Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die materialistiese geloof van die aanvoerder van die Fariseërs

163 Cyrenius: "Toe probeer Markus jou deur sy opregte versekering van jou vae idee af te bring; maar jy glimlag vriendelik vir hom en sê, terwyl jy hom op sy skouer klop: 'Ja, ja, beste vriend, ek neem dit jou nie kwalik dat jy so praat nie; want ten eerste is jy self `n deurwinterde ouderwetse tipiese Romein en ten tweede bestaan daar `n sekere dwang waarteen mens egter nie met woorde of handelinge kan gaan nie! Hou jy daarom maar vas aan dit waaraan jy moet vashou, omdat dit baie voordelig vir jou is; en ons hou voorlopig nog steeds aan dit vas wat vir ons `n sekere voordeel oplewer, en laat dit eers volledig los, as ons van `n ander kant groot en blywende voordele aangebied word! Ons is nie bepaald entoesiaste vir ons saak wat al op allerlei maniere behoorlik in diskrediet geraak het nie; maar wanneer ons - soos wat gesê is - van `n ander kant groot voordele gebied word wat blywend is, dan kan ook ons netsowel soos, volgens ons wete reeds baie kollegas van ons wat troueloos teenoor die tempel gehandel het, ons ou bouvallig geworde instituut die rug toekeer en, as dit nodig is, ook met talle ander die timmerbaas uit Násaret as `n God aanbid!

[2] Daar het ons egter werklik geen wonderwerke voor nodig nie, maar slegs reële aardse voordele; maar dan kan mense ook van alle kante van ons vir alles gebruik maak, te meer aangesien ons, as mense van die wêreld, maar al te goed en duidelik deur tallose ervaringe weet wat mens van die kern van elke godsdienstige leer moet dink. Wonderwerke is `n ou middel om die onervare kinders van die aarde te oordonder. Waarom sou dit in hierdie tyd, waarin nog buitengewoon baie mense blind is, waardeloos geword het, veral wanneer hulle op `n geraffineerde wyse dan in die oudheid verrig word, en nog meer wanneer die hoogste maghebbers daaraan deel het, en dit seker nie sonder redes wat natuurlik baie geheim gehou moet word nie?! Want `n godsdienstige leer waaraan `n mens vashou, is vir regeerders immers altyd meer werd as tienduisend groot kerkers en twintigduisend legioene dapper soldate.

[3] `n Godsdienstige leer wat goed aanmekaar gesit is, spoor blinde mense aan tot aktiwiteit waardeur `n staat en sy vors gou ryk en magtig kan word, terwyl die talle kerkers en skerp swaarde wat alle mense vroeër getref het, hulle passief maak. Vir iemand wat in `n staat leef en hom om politieke redes tot `n godsdienstige leer moet wend, maak dit - as hy geen dwaas en geen vyand van homself is nie, - uiteindelik nie saak of hy JaHWeH, Zeus of selfs die timmerman uit Násaret as God aanbid nie; want die beter wette vaardig die maghebbers immers altyd onder die blywende titel as 'God se gebooie’ uit! Hulle kan self dan nog doen wat hulle wil, en plaas hulleself, indien nodig, ook dadelik bo alle mooi gebooie van die gode.

[4] As ek met my geloofsbelydenis `n voordelige ruil kan doen, dan ruil ek dadelik, soos wat elkeen van ons sal doen; as daar egter in die nog taamlik voordelige omstandighede waarin ons onsself nou bevind, sonder vergoeding iets van ons afgeneem word, - ag, dan sal ons onsself dit ook met alles wat ons ten dienste staan, afweer en weet om dit reg te stel! Want dit is `n kwessie van 'syne' of nie ‘syne' nie.

[5] As ons met ons instituut van geen besondere nut meer vir die regering sal wees nie, dan moet hulle ons na behore skadeloos stel en dan kyk ons seker nooit meer om na die hele tempel met alles wat daarby behoort nie! Wat sal ons dan besorg wees wat die keiser met die tempel gaan doen? Vir die Essene sou hy baie goed te gebruik wees. Hulle sou hom dan maklik met hul nuwe Indiese wonderwerke kan verander en `n tienvoudige opbrengs daaruit kan kry! Ons verstaan tog nie meer die kuns so goed nie en word deur die Essene orals ten seerste van elke skandelike bedrog verdink. En waar `n teokratiese instituut eenmaal deur `n ander party deur en deur verdag gemaak word in sy misteries, word die mure daarvan reeds uitgevreet, al is dit nog hoe sterk, en daardeur sal en moet hulle, al is dit ook langsaam, tog maar verseker vernietig en ten gronde gerig word.

[6] So `n instituut lyk soos iemand wat `n towenaar is. Daar hoef maar net `n tweede, jaloerse towenaar te kom en enige verstandige mens in die ore te fluister: 'So en so beoefen die bedrieglike towenaar sy kunste uit!' en hul dan ook prakties te laat sien dat sy verdagmaking reël is, en dan kan die verraaide towenaar maar eerder vinnig van daar af weggaan, voordat die saak algemeen bekend word, anders sal dit sleg met hom gaan! Geseënd is diegene wat `n magtige beskermer het! Sonder so iemand is dit binne enkele dae met al sy toordery afgeloop en kan hy in die gunstigste geval op `n houtjie gaan byt. Hy sal hom natuurlik ook solank moontlik verweer - maar hom nooit van sy ondergang kan red nie!

[7] Want wat eenmaal verdag is, produseer niks meer nie; wat ook baie begryplik is, want `n towenaar kan sy kunste maar net met natuurlike middele tot stand bring, wat as hulle verdag gemaak is, dan ook noodsaaklikergewys heeltemal waardeloos moet wees en te sleg sal wees vir die grootste dwaas om plesier daaruit te beleef, en `n wyse mens natuurlik nog minder. Maar diegene wat nie op hoogte is en ook nie kan wees van die beginsel waarop dit berus nie, moet dit wel as suiwere wonderwerke beskou en hom daaroor verbaas en daarvoor betaal; want hy moet aan homself beken dat dit hier, volgens sy begrip, nie op natuurlike wyse gaan nie. As hy dan egter deur iemand wat verstand het, daarvan oortuig word dat die wonderwerk, waarna hy met verbasing gekyk het en waarvoor hy so baie betaal het, omdat dit oor iets buitengewoons gaan, tog op baie natuurlike wyse tot stand gebring was, dan is hierdie towenaar vir hom geen wonderdoener meer nie en hy staan dan as `n gewone bedrieër voor sy vroeëre bewonderaars. Kan hy hom ooit voor sy vroeëre beskermheer skoonwas? Ek sê: Nooit as te nimmer nie! Dit is verby met hom, vir altyd!

[8] En omdat `n teosofies-teokratiese instituut feitlik niks anders is as goeie gekondisioneerde toordery, gehul in allerlei misterieuse nie, maar op homself niksseggende seremonies en `n legio wyse spreuke, leerstellinge en wette, staan dit ook onvermydelik dieselfde lot te wagte soos wat elke enigsins swak geworde towenaar elke dag kan verwag. Deur dit alles, my ou vriend Markus, sal jy wel maklik die suiwer rede sien waarom dit vir my persoonlik nie saak maak met watter goeie godsdienstige leer ek te doene het as ek maar die beste voordele vir die lewe daarin sien nie; maar as dit nie duidelik na vore kom nie, soos wat hier die geval skyn te wees, dan kan niemand my tog kwalik neem dat ek my instituut so goed as wat ek kan verdedig, solank dit my `n goeie bestaan bied. Dat die verdediging slegs binne beskeie grense van die moontlike moet bly, sal met die oog op die magtige Romeine hopelik nie moeilik vir jou te verstane wees nie. Ek dink nou ook dat jy hierdie geskiedenis hier nie meer ernstig vir my as `n suiwer wonderwerk sal wil laat glo nie?!

[9] Ag, wanneer jy my, soos ek jou glo en teen jou huigel, baie duidelike voordele kan bied, dan kan jy vir my sê: 'Sien, hierdie Nasarener het nie net dit alles nie, maar ook hierdie see met alle visse baie plotseling enkel alleen deur sy wil laat ontstaan, en trouens hierdie hele aarde eers twee jaar gelede geskape!' en ek sal dit van jou glo! Wat ek jou hiermee wil sê, sal jy ook sonder enige nadere uitleg seker baie goed verstaan het.'"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205