Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die wese van Satan en van die materie

70 EK sê: Wat jy onder dit alles, wat nou nog onbegryplik vir jou is, moet verstaan, sal jy vind in die boek wat die jongeling aan jou deur Ruban gegee het; verder sou die teenstellinge soos byvoorbeeld gees en materie, lewe en dood, liefde en haat, waarheid en leuen, jou tog alreeds `n klein vingerwysing kan gee dat dit alles `n ontstaansgrond moet hê, omdat dit andersins nooit in die een of ander waarneembare verskyningsvorm sou kon tree nie!

[2] As die kwaad nie een of ander ontstaansgrond sou gehad het nie, waarvandaan sou dit dan in die bewussyn van die mense moes kom? Aan die hand hiervan sal jy met die geoefende denkkrag van jou brein tog wel begin te sien dat nie alles  - soos: waarheid en leuen en meer van dergelike teenstellinge – nie die hoogste en beste Godswese in die skoene geskuif kan word nie!

[3] Of kan jy aanneem dat God, die hoogste en diepste waarheid Self, leuenagtige neigings in die hart van die mens geplaas het, sodat dit dan sondig teen God se orde en onrein word in alles wat Hy sê en doen? O, inteendeel! God het die mens geestelik na Sy ewebeeld geskape, dus suiwer, waar en goed.

[4] Omdat die geestelike mens egter ook vir sy verdere bestaan om bepaalde redes die weg van die vlees moes deurmaak, moes hy dit aan die materie van die aarde ontleen, volgens die beskikking van die allerhoogste Gees van God; terwille van die menslike gees is in die vlees van die mens `n teenwig gelê wat die gees op die proef stel en die teenwig heet versoeking!

[5] Dit is egter nie net in die vlees van die mens gesetel nie, maar in alle materie; en omdat die materie nie is wat dit vir jou voorkom nie, is dit teenoor die mens wat homself op die proef stel, leuens en bedrog, dus `n skyngees wat daar is en nie is nie. Dit is daar, omdat die verleidelike materie vir die vlees van die mens daar is; maar dit is ook nie daar nie, omdat die materie nie is wat dit skyn te wees nie.

[6] Sien en begryp dit reg! Hierdie droggees, deur en deur leuen in sigself, is nou die gees van die hele wêreld van die materie en is dit, wat ‘Satan’ of “die ‘opperste duiwel van die duiwels’ heet. Die ‘duiwels’ egter is die afsonderlike, spesifieke, bose geeste van die algemene gees van die kwaad wat nou aan jou getoon is.

[7] `n Mens wat dus liefde vir allerlei materie verkry en deur sy handelswyse hom heeltemal daarin wortel, sondig teen God se orde, wat die bestaan van die mens maar net tydelik op `n materiële bodem geplaas het om met gebruikmaking van sy algeheel vrygelate wil die stryd daarmee te voer en sterk te word vir die onsterflikheid. En die gevolg van die sonde is die dood, of die nietigwording van al diegene wat hulle die siel van die mens onregmatig uit die materie toegeëien het, omdat alle materie, soos wat Ek jou laat sien het, as dit wat dit blyk te wees, nie is nie. 

[8] As jy dus die wêreld en sy gewerskaf liefhet en jou wil verryk met sy skatte, lyk jy soos `n dwaas aan wie in alle erns `n mooi pragtig versierde bruid voorgestel word, wat hy egter nie wil hê nie en na wie hy ook geen verlange koester nie; maar wat hom wel met die vuur van `n blinde fanatikus op die skaduwee van die bruid werp en hierdie skaduwee buitengewoon liefkoos! Maar as die bruid dan die dwaas sal verlaat, sal haar skaduwee natuurlik ook met haar saamgaan! En wat sal daar dan vir die dwaas oorbly? Natuurlik niks nie!

[9] Wat sal hy dan weeklaag, die dwaas, omdat hy verloor het wat hy so liefgehad het! Maar dan sal mens aan hom sê: “Blinde dwaas, waarom neem jy dan nie die volle waarheid in plaas van die skaduwee daarvan nie, wat tog duidelik niks was nie?!” Wat kan die skaduwee ook anders wees as `n gebrek aan lig, wat elke vaste vorm aan die teenoorgestelde kant van die lig veroorsaak omdat die ligstraal nie deur die vaste en digte massa kan dring nie?

[10] Wat jou skaduwee egter vir jou is as jy in die lig staan of loop, dit is alle materie met sy skatte vir die gees! Die materie is `n noodwendige bedrog en in sigself `n leuen, omdat dit nie dit is, wat dit vir die sintuie van die liggaam blyk te wees nie.

[11] Dit is egter juis `n oordeel vir die leuen en die bedrog, dat die materie homself vir die oë van die gees as iets verganklik en net as `n uiterlik ooreenkomstige skadubeeld van die innerlike diepe waarheid moet manifesteer, terwyl hy volgens die blinde liefde van die siel vir die wêreld liewer in `n realiteit sou wou bly, wat hy blyk te wees."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205