Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 233

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vergaan en ontstaan van materiële skeppings

233 DIE MEESTER: “God, soos in Homself die suiwerste Liefde, kan nie anders as om Sy gedagtes en idees lief te hê nie, ook al maak dit as skepsele Sy teenpool uit. En so kan selfs `n klip nie ewig klip bly nie, en oor ondenkbaar talle jare vir julle sal ook hierdie aarde, net soos tallose ander sterre, baie verouder word en vermurwe soos `n ou kleed. En alles sal verander word in aan God verwante, selfstandige geestelike sake, maar in die plek daarvan sal nuwe materiële skeppings ook weer ontstaan en hulle sal elkeen op sy eie wyse verder gelei en ontwikkel word. 

[2] Maar daarvoor sal natuurlik nog `n buitengewoon lang tyd van meer as eons maal eons aardse jare nodig wees. Mens moet dit egter nie so opvat asof hierdie huidige skepping ooit plotseling sal ophou, en in plek daarvan `n heeltemal nuwe in die lewe geroep sal word nie, want dit gebeur net in fases, soos wat die ou bome weliswaar in `n oerwoud uitsterwe, vergaan en ten slotte heeltemal tot water, lug en eter verander word, dus tot `n ander, meer geestelike bestaan oorgaan, en in hulle plek steeds weer `n aantal ander bome uit die grond sal opgroei. En soos wat God se Gees op klein skaal werk, so werk hy ook in groot skaal, as mens trouens iets “groot” sou kan noem teenoor God.

[3] Nou het Ek alles vir julle duidelik uitgelê, sonder om daarby van beeldspraak gebruik te maak, soos wat die ou wyses gedoen het. Maar Ek het dit nou ook maar net vir julle gedoen, omdat julle die noodsaaklike begripsvermoë daarvoor besit; aan die orige wêreldse mensdom hoef julle dit egter nie deur te gee nie, maar julle moet hulle maar net sê dat hulle in My Naam moet glo, en dat hulle God se gebooie moet onderhou wat die waaragtige gebooie van die liefde is. Alles anders sal dan tog wel geopenbaar word aan die bekeerde mens deur sy eie gewekte gees wat uit God is, vir sover sy siel behoefte daaraan het. Kinders mag slegs met melk gevoed word; as hulle eenmaal manlik en sterk is, sal hulle ook vaster kos kan verdra.

[4] Dink nou in julle hart oor dit alles na; as daar vir julle nog iets onduidelik is, Ek bly nog ongeveer vyf dae by julle as gas, dan kan julle My of een van My leerlinge daaroor vra en julle sal opheldering kry! Ek sal julle van nou af aan egter geen nuwe leer meer gee nie, omdat Ek julle al alles uitgelê en geleer het; maar soos wat Ek reeds gesê het, sal Ek as julle Vriend nog ongeveer vyf dae by julle bly en per geleentheid nog enkele goeie en nuttige wenke vir die aardse lewe gee. Maar nou gaan ons alle nuwe voorsiening en die vrugtebome, akkers, weidings en huisdiere besigtig!”

[5] Almal dank My uit hulle hele hart vir hierdie leer, staan op en gaan saam met My na die bure. Toe die drie nuwe leerlinge alles wat daar gebeur het, in oënskou neem, was hulle buite hulleself van verbasing en lig hul bure in oor My en oor die hoë en heilige doel van My koms, en die bure glo nou sonder enige teenspraak hul woorde en verheug hulle grootliks daaroor.

[6] Ekself rig hulle af in die gebruik van die talle dinge en voorwerpe wat hulle nou het en maak hulle daardeur tot egte bekwame boere wat hulle nie vóór die tyd was nie. Dat hulle hieroor ook almal baie verheug was, spreek vanself. En so word die genoemde vyf oorblywende dae in hierdie plek deurgebring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205