Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer gee vir Roclus raad

143 Onmiddellik kom Roclus nou nog `n keer vinnig na My toe en lê dit wat bekend is, naamlik die netelige kwessie, baie openlik voor aan My.

[2] En EK sê vir hom: 'Wel, wel, soos wat Ek dit sien, begin jy al `n bietjie in te sien hoe elke bedrog wat iemand pleeg hom altyd in `n bepaalde verleentheid bring! Daarom sê Ek vir julle: Slegs die volle waarheid teen elke prys; want dit duur die langste en bring niemand ooit in `n besondere verleentheid nie!

[3] Die kan wel wees, en dit is ook so, dat deur mense wat hul lewe en aansien net in stand wil hou deur bedrog, die waarheid deur hulle baie gehaat en gevrees word, en (die waarheid) daarom ook met vuur en met die swaard vervolg word! Maar wat bereik die vervolgers van alle waarheid met hul bose dade?! Maar al te gou kom die waarheid na bo en lê haar vyande beskaamd en deur elkeen verag in die slyk, en dit is nouliks te verwag dat hulle daaruit sal opstaan! Wel, jou saak is `n bietjie dom, en is nie so maklik in orde te bring dat jy daarby `n ondervraging deur die publiek bespaar sou bly nie! Maar daar is tog `n moontlikheid om dit met die nodige eer te deurstaan.

[4] Julle het die volk wysgemaak dat die gode julle die mag gegee het om sons- en maansverduisterings te beheer. Sê nou egter vir die volk dat die gode opgehou het om te bestaan en te regeer, en dat die een, ware, groot God, vir wie alle heidene onder die naam, 'die onbekende groot God' ook `n tempel gebou het, nou Self, en selfs in `n liggaam, in hierdie wêreld gekom het en julle hierdie mag ontneem het; Hy sal voortaan Self alles beheer en bestuur, en aan niemand meer die leiding oor die planete en hemelliggame toevertrou nie!

[5] Die mense sal julle daarom sekerlik verbaas aankyk, en sommiges sal dink dat julle die amp sleg uitgevoer het, en dat julle gesondig het. Ander sal weer dink dat hulle te min geoffer het. En nog ander wat verstandiger is, sal sê: 'Dit gee baie maklik die amp weer terug aan die groot, onbekende God; want hulle het hulleself slegs eiemagtig aangematig om die blinde volk makliker in toom te hou daardeur, en die gode wat hulle sogenaamd hierdie mag verleen het, was die maghebbers van Rome! Maar nou is daar sekerlik `n egte God wat heimlik optree, vir wie hulle bedreig het, en daarom lê hulle nou sonder moeite die godeamp weer terug in die skoot van die groot, enige ware God, omdat hulle in werklikheid nooit so `n amp wat deur God aan hulle toevertrou is, besit het nie. Aangesien hulle nou egter so eerlik was om dit openlik te beken, is dit te verwagte dat hulle nog meer openlik sal beken, wat baie goed sal wees omdat ons daardeur agter menige waarheid sal kom. Die wind wat hulle daartoe aangespoor het, moet onmiskenbaar `n goeie wind wees!' So sal die meer verstandige mense dink en daarby heimlik in hul vuiste lag.

[6] Die Fariseërs sal ook stilletjies juig en vir die volk sê: 'Kyk, dit moet JaHWeH Self wees wat hierdie ergerlike heidene deur `n magtige profeet dit aangedoen het; Hy het hulle gedwing om teenoor die volk verraad teenoor hulself te pleeg!'

[7] Maar dan moet julle sê: 'Dan het die Fariseërs ook eenkeer die waarheid gespreek! Hierdie magtige profeet is niemand anders as hulle reeds baie goed bekende profeet uit Násaret nie! Jesus is Sy Naam en in aardse opsig is Hy `n Seun van die alombekende timmerman Josef, wat egter slegs sy pleegvader was, gebore uit Maria, die ewe-eens alom bekende maagd uit die huis van Jojagim en Anna in Jerusalem!' En dit is dieselfde Een wat met die Pasga van hierdie jaar alle verderflike wisselaars en verkopers met swepe in Sy hand uit die tempel verdrywe het. Hierdie profeet is egter onmiskenbaar meer as `n profeet! Johannes, julle alombekende doper in die woestyn, het van Hom `n ware getuienis afgelê, wat aan julle ook baie goed bekend is.

[8] En deur hierdie God wat gestuur is, is julle weliswaar die mag oor son, maan en sterre, wat julle julleself aangematig het, deur Hom afgeneem, maar is julle in die plek daarvan, volgens waarheid, `n baie belangriker en groter amp toevertrou. En die belangrike amp bestaan daaruit dat julle nou in volle erns en volledig volgens waarheid aan die volke moet verkondig dat God se ryk nou naby gekom het, en dat almal wat in die Naam Jesus sal glo, die ewige lewe sal hê!

[9] En as julle so sal spreek, dan sal julle die Fariseërs, wat tot nou toe tog julle grootste vyande was, flink die mond snoer en hulle sal wyslik daarvoor sorg dat hulle geen woord meer rep oor die feit dat julle die mag oor sons- en maansverduisteringe afgeneem is nie, veral ook omdat hulle beter sal weet dat julle voortaan onder die beskerming van Rome staan!

[10] Nou het Ek jou dit hopelik duidelik genoeg uiteengesit en jy sal ook insien dat jy dan verder niks meer te vrees het nie! Noudat jy hierdie raad en die insig het, moet jy na jou vriende en metgeselle gaan en dit ook aan hulle vertel! Of het jy dalk nog iets agtergehou, wat jou bekommer?"

[11] ROCLUS sê: 'Nee, Heer en Leraar van die ewigheid, daar is nou niks meer wat my bekommer nie en my hart is vol vreugde! Want nou is ek met my instituut heeltemal veilig, en die swarttogas kan hulle maar verheug oor die las wat ons hulle sal besorg!"

[12] EK sê: 'Nou goed; maar gaan verkondig dit nou aan jou vriende en broers, sodat hulle ook deel kan hê aan jou vreugde! Maar dit sal julle almal tog nog baie moeite en werk kos, daarvan kan jy baie seker wees. Maar waar geen stryd is nie, is ook geen oorwinning en waar geen oorwinning is nie, is ook geen vreugde van die oorwinning nie, wat deur alle mense as die hoogste geprys word! Ek wens jou daarom veral moed en deursettingsvermoë toe, dan sal die oorwinning nie uitbly nie! Daarvoor staan Ek, as sekerlik die geloofwaardigste getuie en die betroubaarste borg, voor in! Of lyk dit nie vir jou voldoende nie?"

[13] ROCLUS sê: 'Vir wie, wat U ken soos ek, o Heer, sou dit nie voldoende wees nie?! Ek spreek hier maar net my heel innige dank uit en gaan nou dadelik na my metgeselle en sal hul ook die waaragtigste evangelie oorbring."

14] Hiermee maak hy `n buiging en haas hom blymoedig na sy metgeselle, by wie intussen die nuuskierigheid oor die goeie of miskien bose aard van die antwoord al behoorlik begin te kwel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205