Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die indruk van die wonderbaarlike werke van die Heer op die Fariseërs

161 EK sê: `n Buitengewone effek, dit is seker, maar vanaf oertye af is dit onmoontlik dat so-iets maar net deur `n aan God gelyke mag van die wil in één enkele oomblik tot stand gebring kan word. Daarom pleeg hulle nou oorleg onder mekaar, of daar miskien nie tog verborge gehoue natuurlike middele gebruik is nie.

[2] En die aanvoerder sê daarom vir Markus, wat hom al `n bietjie begin te vererg: 'Ja, ons was nou eenmaal nie daarby nie, en almal wat hier is en wat met julle eens is, kan ons baie maklik vir die gek hou! Ons weet baie goed hoedat die Essene hul geweldige wonderwerke tot stand bring, maar kon teen die eenmaal deur verbasing ontstane bygeloof of volksgeloof niks meer doen nie. Duisend mense wat onder mekaar saamstem, kan die grootste wonderwerke teweegbring en tienmaal duisendmaal duisend mense oorreed. Julle kon op die verborge en afgeleë plekke tien jaar lank aan die wonderwerk gebou het, terwyl niemand behalwe julle self dit gesien het nie! En toe dit klaar was, nooi julle vreemdelinge uit en sê dan soos wat afgespreek is dat hierdie of daardie wonderdoener dit gebou het en in `n enkele oomblik laat ontstaan het, so ook die tuin en die hawe. En as duisende dit ernstig beweer, moet die vreemde die wonderwerk wel glo, of hy wil of nie. Daar moet `n wonderwerk voor óns oë gebeur, dan eers sal ons ook aan die wonderwerk glo!'

[3] Kyk, so spreek hierdie jakkals van `n Fariseër nou! Ek vertel dit nou vir jou, sodat jy dit wat hy minstens driehonderd treë van ons vandaan vir Markus gesê het, dadelik letterlik aan hom kan voorhou wanneer hy hierheen kom; dit sal hom en sy metgeselle enorm verbaas, omdat dit as `n sigbare wonderwerk skerp soos `n swaard teen sy bewering sal getuig. Hy sal weliswaar nog `n wonderwerk verlang; maar aan hom sal geen ander wonderwerk ten deel val, behalwe dat ons enkele van sy baie geheime sake hier voor hom sal onthul, waarmee hy baie beïndruk sal wees. Berei jou dus voor, Ek sal nie praat nie, maar jou alles ingee en jou laat spreek en laat oorleg pleeg! En nou, oppas, hy is nou al hier!'

[4] Cyrenius sorg nou dat hy heeltemal gereed daarvoor is en verheug hom daaroor om die Fariseër flink aan te pak.

[5] Die Fariseërs nader nou met oordrewe eerbiedige gesigte vir Cyrenius, en DIE AANVOERDER sê, terwyl hy `n diep buiging maak: 'Verhewe gebieder! Ons het alles in oënskou geneem en daar kom geen einde aan ons verwondering nie; want hier gaan prag so nou saam met hoogs doelmatige bruikbaarheid dat `n mens byna moet sê: Dit is nie deur mensehande gemaak nie, maar geskape! Helaas het die mensdom geen enkele voorbeeld, in die hele geskiedenis dat daar ooit op die tot nou toe bekende aarde so-iets plaasgevind het nie. Dit is egter wel so dat die mense met name in die boukuns in hierdie huidige tyd wel so ver gevorderd is dat mens van hulle kan verwag om so `n werklik kunstige bouwerk te kon gemaak het. Sedert die wonderland Egipte dikwels vanweë sy boukunswerke tot ver in Nubië aan die Grieke en Romeine bekend skyn te wees, is dit geen buitengewone wonderwerk nie, as hulle met verenigde kragte ook so-iets tot stand sou bring. Want of alles wat hier te sien is, werklik in één enkele oomblik ontstaan het of tog gedurende `n langer tyd, is immers ook `n vraag wat gestel en gehoor mag word. Want talle mense met baie ervaring kon tesame heelwat tot stand gebring het en met dwingende, gewapende hand sê: 'Dit en dat het so en so ontstaan!' En die klein magtelose en swak mense moet dit dan glo, omdat te heftige teenspraak hulle seker baie las sou besorg.

[6] Kyk maar na die fyn Essene! Daar is prakties niks meer wat hulle nie sou kon maak nie. As mens maar net sê dat alles geen wonderwerke is nie, maar dat dit op natuurlike wyse tot stand gebring is, dan kry mens spoedig met hulle te maak op `n manier wat waarlik geen vreugde veroorsaak nie! Hiermee wil ek natuurlik nie sê dat dit hier ook die geval is nie, ofskoon alles wel sterk daaraan herinner aan die wonderwerke van die Essene. Maar hoe dit ookal sy, u het ons aangeraai om die werk as `n suiwer wonderwerk te bekyk, en ons glo dit, omdat dit ons anders ongelooflik duur te staan sou kom. As ons, hoë gebieder, beveel sou word om aan Zeus en sy wonderbaarlike afgodsdade te glo, dan sou ons dit ook dadelik heeltemal uiterlik glo; of ons dit egter ook innerlik doen, is natuurlik `n heel ander saak. Vergeef my, hoë gebieder dat ek dit so openlik sê!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205