Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Pyn, siekte en dood

75 EK sê: "My vriend, wil jy iets te wete kom wat nòg jy, nòg iemand anders, eintlik hoef te weet nie, omdat dit algeheel alleenlik My saak is, wat soveel sê as: Dit is die saak van die ewige Vader in die hemel, dus `n orde waarop selfs Ekself in liggaamlike opsig geen uitsondering mag, kan en sal toelaat nie!

[2] Wie in die vlees gehul is, sal dit ook weer moet aflê, met of sonder pyn, dit maak heeltemal nie saak nie; want as mens die liggaam afgelê het, het alle pyn wat mens op hierdie wêreld voel, opgehou. Want die lug wat die siel van `n mens in die ander wêreld sal inasem, sal `n heel ander wees as die lug van hierdie materiële wêreld hier. Waar geen dood meer bestaan nie, is daar in werklikheid ook geen werklike pyn nie, omdat liggaamlike pyn altyd maar net veroorsaak word deurdat die siel haarself gedeeltelik van die liggaam losmaak.

[3] Daarmee wil Ek egter nie sê dat `n siel in haar suiwer toestand sonder gevoel en gemoedsbeweging is nie - want as sy dit nie het nie, sou sy immers dood wees; maar sy sal in die wêreld, wat in ooreenstemming met haar wese is, niks vind wat haar benoud, beknel, beklem en bedruk en daardeur `n pynlike gevoel veroorsaak nie en daarom sal sy ook nooit pyn waarneem nie.

[4] Of is `n volkome kerngesonde mens soms in sy liggaam nie ontvanklik vir die gevoel van pyn nie, omdat hy nog nooit die ongeluk gehad het om siek te wees nie en nog nooit deur iemand geslaan of gesteek is nie?! By hom ontbreek maar net `n oorsaak wat pyn opwek.

[5] Die belangrikste oorsaak vir pyn, wat altyd maar net deur die siel en nooit deur die vlees gevoel word nie, lê dus in die druk wat `n te traag en derhalwe ook te swaar geworde liggaam op `n lewensgedeelte van die siel uitoefen.

[6] Daarom is elke siekte tydelik te genees as mens verstaan om die massa van die vlees te verlig; maar vir die liggaam wat oud word, bestaan daar geen verligting meer nie, alhoewel iemand wat in goeie orde leef, oor die geheel geneem, nog tot op baie hoë leeftyd weinig oor pyn te vertel sal hê. Sy liggaam sal tot op die laaste uur nog heel soepel en buigsaam bly en die siel sal haar geleidelik baie sag van die liggaam kan losmaak volgens die eintlike, beste en ware orde. Sy sal weliswaar ook nie verlang om haarself, selfs op die hoogste leeftyd wat op aarde moontlik is, van die liggaam los te maak nie; maar wanneer vir haar duidelik die hoogs verneembare roep uit die hemele wat aan haar die grootste geluksaligheid sal bring, sal klink: “Kom uit jou kerker na die volledig vrye, ewige, ware lewe!”, dan sal sy geen sekonde huiwer om haar bouvallige, aardse huis te verlaat en haar na buite te begewe na die ligvelde van die ware, ewige lewe nie.

[7] Wel, dit sal julle met geen enkele kruiesap en ook nie deur die mag van My Naam ooit kan verhinder nie, omdat dit nie die wil van My Gees kan wees nie. Julle sal in staat wees om ware wonderwerke te verrig met die krag van My Naam, maar net in ooreenstemming met My wil wat hom duidelik in julle harte kenbaar sal maak en nooit in stryd daarmee nie. Daarom moet julle ook veral My wil, wat waarlik `n wil van God is, volkome tot julle wil maak, dan is dit onmoontlik dat iets julle misluk wat julle vanuit My en dus vanuit My ewige orde sal wil doen.

[8] Daarom kan daar ook geen sprake daarvan wees, dat iemand as gevolg van die geneeskrag wat aan julle verleen is in en deur My Naam nooit sou kon sterf nie. Ook moet julle nooit van iemand genesing weghou as My Gees julle in julle harte sal ingee: “Laat hom gehelp word!”; maar as die Gees egter sal sê: 'Laat sy vlees hom bly kwel, sodat sy siel genoeg daarvan kry om hom nie oor te gee aan die genietinge van die vlees nie!”, laat hom dan en genees hom nie van sy liggaamlike kwaal nie - want dit moet hy dra tot heil van sy siel!

[9] En nou sien jy dus, dat jou besorgdheid ietwat onnodig was! Wandel daarom in My korrekte orde, dan sal alles vir jou wel duidelik word! Het jy dalk nog meer probleme, praat dan voordat ons gasheer met die maaltyd uit die nuwe kombuis sal kom!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205