Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wonderbaarlike nagmaaltyd

192 DIE MEESTER: 'Ons sal vandag teen middernag met `n reëlregte oorlog te make kry! Want `n tweede afvaardiging het gister uit Jerusalem vertrek, omdat dit onder leiding van Sinka niks meer van hom laat hoor nie, en deur wie hierdie groep gestuur is kan julle maklik raai! Hulle kom met `n skip, en enkele vissers wat julle ken, het hul berig dat ons vandag teen die middag hierdie baai binnegevaar het. Hulle sal dit vannag weliswaar baie moeilik hê in hierdie baai, maar uiteindelik geholpe deur `n paar deskundiges en goed betaalde vissers, sal hulle tog hier aankom. Daar bevind hom ook twee aartsfariseërs onder hulle en `n belangrike skilddraer van Herodes. Vertel hierdie vissers hier intussen niks daarvan nie, want ons sou hulle daardeur die hele nag onnodig bang maak, omdat hulle ons nog nie volledig ken en ons heimlik nog steeds as towenaars van die mees buitengewone soort beskou!

[2] Met hierdie agtervolgers sal dit nie so goed afloop soos met die onder leiding van Sinka nie! Hulle agtervolg My met `n eie inset en woede wat by Sinka nie die geval was nie; daarom sal hul onderneming hul baie duur te staan kom! Want mens moet verdwaalde en onder dwang staande mense anders behandel as volslae duiwels! Vandag sal julle My `n slag as `n onverbiddelike regter leer ken, by Wie in hierdie situasie geen liefde sal heers nie! Maar nou swyg julle heeltemal hieroor; want ons gashere bring juis nou die baie goed voorbereide nagmaaltyd!'

[3] Toe ASIONA met sy etensmandjie aankom, sê hy: 'Beste goddelike vriende! Alles is in orde, behalwe dat ons geen tafel, geen banke en geen lig het nie! en dit het tog al taamlik donker geword!"

[4] EK sê: 'Dit maak nie saak nie! Luister, towenaars soos ons raak nooit daardeur in verleentheid nie! Ons hoef maar net te sê: 'Tafels, banke en lig hier!', en sien, alles wat nodig is vir ons gemak, is al daar!" 

[5] Daar staan sodoende in één enkele oomblik `n groot, gedekte, lang tafel met goeie banke daaromheen, en op die tafel staan `n groot naftaleenlamp met `n helder, sonwit lig, sodat die hele omgewing na alle kante hierdeur byna daghelder verlig was. Asiona en Hiram laat van skrik en verwondering byna die etensmandjie val, vermaan hulleself egter gou en plaas hulleself, eers versigtig nog, langs die wonderbaarlike tafel.

[6] HIRAM kyk nou eers na My, dan weer na Johannes met verwonderde, maar ook baie ondersoekende oë, asof hy hom afvra: 'Nou sal ek tog graag wil weet wie van julle twee die belangrikste en die eintlike meester van die geselskap is!', en ten slotte sê hy hardop: 'Waarlik, as dit ook tot die ryk van die toorkuns behoort, dan sou in Alexandria al tienduisend pond suiwer goud net daarvoor betaal word!"

[7] Hier kon JUDAS Iskariot ook nie meer sy mond hou nie en sê taamlik luid teenoor homself: 'O, as ek dit sou kon doen, geen uur sou ek meer in die dom beloofde land gebly het nie, waar mens altyd en orals maar net agtervolg word!"

[8] Hierdie keer was dit Jakobus wat hom `n wenk gee en hom aan My vroeëre vermaning herinner. Toe word hy stil en sê geen woord verder nie.

[9] Asiona roep nou al sy huisgenote uit die hut en laat hulle die nuwe wonderwerk sien, en SY VROU roep uit: 'Man, dit is geen towenaars nie, hulle moet gode wees; want dit is iets ongehoords

[10] ASIONA sê: 'Jy sou wel heeltemal gelyk kon hê; dit is net `n vraag of die hoë gode van die Olympus wel genoeë gaan neem met ons visse!"

[11] Sy VROU wat `n Griek uit Athene was en derhalwe nog egter `n oortuigde heidin, sê: 'O man, so-iets het ek meermale van die hoë gode gehoor! Want die gode hou slegs in hul hoë hemele van die allergrootste prag; maar op aarde neem hulle altyd net by die eenvoudigste en mees gewone mense hul intrek en is hulle tevrede met die eenvoudigste kos. Ja, ja, my liewe man, so is dit vas en seker!'

[12] ASIONA sê: "Wel, wel, dit sal wel so wees; maar nou is dit weer goed so! Gaan maar weer na die hut en kry alles goed in orde!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205