Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die misterie van Golgotha. Evangelie van Matthéüs. 18:11-14

247 SIMON JUDA sê: “Ja, Majesteit en Heer, sommige dinge wat uit U mond kom en selfs vir die gesondste menslike verstand nie egter heeltemal helder en duidelik wil word nie, sal nog bespreek moet word. En dan staan daar op die agtergrond, grynsend soos `n monster, die streng noodsaaklike en onvermydelike lyding wat die Menseseun te wagte staan; ek durf met sekerheid te beweer dat hierdie noodsaaklikheid selfs vir die gesondste en beste mensverstand nooit heeltemal duidelik sal wees nie!

[2] Al is hierdie daad hoe noodsaaklik vir die bereiking van die, deur U reeds van ewigheid af gestelde belangrikste doel, die feit sal weinig of niks bydra tot `n gerusstellende opheldering vir die menslike verstand nie, en daarom sal dit te alle tye die vraag stel: “Waarom moes die Almagtige dan so vreeslik mishandel word deur Sy skepsele om hulle die saligheid en die ewige lewe te kan gee? Was Sy suiwerste leer en die feit dat Hy wonderwerke gedoen het wat enkel en alleen vir God moontlik is, nie voldoende nie? As dit die mense nie beter gemaak het nie, hoe moet Sy lyding en sterwe dit dan doen?”

[3] Ek, as een van U trouste aanhangers sê baie openhartig: U lyding sal vir baie goeie mense `n steen des aanstoots wees en hulle sal wankel in hul geloof. Daarom vra ek U ook nou al vir `n helder lig oor hierdie gebeurtenis, sodat ons dan te gelegener tyd in staat sal wees om aan die vraende mense ook `n korrekte antwoord ter gerusstelling te gee.

[4] EK sê: “Jy vra hier nou om `n baie goeie en korrekte saak wat jy, ook as Ek dit vir jou baie goed sou uitlê, as suiwer mens tog nooit heeltemal goed en korrek sal verstaan nie; eers na My opstanding, wanneer jy wedergebore sal word in die gees, sal jy die groot waarom ook baie suiwer en duidelik kan insien.

[5] Ek, as die enigste Draer van al wat bestaan en leef, moet nou ook diegene wat sedert ewighede deur die vastheid van My wil onderworpe was aan die oordeel en die dood, juis deur die oordeel en deur die dood van My vlees en bloed deurdring in die ou oordeel en in die ou dood in, om so vanweë die in homself ryp geworde materie van dinge, die bande vir My eie goddelike wil in soverre losmaak dat al die geskapenes daarna uit die ewige dood tot `n vrye en selfstandige lewe kan oorgaan.

[6] En dit is waaroor die Menseseun na hierdie wêreld gekom het, om diegene wat in `n sekere sin van ewigheid af verlore was, op te soek, hulle te verlos en so in staat te stel om salig te word. (Matthéüs. 18:11)

[7] Wat dink julle: As iemand honderd skape sou hê en één daarvan êrens in die bos verdwaal, laat hy dan nie sy nege-en-negentig skape op die berg staan om die verlore skaap te gaan soek nie? (Matthéüs. 18:12) En as dit dan gebeur dat hy dit vind, waarlik Ek sê vir julle: Sal hy dan nie meer vreugde hê oor die teruggevinde skaap as oor die nege-en-negentig ander wat nooit verlore was nie? (Matthéüs. 18:13)

[8] En sien, so is dit ook by God, ofskoon Hy deur Sy Almagtige wil alles wat die oneindige ruimte bevat, geskape het uit die ewige volheid van Sy ewige tallose gedagtes, idees en begrippe en dit buite Homself geplaas het deur die vastheid van Sy wil! En as dit alles vir ewig so sou moes bly soos wat dit nou is, naamlik in die starre oordeel en die dood, sou dit netso gewees het soos die verlore skaap, wat egter nooit meer êrens gevind sou kon word nie. En watter genoeë en vreugde sou `n ewige dooie, materiële skepsel God dan bied?

[9] Ek het immers hoofsaaklik om hierdie rede nou Self in `n stoflike liggaam na hierdie wêreld gekom, naamlik om die verlore skaap te soek en hom na sy salige bestemming te lei.

[10] God se Gees en Wil word nou in die liggaam van My, dus in die materie, sagter en as te ware buigsaam en oplosbaar gemaak. As dit gebeur het, dan moet hierdie materie van My in die grootste moontlike kastyding en vernedering gebreek en eers losgemaak word, en God se Gees, wat in al Sy volheid in My woon en Één is met My siel, moet hierdie gebroke materie wat deur die vuur van Sy Liefde gelouter is, opwek en lewend maak, en dan sal Hy opstaan as oorwinnaar van alle oordeel en alle dood.

[11] Dat julle nou nog nie heeltemal helder kan insien hoe en waarom dit so moet en ook sal geskied nie, het Ek julle vantevore gesê; maar julle kan nou al goed daaruit aflei dat hierdie gebeurtenis, hoe afskrikwekkend dit vir `n suiwer menslike oog ookal mag wees, tog noodsaaklik is om al die geskapenes, na `n toepaslike lengte van tyd, terug te voer tot die vrye, onafhanklike en suiwer goddelike lewe.

[12] En noudat Ek dit vir julle voldoende onthul het om dit te kan verstaan, sal julle daardeur innerlik – noudat julle sien wie eintlik die kleinste is - ook insien waarom dit die wil van die Vader is dat selfs nie die kleinste en geringste van hulle ooit verlore mag gaan nie. (Matthéüs. 18:14)

[13] En daarom het Ek hierdie kinders ook aan julle voorgestel en julle in `n goed geordende ooreenkomstige beeld die wil getoon van Hom wat in My woon en vir ewig die Heer is oor al die geskapenes in die hele oneindigheid. En omdat Ek dit nou tot julle gespreek het, en ons volop tyd en geleentheid het, kry julle nou nog `n keer die geleentheid om te laat hoor wat julle uiteindelik nog wil weet. Petrus, het jy nog iets?”

[14] Die leerling sê: “O Majesteit en Heer, daar sou nog wel baie wees! Maar ek moet dit nou eers nog bietjie meer verwerk; want as ek nou onmiddellik met iets nuuts sou kom, sou dit wat ek nou net verneem het, my dadelik weer ontgaan en dan sou U ons die groot lig verniet gegee het.”

[15] Hierop val daar `n kort stilte, en die leerlinge dink toe goed na oor dit wat Ek vir hulle gesê het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205