Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verskil tussen RafaEL se persoon en wese en die van die aardse mens

81 RAFAEL sê: “Jy moet maar so praat, omdat jy my nie ken nie; as jy my sou geken het, dan sou jy alles net so natuurlik gevind het soos wat jy, ooreenkomstig jou honger, maar net `n agtste deel van die lam geëet het!

[2] Ek is ook wel `n mens netsoos jy, en dit ontbreek my voorlopig aan geen enkele sintuig nie, en ek het ook alle ledemate wat by `n liggaam hoort; maar my liggaam is heel anders as joune; die van jou is nog sterflik, die van my nie! Jy kan jou as siel en gees nie van jou liggaam ontdoen wanneer jy dit wil nie, dit nie oplos en dit nie van die een oomblik na die ander verander in jou geestelike element nie; ek kan dit egter wel doen. Inderwaarheid is ek eintlik suiwer gees, ondanks my skynbare liggaam; jy is egter nog byna heeltemal suiwer vlees en sal nog heelwat vir jouself moet doen, totdat jy in jou liggaam as `n ryp en vrye siel sal begin voel.

[3] As jy iets geëet het, dan duur dit `n klein rukkie alvorens dit wat jy geëet het, tot bloed en vlees word in jou liggaam, en jy sal nooit weet hoe die verandering in jou plaasvind nie. Jy ken die organiese bou van jou liggaam nie tot in die kleinste deeltjies nie; maar aan my is elke atoom van my en ook van jou liggaam so duidelik bekend, dat daar in die hele wêreld niks meer duideliker kan wees nie! Want ek moet die liggaam wat ek nou het, van atoom tot atoom, van senuwee tot senuwee, van vesel tot vesel self vorm en in stand hou, asook alle ledemate; maar jy weet al vanaf die begin nie waaruit jou liggaam bestaan nie, en wie dit voortdurend vorm en in stand hou nie.

[4] Jou liggaam is verwek, gebore en het gegroei sonder dat jy dit besef en buite-om jou wil, - die van my is geskape volgens my insig en my wil! Die bewussyn wat jy van jou bestaan het, is nog in `n slaaptoestand, en jou wete, kennis en wil is dan die droom in die slaap van jou bestaan; maar ek bevind my in die helderste en wakkerste lewe van die volkome ewige lewensdag. Ek weet wat ek sê en doen, en ken die ware en diepste grond daarvan, - en jy weet nie eers hoe, waardeur en waarom allerlei gedagtes in jou ontstaan nie! En so weet ek dan ook waarom ek, solank ek onder die sterflikes verblyf het, aansienlike meer spyse tot my kan neem en dit ook moet, as jy en al jou metgeselle tesame. Ek kan jou selfs die rede daarvan nog heeltemal nie duidelik maak nie, omdat jy dit saam met jou huidige kennis gladnie sou kan verstaan nie; maar later sal daar wel `n tyd kom dat jy alles, wat ek jou nou as die ware toegewerp het, baie goed sal kan begryp en verstaan.

[5] Maar dat jy dit as moontlik beskou dat ek my vanweë my te groot vraatsug uiteindelik selfs ook aan julle sou wil vergryp, soos `n hiëna of `n wolf, wel, dit is `n bietjie onnosel van jou! Ek dink dat julle, vanweë my geestelike ontwikkeling en my wysheid, wat vir julle duidelik sigbaar is, wel van beter moes geweet het! Ek kan nie maar net `n klip eet soos wat julle dit nou gesien het nie; die handeling sou ek ook met hele berge en planete kon uitvoer, waarvoor ek voldoende mag sou besit! Slegs, wanneer ek nie wys sou gewees het nie en die mag sou gehad het wat nou my eie is, sou ek handel volgens `n blinde gedrewenheid, en dan sou julle in my omgewing inderdaad julle bestaan en julle lewe nie seker gewees het nie! Maar die oerewige Wysheid van God, van waaruit eintlik my hele wese gevorm is, gebied my bowenal om alle dinge wat deur die Krag en Almag van God geskape is, in stand te hou, daarvan mag vir ewig geen atoom verlore gaan nie, en kan ook nie verlore gaan nie, omdat God se wil en Sy alsiende lig-oog altyd die ewige en oneindige ruimte van die grootste tot die kleinste heeltemal deurdring en daarin werksaam is; en daarom is jou vrees vir my deur julle veronderstelde vraatsug volledig ongegrond! - Roclus, het jy hierdie woorde enigsins verstaan?"

[6] ROCLUS sê: “Van `n werklike verstaan kan daar geen sprake wees nie; maar ek verstaan goed dat ons in jou nabyheid niks vir ons bestaan hoef te vrees nie, en dit is vir ons voorlopig al meer as genoeg! Maar waar bêre jy tog sulke groot hoeveelhede? Het jy dalk `n soort volstruismaag wat, vir sover ek weet, die hardste klip kan verteer? Selfs die hardste metale skyn vir `n volstruis `n lieflingskos te wees! Maar hoe dit ookal sy - jy is en bly nou eenmaal `n wonderlike wese!

[7] Judeërs spreek van bepaalde oergeskape hemelbodes (engele), ons Grieke en Romeine het ons djins* en die sogenoemde halfgode; miskien is jy so `n verloopte engel of in elk geval so `n djin of halfgod?! Ek vind dat jy ook te teer en subtiel daar uitsien vir `n aardse persoon; want geen enkele Vestaalse maagd,** al was hulle hoe kuis, sou die vergelyking met jou kon deurstaan as dit om liggaamlike teerheid en skoonheid sou gaan nie. Jy het my al vroeër baie opgeval en ek vergis my nie, toe ek jou heimlik al as `n soort toweragtige droombeeld beskou het! Ek het steeds die indruk dat jy enersyds tog wel iets was, maar andersyds slegs `n sprekende, ligtende beeld, wat deur `n allerhoogste goddelike wese slegs vir `n bepaalde tyd `n bestaansvorm en die nodige wysheid en mag verleen word. Is jy egter vir die wese nie meer nodig nie, dan is dit ook heeltemal gedaan met jou! - Dit het ek in elk geval by myself gedink, gevoel en ervaar." *(Woestyngees net laer as `n engel, wat bonatuurlike mag sou besit) **(Oud romeinse priesteres van Vesta).

[8] RAFAEL sê: “Behalwe dat dit volkome met my gedaan sou wees, sit jy behoorlik dig by die waarheid! Slegs in daardie heeltemal gedaan wees met my skuil `n oneindige groot probleem; want sien, vir jou, onbegryplik lank gelede, voordat daar nog `n wêreld in die eindelose ruimte begin sweef en lig gee het, was ek al `n heeltemal voltooide dienaar van die allerhoogste Gees van God! Dit is ek nog en sal dit ook ewig bly, ofskoon miskien iets meer lykend op die Heer, waarna nou alle, ook die volmaakste geeste, strewe en sal bly strewe. Maar daarom sal ek tog steeds bly wat ek is, slegs in `n nog meer volkome mate, om watter rede ek my nou dan ook deur die barmhartigheid van die Heer na hierdie voorbereidende skool van die materiële lewe begewe het. Maar vir die oomblik bly ek nog wie, hoe en wat ek is! - Verstaan jy dit nou al bietjie beter?"

[9] ROCLUS sit groot oë op en sê: “Ag so, nou ja, soos wat ek gedink het! Jy is dus - soos wat mens dit sien - slegs `n tydelike met `n skynbaar liggaam beklede gees uit die hemele, wat hier is om die Heer van die glansrykheid tydelik te dien en Sy wil ten uitvoer te bring?! Ja ja, so is dit dus, ja, dan is daar natuurlik wel `n onmeetlike verskil tussen ons, en dan kan ek eintlik geen aardse woord meer met jou spreek nie!"

[10] RAFAEL vra vinnig: “En waarom dan nie?"

[11] ROCLUS sê, en kyk nou heel ernstig: “Ek veronderstel dat jy, met jou sekerlik grenslose wysheid, die rede hiervan ook sonder my byna niksseggende verklaring nog beter sal insien as ek; maar omdat julle, misterieuse, geestelike wesens, altyd verlang dat ons, armsalige, sterflike mense, onsself openbaar, moet ek dit wel vir jou sê, - ook al weet jy tog vooraf elke woord wat ek sal uitspreek! Luister daarom na my:

[12] Ook op hierdie aarde bestaan bepaalde verhoudings en toestande wat, as hulle naas mekaar voorkom, nooit by mekaar sal pas nie. So is byvoorbeeld `n molshoop naas die hoë berg Ararat beslis `n baie belaglike verhouding, ook `n varkstal naas die keiserlike paleis in Rome, `n vlieghopie naas `n Egiptiese piramide, `n muggie naas `n olifant, `n druppel water naas die groot oseaan! Maar die verhouding tussen die dinge wat ek juis nou noem, is nog talle kere beter as die tussen jou en ons; ook `n glimwurmpie wat in die nag glans, sou dit naas die son nog stukke beter doen! Wat is my woorde vir jou? `n Allerdomste dors van volkome leë strooi; want wat ek jou nou sê, het jy al `n hele ewigheid gelede woord vir woord geweet! Maar ek spreek hier ook nie terwille van jou nie, maar vir myself en my makkers, sodat hulle hardop kan hoor wat ek nou dink oor die posisie waarin ons nou verkeer! Soort soek soort: Die gewone mens hoort by die gewone mens en die hooggeplaaste en magtige hoort by die hooggeplaastes en magtiges.

[13] Die weegskaal laat ons presies sien hoe dit daar uitsien. `n Sonstoffie het seker ook tog enigsins `n gewig, anders sou dit na verloop van tyd nie op die aarde val nie. Maar sou selfs `n os nie moet lag, as iemand waar hy by was, aan die een kant `n sonstoffie en aan die ander kant tienduisend pond op die weegskaal sou lê om te sien hoeveel ligter die stoffie is as die groot gewig van tienduisend pond nie?! En so is dit ook met ons, hoort jy nie eers by ons geselskap nie en ons ewemin by joue.

[14] Jy is volgens die Skrif van die Judeërs een van die grootstes in die hemel, en ons staan op hierdie aarde nog nouliks aan die rand van die wieglewe, en daar moet nog so ontsettend baie met ons gebeur totdat ons, en dan slegs nog maar op hierdie aarde, die geestelik volwasse leeftyd sal bereik! Ons vra jou daarom om ons te verlaat, omdat jy nou vir ons, van jou kant af, veel meer as niks moet beskou! Jy het by ons seker niks te wen nie, en ons by jou, in verhouding tot wat jy is en waartoe jy in staat is, ook soveel as niks!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205