Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 249

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die gelykenis van die slegte kneg. Evangelie van Matthéüs. 18:23-35

249 Die Heer “Om julle egter die hemelryk in die korrekte verhouding nog aanskouliker voor te stel, sal Ek dit vir julle met `n ooreenkomstige gelykenis verduidelik. Volgens die gelykenis is die hemelryk soos `n koning wat op `n keer met sy dienaars wou afreken. (Matthéüs.18:23) En toe hy daarmee begin, het daar iemand, wat hom tienduisend pond verskuldig was, by hom aangekom. (Matthéüs. 18:24) Omdat hierdie kneg en dienaar van die koning niks gehad het waarmee hy sy groot skuld kon betaal nie, gee die koning bevel om die lui dienaar self, sy vrou, sy mooi kinders en alle ander besittings te verkoop, sodat uit die opbrengs alles betaal kon word, wat sy kneg en dienaar aan hom verskuldig was. (Matthéüs.18:25)

[2] Toe die dienaar sien dat hy nou, tesame met al wat syne is, as slaaf verkoop gaan word, val hy voor die nog aanwesige koning neer en bid hom smekend as volg: “O, groot en magtige koning en meester, wees tog nog `n bietjie geduldig met my! Hef die verkoop op, laat my nog `n tydjie vry, dan sal ek so goed ek kan, probeer om u die hele skuld te betaal!” (Matthéüs. 18:26) Toe die koning dit verneem het, word sy hart ook sagter. Hy kry medelye met hierdie dienaar en hef die hele verkoop op, skeld die dienaar die hele skuld kwyt en laat hom vry. (Matthéüs. 18:27)

[3] Spoedig daarna gaan hierdie kneg na die stad van die koning, omdat hy daar enkele dinge te doen en te reël gehad het. En sien, daar tref hy een van sy medediensknegte wat hom sedert onlangs per geleentheid honderd pennings verskuldig was! Toe sy mededienskneg hom sien, vra hy om nog `n kort tydjie uitstel, dan sou hy hom die skuld terugbetaal. Maar ons, deur die koning so baie begenadigde dienaar, luister nie na hom nie, maar gryp hom woedend aan die keel en skreeu: “Betaal my nou dadelik wat jy aan my verskuldig is; want ek het al baie lank gewag, my geduld is nou heeltemal ten einde!” (Matthéüs. 18:28)

[4] Toe val die mededienaar nogmaals op sy knieë en vra met trane in sy oë: “Wees tog nog `n klein bietjie geduldig met my, dan sal ek alles betaal!” (Matthéüs. 18:29) Maar die dienaar en kneg van die koning wou van geen geduld meer iets weet nie, laat die arme kneg deur die geregsdienaars gevange neem en laat hom in die gevangenis gooi; en hy moes daar bly totdat sy hele skuld betaal was uit sy in beslag geneemde inkomste. (Matthéüs. 18:30)

[5] Die ander medediensknegte wat dit gehoor en gesien het, het baie bedroef en kwaad geword vir die dienaar van die koning wat so onbarmhartig was; en hulle gaan vertel alles wat daar gebeur het aan die koning. (Matthéüs. 18:31)

[6] Toe die koning dit hoor, laat hy die onbarmhartige dienaar onmiddellik na hom toe kom en spreek tot hom met toornige gesig: “Luister, jou slegte kneg! Het ek jou nie alle skuld kwytgeskeld toe jy my daarom gevra het nie? (Matthéüs. 18:32) Waarom het jy jou dan nie ook so ontferm oor jou mededienskneg, soos wat ek my oor jou ontferm het nie?” (Matthéüs. 18:33)

[7] Die kneg versteen toe van skrik en angs, omdat hy ingesien het hoe goed en regverdig die koning was, en dat hy diegene wat misbruik maak van sy barmhartigheid en liefde, streng straf. Die koning word egter nou eers kwaad en lewer die onbarmhartige oor aan die netso onbarmhartige geregsdienaars, totdat die hele groot skuld ook uit sy in beslag geneemde inkomste betaal was. (Matthéüs. 18:34)

[8] En sien, so sal My hemelse Vader ook teenoor julle optree, as julle die mense nie met julle hele hart die sonde en skulde vergewe wat hulle teenoor julle begaan het nie! (Matthéüs. 18:35) En die eintlike hemelryk bestaan dan ook juis hierin, sowel wat die grootste as wat die kleinste aanbetref, dat daar onder die saliges nêrens ook maar enige vyandskap of afguns of haat bestaan nie, maar dat daar onder hulle die grootste harmonie, die grootste eendrag en die grootste wedersydse liefde heers.

[9] En daarom is dit ook nie nodig dat daar op hierdie wêreld `n beskermende regbank bestaan wat die reg moet bepaal tussen beledigers en beledigdes nie, maar die enige teenoor My geldende beskermreg moet julle goeie en versoenlike harte wees, dan sal julle by hierdie regbank baie goed daarvan afkom, met die minste onkoste en regterlike vonnisboete, en diegene wat teen julle gesondig het, sal baie eerder in waarheid julle vriend word, as wanneer hy deur `n regterlike uitspraak daartoe gedwing sou word. En sê My nou of julle dit almal grondig verstaan het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205