Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die kunsmatige Allerheiligste in die tempel te Jerusalem. Indiese gruwel van boetedoening

27 ROCLUS sê: “Heer, meester, meester, u repliek was baie goed en wys en ek het alles woord vir woord deeglik deurdink en sorgvuldig oorweeg! Ek het baie daarin ontdek wat waar en goed is en ook dat u, vir my byna onbegryplik, `n egte kosmopoliet is, soos wat daar, ongelukkig veral in u stand, helaas maar bedroewend weinig persone nog is.

[2] Die idee van `n enige, uiters wyse, maar daarby ook baie menslike God klink baie mooi en baie prysenswaardig; maar waar bestaan so `n Godheid anders as juis in die verhewe gedagtes van `n digterlik gestemde mensegemoed? Want as daar êrens andersins `n goddelike realiteit sou wees, dan sou hy hom immers tog deur iets besonders uiter! Maar mens kan doen wat mens wil, en soek en navors met die grootste vlyt en met die intensiefste opmerksaamheid en skerpsinnigheid, en dit steeds met die beste wil van die wêreld, maar dit help alles niks nie!

[3] Orals waarheen mens jou ook soekend keer, staan `n vermomde mens op die voorgrond, soos wat daar in die tempel in Jerusalem voor die kosbare voorhangsel wagters staan, sodat  geen leek tog maar ooit agter die misterieuse voorhangsel sou kon kom nie. Maar iemand soos ek het deur my goud ook as nie-Judeër agter hierdie Isissluier gekom en niks daaragter gevind wat nie deur mensehande gemaak is nie: `n Sarkofaagagtige kis uit swart en bruin hout, met in die middel van hierdie kis `n ysterbak, waarin met `n felle hoë vlam naftaleenolie brand en die vlam stel die aanwesigheid van die allerhoogste God voor!

[4] Nou is my vraag, hoeveel blindheid en domheid daarvoor nodig is om dit te kan glo! Waar is daardie God en nie die mens wat dit alles in elkeen geplaas het as illusie vir sy medemense, van wie hy alle kennis om lewe en dood weghou sodat hulle voortdurend so dom en blind moontlik sal bly en met bebloede hande dag en nag sal werk, sodat die arbeidsku plaasvervangers van God hulle goed kan vetmes op koste van die arme, dom sinlike mense. Wat interesseer so `n mensgoddelike hoogheid ook die lewe van miljoene? Om hulle nie alle woede op die hals te haal nie, moet hulle elke oomblik bereid wees om hul lewe êrens op die spel te plaas om hul onverdelgbare kwelgees, wat God se verteenwoordiger is, en wat eintlik hul grootste kwaad is, te onderhou!

[5] Vriend, as ek u so mag noem, gaan na Indië en kyk eers daar  na die bevolking en u hare sal so hoog soos `n berg rys! Daar sal u boetelinge aantref waarvan u fantasie nog nooit kon gedroom het nie! Hier bestaan vir misdadigers straf wat deur die regters opgelê word en deur die geregsvoltrekkers in die ergste geval op sy hoogste gedurende een dag aan die oortreders van die wet voltrek word. Maar daar duur die geringste boetestraf minstens een tot twee jaar, wat die sondaar sonder enige barmhartigheid, soos vasgestel, aan homself moet voltrek en die ligste straf is daar alreeds dermate gruwelik, dat `n Romeinse kruisiging daarby vergeleke letterlik soos niks is nie. Ek sal net `n paar klein voorbeelde gee en dan sal u beslis genoeg daarvan hê!

[6] Ek het so `n lig bestrafte persoon gesien! Hy het drie ysterspykers deur sy kuite gesteek, maar moes nogtans `n swaar las rondom `n boom heen trek. As sy liggaam gedreig het om moeg te word, het hy `n sweep met ysterpunte geneem en homself geweldig daarmee geslaan. Sy daagliks ete as boeteling het uit sewe vye en `n kruik water bestaan. Hierdie boeteling was reeds in die tweede jaar van sy boetedoening en het nog steeds geleef.

[7] `n Ander, ook lig bestrafte persoon, het oor sy hele liggaam stekels soos `n ystervark gedra, net met die verskil: By die ystervark is die skerp punte na buite gekeer, by die boeteling was hulle egter na binne gekeer en het minstens twee duim diep in sy liggaam gesteek. Hierdie stekels, hetsy uit hout, been of ook uit metaal, moes die boeteling volgens voorskrif van die vriendelike boeteprofeet self in sy liggaam steek en wel elke dag een meer, gedurende die hele boetetyd van twee jaar, sodat hy aan die einde van sy wanhopige boetetyd net soveel heilige boetestekels in sy liggaam geplaas het soos wat daar dae in twee volle jare is. As die boeteling sy boetedoening oorleef, dan begin daarna eers die vrywillige naboetedoening, terwille van die verdienste vir die alsiende oë van Lama; want die eerste verpligte deel was daar maar net om van Lama vergewing van `n sonde te verkry. Eers deur die naboetedoening kan die sondaar `n verdienste voor die Lama verwerf.

[8] Ek het aan die boeteverkondiger, wat andersins baie vriendelik was, gevra waarin dan die naboetedoening van hierdie stekelboetedoener sou bestaan. En hy het geantwoord: “Uit twee of ook drie dinge! Ten eerste kan hy die stekels tot aan die einde van sy lewe in sy liggaam behou, wat baie ongemak meebring, veral gedurende die nagrus; want dergelike boetelinge kan dan net op die stuifsand, of met `n sak wat aan hulle vasgebind is, en wat met water gevul moet wees, in die water hul nagrus deurbring. Ten tweede kan hulle die stekels weer uit hul liggaam trek, maar nie meer as een per dag nie, en dus het hy vir die uittrek daarvan net soveel tyd nodig as vir die insteek. Ten derde kan hy ook alle stekels op `n keer laat uittrek en daarna `n balsembad neem. Dit genees die vinnigste die wonde en die boeteling is daarna dadelik weer `n bruikbare mens wat tot werk in staat is, maar hy moet daarvoor òf `n groot offer aan Lama skenk, òf vier jaar lank `n slaaf van `n priester wees, en sy akkers, weiding en tuine versorg, waarby hy homself egter heeltemal uit eie middele moet versorg. Dat dit met hom daarby nie al te goed gaan nie, kan mens jou wel vanselfsprekend indink!”

[9] Dit het so `n vriendelike boetepriester aan my vertel, waarop ek hom toe gevra het wat so `n sondaar dan wel moes gedoen het om so `n marteling as boetedoening opgelê te kon word. Toe het die boeteprediker gesê: “Daar is dikwels heeltemal geen werklike misdaad daarvoor nodig nie, maar dit is verborge in die ondeurgrondelike wyse willekeur van die ewige Lama! Hy openbaar sy heilige wil enkel en alleen aan sy opperste priester op aarde. Hy verkondig dit dan aan ons laer priesters en ons onderrig dan die volk, wat ons blindelings moet gehoorsaam. Want al is ons ook oneindig klein en gering voor die hoogste priester van Lama, voor die volk is ons tog oneindig baie en groot en ons wil is baie magtig! Een woord uit ons mond is vir die gewone volk `n ysterwet, omdat hulle wel weet dat die woord van Lama en dié van ons een is!”

[10] Ek het hom gevra of Lama dan nooit `n rede aangee, waarom hy so `n mens veroordeel het tot so `n ontsettende, gruwelike boetedoening nie. Toe het die priester weer met die vriendelikste en deemoedigste gesig van die wêreld gesê: “Sê Lama ooit aan `n mens hoe, wanneer en waarom hy hom `n vreeslike, pynlike siekte gee? Lama is uiters wys, almagtig en regverdig. Hy doen wat hy wil en vra nooit iemand om raad nie en die oordeel van die mense is vir hom `n gruwel! Wie kan hulle verset teen die wil van Lama, wat tog almagtig is? Dit sou die ontsettendste van die ontsettende en die verskriklikste van die verskriklike wees om hom toornig te maak! Daarom is dit vir die mens heilsamer op hierdie wêreld, waarop alles `n einde het, om homself alle martelinge aan te doen, as om in die ander wêreld ewig in die verskriklikste vuur van die toorn van Lama te brand.”

[11] Daarop het ek die vriendelike man, wat uiterlik met die grootste en vroomste gemoedsrus jare lank kon toesien hoe honderd boetelinge hul liggaam ondraaglik pynig en kasty volgens die wil van Lama wat aan hulle bekendgemaak is, waarom daar dan onder die boetelinge geen jong vrou en nog minder `n meisie en ook heeltemal geen priester hulle bevind het nie. Mens het maar net meer bejaarde mense, merendeels More en heel bejaarde, gewoonlik baie lelike vroue, gesien! Daarop het die vrome priester maar net gesê: “Liewe, weetgierige vreemdeling, elke verklaring is in die “Lama wil dit” ingesluit. As mens dit weet, is elke verdere vraag oorbodig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205