baie presiese oordeel wat dikwels so presies is, dat julle julleself nog lank nie daarmee kan vergelyk nie.

[2] Hierdie mense het ook af en toe vermoedens, wat soos drome is, dat daar êrens kinders van die Allerhoogste, Ewige Gees bestaan, en hulle koester heel in die geheim ook dikwels die verlange om teen elke prys My kinders te word; maar meestal is so-iets absoluut onmoontlik. Want alles moet in sy eie orde bly bestaan, soos wat by `n mens, by wie ook die dele en organe van die kniegewrig nie in die edel oë van die hoof verander kan word nie en die senings van die voete in elke geval nie maklik in ore kan verander nie. Alle ledemate van die liggaam moet bly wat hulle nou eenmaal is; en al verlang die hande hoe baie om ook te kan sien, dit help niks, hulle bly heeltemal gesond en geseënde blinde hande, maar kry egter tog ruim voldoende lig deur die edel oë in die hoof.

[3] So hoef die aarde ook geen son te wees om haar andersins duister grond te verlig nie; sy kry immers voldoende lig van die een son. Van die voeding wat `n mens uit hom neem, moet alle dele van die liggaam, elkeen op sy eie manier gevoed word, dus ook die oë en die hart. Maar slegs die suiwerste en mees ligverwante deeltjies word tot voeding van die oë verhef, en die mees liefdesleweverwante psigiese sielsdeeltjies word met die lewensubstansie van die hart geassimileer; en hoe groter die deeltjies is, hoe groter is die meeste verskillende liggaamsbestanddele wat daarmee gevoed word. Dit sou die oog baie sleg bekom as deeltjies, wat as voeding van `n been geskik is, in die oog sou beland.

[4] En so sou dit ook in die algemene, groot skeppingsorde slegte gevolge hê, as Ek sou toelaat dat mense van ander wêrelde My allerenigste hartskinders sou word. Enkele kere is daar wel so `n toelating moontlik; maar daarvoor is groot loutering nodig en voorafgaande voorsiening en voorbereidings! Eerstens kry, oftewel die siele van hiérdie son hierdie barmhartigheid, óf die aartsengele wat die plig het om hele heelalsfere te beheers en te lei en in stand te hou volgens die beste orde wat in `n oordeel heers. En hoe geweldig groot hulle ookal in alles is, hulle moet daarmee genoeë neem om hier net soos Ek klein te word en hulle moet hulself elke deemoedigheid laat welgeval.

[5] Ook vanuit die sentrale son van die sisteem, waartoe ook hierdie son behoort, kan siele op hierdie aarde oorgeplaas word om My kindskap te verwerf; dit is ook moontlik vanuit die sonnegebieds- en die sonneheelal-sentraalson. Egter net alleen uit die gebied van dieselfde sonneheelal waarin hierdie aarde haarself bevind, kan ook nog siele hierheen kom, maar vanuit die algemene oersentraalson nie maklik meer nie, omdat die siele van die noodsaaklikergewys enorme, reusagtige mense immens te veel substansie in hulle het, wat nie opgeneem sou kon word deur die klein liggaam van `n mens van hierdie aarde nie.

[6] Maar ofskoon daar in baie groot gebiede op die immense groot wêreldson dermate liggaamlike groot mense lewe, dat hul hoof op sigself al minstens duisend maal groter is as hierdie hele aarde, is tog selfs die swakste van My ware kinders op hierdie aarde, deur My gees in die hart van sy siel, al eindeloos baie magtiger as ontelbare van die groter as wêrelde synde mense van die oersentraalson.

[7] Bedink daarom goed wat dit beteken om `n kind van die Allerhoogste God te wees, en wat se groot, ongeoordeelde en onaangetaste vrye wilsbeproewing daarvoor vereis word om die siel één te maak met My Gees in julle, wat vir julle die enigste weg is om dan heeltemal My kinders te kan word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205