Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus wen hom op oor Stahar se geestelike blindheid

103 ROCLUS: 'Eers hier het ek weer `n ware God as `n volmaakte, goeie en hoogs wyse mens leer ken, en HY IS en buite Hom is geen enkele meer nie; want slegs in Hom vind ek al die eienskappe verenig wat `n God, volgens die oordeel van die suiwere verstand, moet hê, omdat Hy andersins onmoontlik `n God kan wees. As heiden en voormalige ateïs sê en sien ek dit nou in myself volkome in, en ek is heeltemal daarvan oortuig, en dan wil hierdie ou, streng Joodse dienaar van God dit nie insien nie! En waarom sien hy dit nie in nie? Omdat hy nog nooit die waarheid gesoek het en nog minder ooit die ware God nie!

[2] Ek het byna die helfte van die aarde deurgereis om die waarheid en `n moontlike ware God te vind; maar al my groot offers was tevergeefs! Ek het al die verdere gesoek opgegee en my in die arms van die wêreldse wysheid gewerp en het met my heroïese gees baie spoedig voldoening daarin gevind, en vind ook soveel innerlike, baie waardevolle lig deur die geskrifte van Sokrates, Plato en Aristoteles, dat ek daardeur begin te ontdek dat `n mens eers deur innerlike liefde en wysheid `n bonatuurlike lewe kan opbou, wat dan nie meer so maklik vernietig kan word as die lewe van die volkome verganklike vlees nie.

[3] Hier uit die mond van die Heer van alle lewe verneem ek dieselfde leer, maar nou met die helderste lewenslig volkome verlig! Die Heer Self kom my dus, nadat ek so lank tevergeefs gesoek het, tegemoet en gee my daarmee hier vlak in die nabyheid van my eintlike geboortestreek alles, wat ek so lank tevergeefs in die hele wêreld met baie offers en inspanning gesoek het.

[4] En as ek hier die ewige en mees lewende waarheid so gou kon vind en as sodanig herken, waarom nie hierdie ou Joodse dienaar van God nie? Omdat hy, soos wat ek nie net uit die gesprek van beide wandelende Fariseërs nie, maar ook maar al te duidelik by duisende ander gehoor het, nog nooit na waarheid gesoek het vir homself, en hoeveel te meer vir iemand anders nie!

[5] Hy was om die mees selfsugtige en heerssugtige redes immers altyd net die grootste vyand van alle waarheid en alle onderrig aan die volk, en het nou ook hierheen gekom en het hom dadelik in `n ware oseaan van die hoogste en diepste waarhede bevind. Sy vel kon hom onmoontlik daarteen verset; maar sy gees, wat nou deur die wyn `n bietjie uit sy ou slaapsug wakker geword het, laat ons nou almal helder en duidelik sien dat hy in sy hart nog `n baie verstokte Fariseër is!

[6] Inderdaad al `n ou kromgegroeide boom, wat moeiliker reg te buig is as `n jong boom; maar by hom sal ook die langsame en baie versigtige reguitbuig waarskynlik wel `n heeltemal vergeefse werk wees! Hiermee wil ek nie ontken wat jy sê nie, my beste vriend Floran, naamlik dat hierdie ou krom stam ook uiteindelik reguit kan word nie! Maar van wyn sal hy hom standvastig moet onthou, anders sal daar van die reguitbuig van sy aartsjodestam nie baie teregkom nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205