Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die opstanding van die vlees

238 DIE MEESTER: “En onder die opstanding van die vlees moet jy die goeie werke van die ware naasteliefde verstaan! Dit sal die vlees van die siel wees wat saam met haar op die jongste dag in die geesteswêreld, na die ware basuingeroep van hierdie leer van My, as `n suiwer eteriese liggaam tot die ewige lewe sal opstaan. Al het jy honderd keer op die aarde `n liggaam gedra, aan die anderkant sal jy maar net één liggaam hê, en wel die liggaam wat Ek nou juis aan jou noem. Het jy dit nou verstaan?”

[2] Petrus sê: “Ja, Majesteit en Heer, dit is vir my nou duideliker as ooit! Maar ek kan my nog `n teks van `n profeet herinner wat ongeveer as volg lui: “In jou vlees sal jy eendag jou God aanskou; hou dit daarom suiwer en verontreinig dit nie deur allerlei sonde nie! Met `n sondige liggaam sal jy God se aangesig nooit aanskou nie!” So ongeveer lui die teks, en dit is vir die menslike verstand moeilik om iets anders daarin te sien. Hoe moet mens dit dan in die ware betekenis opvat?”

[3] EK sê: “Net soos die nou juis genoemde gesegde! “In jou vlees sal jy God aanskou” beteken soveel as: In jou goeie werke, volgens die welbekende wil van God, sal jy jou God aanskou, omdat dit slegs die werke is wat die siel verrig met haar liggaam, wat aan haar alleen as werktuig gegee is; en dit slegs die werke is, wat die siel die adellike vir God of ook die teendeel sal gee. Suiwer werke gee die suiwere, onsuiwere werke die onsuiwere. Die suiwere dink volgens die suiwer wetenskap, en `n kuise en suiwer gedrag alleen, sonder of met te min werke van naasteliefde, verskaf nog lank geen geestelike liggaam aan `n siel nie en derhalwe ook geen aanskouing van God nie.

[4] Want iemand wie se siel nog so lank so blind is dat hy nie kan insien, dat nie net die suiwer wete alleen nie, maar veral die werke volgens die suiwer wete, en die suiwer geloof van die siel die ware lewensbestendigheid gee, is nog baie armoedig daaraan toe en lyk soos iemand wat baie goed weet hoe hy `n huis moet bou en ook die beste boumateriaal in oorvloed besit, maar wat nie kan besluit om aan te gaan met die werk nie. Sê My, sal so iemand ooit `n huis besit en homself, as daar storms opsteek en die winter kom, daarin kan verberg en hom beskerm teen die ontketende geweld van die wilde elemente?

[5] Wat het jy in die storm, aan die vaste oortuiging en wetenskap dat die goed geboude mure van `n huis bestand is teen die storms sodat diegene wat in die huis woon, volkome veilig is voor sy geweld, as jy geen huis besit nie en jy op jou weg deur `n nog baie onherbergsame woestyn van jou lewe ook nêrens meer `n huis van `n ander kan bereik nie?

[6] Nee, My geliefdes, die hoe ookal suiwer wete en geloof het geen stewige mure wat julle tydens die storms sal beskerm nie; maar die werke van die ware naasteliefde is en sal dit wel. Dit is die ware blywende liggaam van die siel, haar woonhuis, haar grond en haar egte wêreld. Onthou dit goed, nie slegs terwille van jouself nie, maar veral terwille van hulle aan wie julle die evangelie na My sal predik! As hulle die woord van die verlossing eenmaal sal ken en glo, spoor hulle dan aan om die ware werke te verrig volgens die gebod van naasteliefde wat so dikwels deur My gebied is!

[7] Want waarlik, Ek sê vir julle: As iemand sê dat hy God bo alles liefhet, maar daarby geen oog het vir die nood van sy arm broer nie, sal hy God nooit in sy vlees aanskou nie! Want die Fariseërs en skrifgeleerdes sê ook dat hulle God dien in die suiwerste hoeveelheid en betekenis, en dat hulle deur hulle gebede en offers die sondige mensdom voortdurend met God versoen; maar in plaas daarvan trek hulle die volk heeltemal uit, en by hulle is daar nooit sprake van enige naasteliefde nie. Waarvoor het dit dan nog sin? Dit is nóg vir die Fariseërs, nóg vir die volk van enige nut!

[8] Want ten eerste het God nog nooit enige hulp van mense nodig gehad nie, en nog minder `n brandoffer van geslagte diere. Maar die offer wat die ware naasteliefde aan God wat gebring is in goeie liefdeswerke, sien Hy met welgevalle aan, en Sy lewenseën sal dan ook nie agterweë bly nie. Verstaan jy nou, Petrus wat dit beteken: “in sy vlees God aanskou?”

[9] Petrus sê: “Ja Heer, nou is dit vir my heeltemal duidelik; want U, o Heer, het dit vir ons nou tog so duidelik uitgelê dat ons dit gewoonweg met hande en voete verstaan het. Ons dank U daarvoor! Maar nou is ons ook alweer in die plekkie; en in plaas van middag sal dit nou al byna aand wees!”

[10] EK sê: “Dit maak nie saak nie! Ons sal brood en wyn neem en dan dadelik verder gaan! Laat ons dus maar vinnig die klein stukkie pad aflê!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205