|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 193
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277. |
|
|
Die naderende skip met die agtervolgers
193 Hierop begeef die vrou haar met enkele kinders weer na die hut en begin selfs by haar werk met die kinders die groot Zeus te prys vir die meer as groot barmhartigheid, maar maak nietemin teenoor die kinders die opmerking dat die land waar die gode verskyn niks goeds te wagte staan nie, maar net slegte sake soos oorlog, hongersnood, pes en groot oorstromings.
[2] Maar DIE KINDERS sê: 'Maar hierdie gode sien tog heel vriendelik daaruit! Ons sal hul môre vra of hulle nie al `n te verskriklike onheil oor die aarde wil laat kom nie!"
[3] DIE MOEDER sê: 'Wees nou maar kalm en stil! Dit sal die vaders wel met hulle bespreek; want ons verstaan te weinig daarvan."
[4] Daarop word dit stil in die hut en ons verorber met Asiona en Hiram ons aandete wat buitengewoon goed smaak, en by name die wyn en die brood wat Hiram nie genoeg kon prys nie. Toe ons die visse geëet het, neem Asiona die mandjie weg en kom weer terug na ons toe; ons bly toe nog langer met brood en wyn aan tafel sit en niemand bespeur ook maar iets van slaap nie. Tot `n uur voor middernag bring ons die tyd deur met allerlei nie so belangrike verhale.
[5] Hierna eers staan HIRAM op, staar `n oomblik na buite na die baai en sê toe met `n sekere bedruktheid: 'My vriende, dit lyk nie vir my in orde nie; vir ons almal dreig daar `n groot gevaar! Ek sien `n bemande skip met talle krygers en geregsdienaars wat die baai binnevaar! Waarlik, dit hou niks goed in nie! Vriend, jy het die lig so mooi geskape, doof dit uit, sodat hulle die rigting verloor en in die nag op `n sandbank teregkom! Môre sal ons hulle dan vra wat hulle hier gesoek het, en hul skip sal vir ons `n goeie buit wees as hulle ons met vyandige bedoelinge wou besoek"
[6] EK sê: “Laat ons die lig maar aanlaat! Weldra sal jy wonderwerke van ons mag te sien kry! Maar eers moet hulle heeltemal tot by ons kom; en dan sal ons hulle laat sien waartoe, soos julle sê, die gode in staat is”!
[7] Hiermee stel Hiram homself tevrede; maar ASIONA sê: 'Sien, beste vriende, ek het julle nog gevra of julle nie dalk deur `n vyand agtervolg word nie! Maar julle het gesê: 'Absoluut nie!' Het julle ons maar iets daarvan gesê, dan het ons vir hulle die binnevaar in hierdie baai wel so moeilik gemaak dat hulle vir dertig jaar lank genoeg sou hê om oor na te dink!"
[8] EK sê: 'Ek weet wel wat daar, sonder dat ons skuld daaraan het, sou gebeur; maar as Ek dit dadelik vir julle sou gesê het, sou dit verby gewees het met julle noodsaaklike rus. Julle sou ontsettend baie moeite gedoen het om die ingang tot julle baai te versper, en waartoe dan? Ek het immers meer as voldoende mag vir meer as honderdduisend sulke vyandige skepe! Waarvoor dan nog sulke voorbereidings? Die buit en die skip hoort dan sonder meer aan julle en dit sal nie gering wees nie! Hulle het `n groot som geld by hulle om mense om te koop en om hulleself goed te versorg, en nog `n groot aantal ander aardse kosbaarhede wat julle in julle groot armoede goed te pas sal kom. Ek het dit alles heimlik in Myself voorsien en het julle veral daarom niks gesê nie.
[9] As julle die skip deur lis en geweld, wat ook baie maklik sou gewees het, buitgemaak het, dan sou julle kort daarna weer vanuit Jerusalem besoek ontvang het van `n tienkeer groter vyandelike skip, en sou almal sonder uitsondering as roofmoordenaars behandel geword het. Maar nou hoef julle nie in die minste daarvoor bang te wees nie; want Ekself sal julle altyd in die gees, ook al sal Ek nie persoonlik by julle wees nie, beskerm en daarvoor sorg dat julle geen kwaad aangedoen word nie.
[10] Maar nou kom die werklike enorme woestelinge al aardig naby en hulle sal nou weldra tesame met beide die vissers wat ons sleg verraai het, aan land gaan; let maar goed op wat hulle sal oorkom!"
[11] ASIONA sê: 'As hulle maar geen werp projektiele by hulle het nie!"
[12] EK sê: 'O, nee hoor, hulle het maar net enkele spiese, lanse, swaarde en kettings by hulle; maar nou kalmte, beste vriende?'
|
|
|
|
|