Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die bestaan van die menslike siel vóór die liggaamlike lewe en daarna

184 HIRAM sê: 'My oneindige geagte vriend, om jou te kan verstaan is werklik meer nodig as die harde en baie beperkte verstand van `n sinikus! Deur julle merkwaardige, nooit te verwagte verskynings, wek julle gedagtes by ons op wat ons nie meer uitlos nie, en ek begin byna waarneem dat daar in `n mens duidelik `n hoër wese homself moet bevind as slegs dit wat ons onsself heel beperk as mens voorgestel het. En ek dink nou dat ek dit my ongeveer so moet voorstel dat die hoëre wese in die mens sowel vóór as na die liggaamlike bestaan teenwoordig moet wees; want sien, toe ek in Egipte was, kon jy nouliks al in die wêreld gewees het!

[2] Maar tog moes jou innerlike gees reeds lank vantevore bestaan het, sodat hy as `n onsigbare getuie by al my handelinge, wat hom miskien om redes wat vir my onbekend is, nader aangaan, aanwesig kon wees. Slegs op die manier kan ek jou volledige kennis en volledige insig in al my lewensomstandighede `n bietjie vir my voorstel! Weliswaar is jy van die lewensomstandighede van Asiona selfs net so goed op hoogte as in my geval. Maar dit maak nou nie bepaald `n groot verskil nie; want jy, as `n suiwer oergees het jou alsiende geestelike oë seker sowel op hom as ook op my gerig! Een voorafbestaan van jou innerlike gees kan sodoende nie meer maklik ontken word nie, en ook nie die gelyktydige bestaan daarvan met jou liggaam nie; maar hoe sien dit nou daaruit met die voortbestaan van die gees na die liggaamlike lewe? Dit blyk tot nou toe nog verstrengel te wees!"

[3] JOHANNES sê: 'Baie minder as die bestaan vóór die lewe! Sekerlik is daar ook wel sprake van `n voorafbestaan, maar dit is nie so vry individueel soos die bestaan na die lewe nie; want aangesien die geestelike bestaan nie voortdurend baie sterk gebonde bly aan en in die oergees van die ewige en oneindige Godheid nie, het die Godheid self die materie geplaas tussen Homself en die gees wat mens moet word, sodat die oorspronklike goddelike mensegees, as hy `n goddelike selfstandigheid wil bereik, uit die meer eteriese deel van die siel, `n op homself lykende wese maak, wat met `n substansiële, maar tog ook geestelik-intelligente siel tot lewe bring, en hierdie siel dan ongemerk verder ontwikkel in die grootste moontlike vryheid van haar wil. En wanneer hierdie siel dan in alle goeie kennis en die werksaamheid, wat die gevolg daarvan is, so baie gegroei het dat sy na haar oergoddelike gees begin lyk, - hoofsaaklik deur die ware kennis van die enig ware, ewige God, in die liefde tot Hom en daardeur ook tot die naaste - en daarby vol deemoed, geduld en beskeidenheid is, dan vind daar vir alle ewigheid `n onafskeibare eenwording plaas van die siel met haar oerewige gees.

[4] En daardeur geskied dan die volgende: Die siel wat uit die materie afkomstig is, word dan self heeltemal gees; die gees word dan tot siel in die siel en is daardeur ewig vry selfstandig en `n geheel en al soos God lykende vrye selfstandige werksame wese, wat alle eienskappe gekry het wat aan die oerewige Godheid eie is.

[5] Dat die liggaam daarna geen rol meer speel en ook nie meer kan speel nie, is maklik sonder verdere uitleg te verstaan! Want die voeding wat `n mens daagliks tot hom inneem, maak immers ook gedurende bepaalde tye `n periodieke voedingsdeel van die menslike liggaam uit, waaruit die reeds konsistente (digte) liggaam, en hieruit dan ook die siel, hul substansieël-spesifieke voeding en aanvulling kry. Maar as die periodieke voedingsliggaam sy deel gedoen het, word dit as verder onbruikbaar, uit die konsistente liggaam wat nog nou met die siel verbonde is, verwyder. As dit as `n baie growwe materiaal as deel van die liggaam in die konsistente en met die siel reeds nouer verwante liggaam sou bly, sou dit sonder meer lei tot die onvermydelike dood van die meer konsistente liggaam.

[6] Maar sodra die siel voldoende ontwikkel is in die liggaam, dit wil sê, sowel wat vorm betref asook na die vrye insig, liefhê, wil en handeling, hoe dit ookal daar uitsien, dan is daar twee gevalle moontlik: Óf die siel is ook heeltemal ryp vir haar goddelike gees, dit wil sê, dat sy reeds heeltemal geestelik is; óf die siel is in haarself wel reeds as `n geestelike wese ontwikkel en so te sê konsistent, maar die innerlike, geestelike element is nog baie twyfelagtig, en vertoon ten gevolge van haar groot en noodsaaklike gehele vrye selfbeskikking baie meer `n neiging om weer heeltemal in die materie oor te gaan, as om dan vry uit te vlieg na haar geestelike element; in beide gevalle word sy van haar liggaam ontneem.

[7] In die eerste en natuurlik geseënste geval, het die goddelike mensegees reeds sy doel met die siel bereik en het dan ewig geen stoflike middel meer nodig nie, omdat hy hiermee eenmaal reeds sy doel vir ewig bereik het. As in die ander geval, die alsiende en alvoelende gees merk dat hy deur haar tevoorskyn geroep word, en die siel, wat uit die materie gevorm is, haar met verloop van die tyd weer na die elemente begin te neig waaruit sy oorspronklik geneem was, - dan word sy deur haar oergoddelike gees uit die liggaam getrek, ook al gaan dit met die grootste pyne gepaard en word sy aan die ander kant, dus in die ryk van die siele, deur haar gees ontwikkel, maar altyd so ongemerk moontlik; want elke onvrye en geoordeelde vorming van `n siel sou nog slegter wees as glad geen vorming nie.

[8] Maar tog moet ek hierby wel opmerk, en dit moet julle jul baie ter harte neem, dat die ontwikkeling van `n siel, soos dit eers aan die ander kant plaasvind, ten eerste baie langer duur en dan ook nooit heeltemal so `n allerhoogste graad kan bereik as wanneer die vorming en ontwikkeling van die siel reeds hier, nog in die liggaam, geskied nie; want daardeur word die meer edele deel van die liggaam ook saam geheilig, en byna al die vlees bereik met die siel en met haar hiermee eengeworde gees `n soort verheerliking en onmiddellike opstanding, en vorm dan vir ewig saam met siel en gees volledig `n eengeworde wese. Maar slegs uiters min mense op aarde bereik dit, maar kort na die liggaamlike dood egter baie meer. En sien, lynreg, presies ooreenkomstig die diepste waarheid, het jy nou die bestaan van elke mens na die lewe voor jou!

[9] Kom iets vir jou nog vreemd voor of as dit moeilik is om te verstaan, dan kan jy nou maklik hieroor `n nuwe vraag aan my stel. Daarom is jy nou weer aan die woord of ook jou vriend Asiona. Dink en praat, en ek sal julle dan wel `n korrekte antwoord gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205