Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die gevare van hoë wetenskaplike ontwikkeling

39 RAFAEL: Verder word `n volk wat `n groot fantasie besit, ook daarom nooit te hoog wetenskaplik ontwikkel nie, omdat die te magtige verbeeldingskrag en die fantasie wat daaruit voortkom, dit altyd sou belemmer en teengaan. Dit behaag hierdie mense meer om allerlei onnosele beelde in hul fantasie te sien, as om logies korrek oor die een of ander verskynsel na te dink; verder kom die streng boetedoenings wat jy gesien het nie so dikwels voor soos jy dink en mense aan jou vertel het nie. Want `n ryke koop hom ook vry, en die arme word net daartoe verplig wanneer hy hom werklik aan `n belangrike vergryp teen die bestaande wette skuldig gemaak het. Dus bestaan daar in Indië tot nog toe `n dergelike patriargale orde, sodat mens nog nie dadelik met weerlig en vuur uit die hemele daarteen kan optree nie. Daar bestaan wel `n ongehoorde groot dosis van uiters dwase bygeloof, wat beheer moet word; maar omdat `n dergelike bygeloof by al daardie volke, wat `n lewendige fantasie het, altyd ryklik voorhande is, kan mens ook nie dadelik met alle geweld daarteen optree nie. 

[2] Want dit is nog altyd beter om die volk in sy bygeloof te laat, as om hom in alle wetenskappe in te wy; want die bygeloof bind die Indiër aan sy grond, terwyl die wetenskap hom maar al te gou van adelaarsvleuels sou voorsien waarmee hy hom onmiddellik op verderflike wyse oor die hele aarde sou versprei. Ja, as dit moontlik sou wees om die hele volk van die Indiërs op een slag, sonder eie inspanning, in die suiwer wetenskap in te wy, sou hulle `n tyd lank verbaas daaroor gewees het hoe hulle hulleself so lank deur die groot en sinlose dwaasheid kon laat oorheers het. Maar spoedig daarna sou hulle dan in so `n mate in toorn en boosheid teenoor hul priesters ontbrand en eweneens teenoor alle groot persoonlikhede van ander volke, dat hulle almal oor die allerskerpste lem van `n swaard sou beveg het. Hulle sou so `n intensiewe suiwering uitgevoer het, dat die hele aarde binne die kortste tyd rooi van bloed sou wees. En wat sou uiteindelik daarmee gewen wees? Die dom deel van die mense sou natuurlik afgeslag word en uit die wetenskaplik ontwikkelde mense sou louter bloeddorstige tiers voortgekom het!

[3] Dat dit so sou gaan, bewys jy as suiwer verstandige mens deur jou groot ergernis oor alle godhede en veral oor hul sogenaamde plaasvervangers. As jy maar net my mag kon besit het! O wee, hoe gou sou jy `n einde aan alle priesters op die hele wêreld gemaak het! Maar wat moet daar dan daarna gebeur met die ander mense wat hul priesters met huid en haar aangehang en hulle deur hulle, soos lammers deur hul herders, na alle kante laat lei het?! Sou jy hulle ook wel almal deur `n magspreuk tot jou suiwer verstandelike insig kon bring? Ek sê aan jou: Dit sou `n moeilike taak wees! Want as elkeen eweveel sou weet, sou ook elkeen eweveel materiële middele moes besit as hulle nie wil verhonger nie. Want sou iemand by sy buurman kom en sy dienste aan hom aanbied met die woorde: “Ek verstaan nou dit en dat!”, sou die buurman sê: “Dit verstaan ek ook en ek het my alreeds lankal daarvolgens gerig en ek het van niemand iets nodig nie! Elkeen moet nou vir homself sorg!”

[4] As `n vader aan sy kinders sou sê: “Julle moet dit en dat doen en leer!”, dan sou die kinders sê: “Waarom moet ons dit nog doen en leer? Ons ken en verstaan immers alles wat u ken en verstaan en ons handel daarvolgens! Wat verlang u dan nog meer van ons?”

[5] As jy op hoë leeftyd `n bediende nodig sou hê, omdat elke mens dan swakker word en kwale kry en jy sou aan die eerste die beste wat iets vir jou sou kon doen, sê: “Kyk, ek het swak geword en het jou hulp nodig; Ek sal jou goed daarvoor betaal; as ek sterf, sal ek jou tot erfgenaam maak!”, weet jy wat hierdie persoon dan aan die hulpbehoewende man sou sê? “Luister, hy sou presies dit sê wat jy aan iemand sou sê wat jou sou nader vir `n vaste diensbetrekking! Jy sou aan hom dit sê: “Vriend, ek het dit nie nodig om iemand se kneg en dienaar te wees nie, want ek is self net so welgesteld soos jy en hoef geen diensbetrekking aan te neem om my lewensonderhoud in die sweet van my aangesig te verdien nie! Wie dit nodig het, moet hom maar afsloof vir sy naaste; ek doen dit nie!” Kyk, wat ek jou nou gesê het, was talle honderde jare gelede in die ou Egipte die geval! Die mense het almal uiters wys geword en elkeen was ryk.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205