Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die afgodsdienstige-filosofie van die Fariseër

164 CYRENIUS: 'Toe sê Markus vir jou: 'Vriend, uit hierdie lang redevoering van jou maak ek uit dat jou hart steeds baie verhard is en mens jou moeilik raad kan gee en help! Want as iemand aan die grootste outoriteite op die gebied van die waarheid geen reële geloof meer kan skenk nie, en alles op aarde as bedrog beskou en verklaar, dan het by hom alles opgehou wat hom op sy lewensweg tot `n beter lig kon dien! Sê vir my, of dink self daaroor na: Wat se belang sou ons daarby kon hê om vir jou meer lig te gee? Ons het kolossale skatte in `n onbeskryflike hoeveelheid; aan goud, silwer en die kosbaarste edelstene het ons geen gebrek nie; ook is ons voorraadkamers vol graan en die kelders vol met die edelste wyne, soos wat julle daar op wonderbaarlike wyse al één geproe het, waar julle nou niks meer van skyn te weet nie! Ons het van julle dus heeltemal niks nodig nie en spreek, terwyl ons self deur en deur verbaasde getuies is, onmoontlik iets anders as die suiwere waarheid! Waarom wil julle ons dan nie glo nie?

[2] Kyk, slegs `n baie veragtelike eiebelang hou jou en jou metgeselle daarvan af, waarvoor julle jul selfs as die grootste menslike monsters sou laat gebruik, ooreenkomstig jou woorde: 'In ruil vir groot blywende voordele vir die lewe is ons vir alles te gebruik!' Dus ook vir moord en roof? Nee, ek moet sê: Waarlik, jou openlike bekentenis is heeltemal nie sleg nie en baie geskik om selfs die ergste duiwel in sy soort tot die grootste eer te strek! En sulke mense is leraars en opvoeders van die volk! Wel, dan moet elkeen wat enigsins menslik dink, sekerlik goed kan verstaan waarom ons, waarheidsliewende en soekende Romeine `n steeds groter afkeer kry in julle instituut en wat ons ook steeds vyandiger gesind word. Wat gaan gebeur met so `n opvoedingsmetode oor enige tyd as van die mensdom onder julle gesag staan? Ja, ja, vriend, dit is die hoog tyd dat daar flink paal en perk gestel word aan julle bose besighede, anders gaan die hele Judese land onder in die moeras van die dood!' 

[3] Na hierdie baie raak woorde van die ou, brawe Markus sê jy vir `n oomblik heeltemal niks, maar jy dink by jouself die volgende: 'Verdraaid! Nou het ek my vingers gebrand! Dit kry jy met die ellendige waarheid! Solank mens lieg soos `n beer, kom mens orals goed deur die wêreld; maar as daar maar net één ware woord in `n goed aanmekaar geflanste leuen gemeng word, - haal jy jou dadelik `n hiëna op die hals! Wat moet ek nou doen om hierdie Romein sagter te stem? Ek sal nou soos `n trapsuutjies dadelik `n ander kleur aanneem, en alle duiwels sou in lyn moet kom om die ou Romeinse jakkals tot `n beter mening oor ons te bring, anders kan die dom gepraat ons in die grootste moeilikheid bring! Met die eerlikste gesig van die wêreld sal hy nou dubbel en dwars deur my beloon word en ek wil wed dat hy ons allervriendelik as sy nuwe gewonne vriende sal begroet! Die vraag is net hoe ek hom in die rede moet val?! Moeilik sal dit nie wees nie; want ook hy skyn na te dink oor hoe hy ons met nog duideliker bewyse vir sy saak kan wen om ons van mening te laat verander!' 

[4] Kyk, dit was jou gedagtes in die hawe, en wel op één van die vyf groot, nuwe skepe! Baie gou skep jy moed en sê vir Markus: 'Jy skyn kwaad te wees, vanweë my uitsprake van netnou! Kyk, as ek oneerlik en slim soos `n jakkals wil wees, het ek natuurlik nie so ronduit met jou gepraat en ook nie vir jou laat sien hoe ek eintlik dink en innerlik ook is nie! Want ons Fariseërs verstaan baie goed die kuns om die jas na die wind te draai; maar omdat ons merk dat jy dit ondanks jou, miskien nog uit jou jeug stammende beperkte kennis, tog eerlik met ons bedoel, sou dit tog werklik al te ongepas wees as ek myself vir jou agter `n, in hemelsnaam, vrome en gelowige masker verberg het! Dit sou vir ons immers nie moeilik gewees het om skynbaar alles woordeliks te glo wat jy ons van die Nasarener vertel het nie? Kyk, jy sou daarmee tevrede gewees het en ons dan so as volledig bekeerde mense na Cyrenius gelei het! Slegs, as die één eerlik is, moet ook die ander dit wees; daarom spreek ek dit heeltemal ronduit en van my innerlike denke en oordele bly geen jota vir jou verswyg nie. 

[5] Om dinge te glo soos wat hulle hier moes gebeur het, sonder om self getuie daarvan te gewees het, is vir die heldere verstand van `n mens wel buitengewoon moeilik, te meer aangesien dit so uniek was en so-iets nog nooit vroeër gebeur het nie, sodat mens daardeur alle vroeëre ervaringe wat mens gehad het, sonder meer oorboord sou moet gooi. Want tot nou toe is daar deur geen enkele mens op die gehele bekende aarde gedurende alle tye iets dergeliks tot stand gebring nie, en die bekende wonderwerke en toorkunste ken ons, en ons weet ook hoe hulle gedoen word. Orals was daar mense wat hulleself deur hul skerpsinnigheid van talle honderd-duisende medemense onderskei het. Hulle het dieper insig in die kragte van die groot natuur gehad, het gebruik gemaak hiervan en was daarna dan ook nog as mense van `n hoëre soort, as profete of halfgode, vereer en gewoonweg aanbid. So `n geniale mens kry dan ook spoedig en verseker `n groot aantal weetgierige leerlinge om hom heen, wat hul uiterste bes doen om in die voetstappe van hul geesryke meester te tree. In sy tyd was dit slegs leerlinge, later noodsaaklikergewys self leraars en opvolgers van die meester wat tesame met hul leerlinge groot eer betoon aan die oermeester, ook as hy al gesterf het; en dit gebeur meer, namate die lesse en verrigtinge van die oermeester vir die mense heilsamer blyk te wees. Met die verloop van die tyd word die opvolgers van die meester priesters wat hul oermeester minstens tot `n halfgod maak.

[6] Ons Judeërs maak van sulke oer- en aartsmeesters profete, en die Egiptenare, Grieke en Romeine maak hulle halfgode en dig die seker eerwaardigste oermeesters mettertyd bonatuurlike wonder­werke toe, om hulle makliker en handiger as wesens van `n hoëre soort aan die blinde mensemenigte te kan voorstel en offers te kry; dit duur dan dikwels talle eeue, voordat daar weer `n nog groter genie aan die skoot van `n obskure moeder ontglip en die bose doen en late van die priesters sodanig voor die oë van `n lank bedriegde volk onthul, sodat hulle sondermeer tot die vaste oortuiging moet kom dat dit geheel en al bedrog was en dat hul priesters en sogenaamde dienaars van God gemene dagdiewe en bedrieërs was, wat die ware lesse van hul oermeester of self nouliks in hul oorspronklike suiwerheid meer ken, of wat hulle nog daarvan ken om politieke redes te weerhou van die arme mense wat na troos en kennis gedors het, en hulle dus in plaas van met goud en pêrels, met alle moontlike vuiligheid voed.

[7] Ja, as so `n nuwe grootmeester met geringe moeite die oë van die volk open, wat al dikwels wantrouend geword het teenoor sy priesters, dan is dit met die ou priesters so goed as gedaan en kan hulle hulself maar net nog `n kort tydjie handhaaf deur allerlei politieke magsgrepe en -truuks; maar in die harte van die volk het hulle so goed as heeltemal gesterf. Dit hang nou ook bokant ons hoof. Die grootmeester het reeds begin met sy, - vir ons treurige - werksaamhede en duisende mense keer ons vir ewig die rug toe. Dat dit vir ons, bo wie se hoof die storm opgesteek het, nie onverskillig kan laat nie, sal jy seker kan verstaan en dat ons onsself ook moet inspan om nog te red wat te redde is. En daarom sou dit werklik vreemd van jou wees, as jy, as `n andersins goedmoedige man, kwaad vir ons sou word omdat ons enkele baie onthullende woorde met jou gewissel het, omdat dit ons tog ook heeltemal vry gestaan het om jou soveel moontlik om die bos te lei'"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205