Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die voorsienigheid van God en die vrye wil van die mens

3 RAFAEL sê glimlaggend: “Jy het wel `n klein vermoede daarvan gekry; maar met jou “noodwendige gevolge” en met ons “noodwendige voorsieninge” en “langdurige voorbereidings” is jy op `n dwaalspoor, waarvan `n paar duidelike, tasbare voorbeelde jou dadelik volkome sal oortuig! Kyk hier oral rond, bepaal `n plek en eis van my volkome volgens jou vrye willekeur, waar en watter soort boom of bome, volgroeid en ryk belaai met ryp vrugte, jy wil hê! Of wil jy verskillende soorte hê? Kortom, sê dit, dan sal hulle ook onvoorsien en onvoorbereid blywend bestaan en `n duisend jaar sal nie in staat wees om die spore van hul bestaan volledig uit te wis nie! Sê dus wat jy wil hê, dan sal jy dadelik `n ware wonderwerk sien wat nog nooit op een of ander wyse voorberei en voorsien is nie!”

[2] MARKUS sê: "Ja, ja, my vriend, dit sou alles goed en wel wees, as jy my dan maar daarvan ten volle kan oortuig, dat ek nou volkome vrye mag het om te wil en te verlang! En dit sou vir jou ten slotte wel baie moeiliker kon wees as wanneer ek verskillende soorte vrugtebome op `n willekeurige plek sou verlang! Jy het my dit sterk laat betwyfel of selfs julle, almagtige geeste, sonder voorsiening en voorbereiding in staat is om in `n sekere sin uit niks `n suiwer wonderwerk tot stand te bring! Ek wil dit nie heeltemal uitsluit nie, maar gesien volgens alles wat daar ooit op hierdie aarde was, is en ook sal wees, is dit wel baie moeilik om te glo, omdat God se alwetendheid alreeds ietwat te luid sy stem daarteen laat hoor en mens tog nie daarteen kan kom met die moontlike, niksseggende bewering asof God opsetlik vir `n bepaalde saak Sy alwetendheid willens en wetens nie sou ingespan het nie. As God Hom egter nie van ewigheid af volledig onwetend gehou het ten opsigte van hierdie punt, dat Sy engel RafaEL op `n tydstip hier op versoek van `n mens bome deur `n wonderwerk sal laat ontstaan, dan sal dit ook net so moeilik wees om te bewys dat hierdie wonderwerk nie ook al van ewigheid af voorbestem en voorberei was nie! Dit was sekerlik algeheel gewis geestelik wel voorsien!”

[3] RAFAEL sê: “Maar dit maak immers ook nie saak nie, as dit net nie voorberei is om in die materie tasbaar te manifesteer nie! Bowendien is die wil van die mens tog immers sodanig vry, dat nòg die Heer, nòg ons ooit iets sal doen om dit ook maar in die minste te steur deur `n voorsiening en nog minder deur voorbereiding. Jy kan dus volkome daarvan verseker wees, dat jou hele vrye wil in sy wese nie voorsien is en nog minder op enige wyse voorberei is. Vra daarom, dan sal jy sien dat die Heer hetsy Self, of deur my as Sy kneg van ouds, beslis sonder enige voorbereiding die vrugtebome, wat jy vrylik kan vra, in blywende vorm deur `n wonderwerk vir jou sal laat ontstaan!”

[4] MARKUS dink nou `n bietjie na en sê na `n rukkie: “Liewe vriend, moet dit dan juis almal vrugtebome wees? Ek sou tog toevalligerwys ook iets anders wou hê?! Sou dit ook deur `n wonderwerk kon ontstaan?”

[5] RAFAEL sê: “O sekerlik, vir ons is die een eweveel moeite as die ander! Vra wat jy wil en dit sal daar wees!”

[6] Na hierdie versekering het MARKUS nog `n rukkie heen en weer nagedink of iets hom nie sou byval waarmee hy die engel `n bietjie in die noute sou kon dryf nie. Maar omdat daar op daardie oomblik geen beswaar hom meer bygeval het nie, sê hy aan RafaEL: “Gee vir my dan hier `n beter bewoonbare en meer soliede huis, dit wil sê, `n behoorlike herberg vir vreemdelinge en plaaslike bewoners, `n goed omheinde tuin met allerlei vrugtebome daarin met smaaklike vrugte en moenie die dadels vergeet nie en in die tuin moet `n helder fontein vloei!"

[7] Die ENGEL sê: “Maar vriend, sal dit nie `n bietjie te veel op een keer wees nie?”

[8] MARKUS sê: “Aha, nie waar nie, my vriend, dit is al `n bietjie moeilik vir jou? Ja, ja, sonder voorsiening en voorbereiding sal dit miskien tog nie slaag om dit reg te doen nie! Maar ek wil jou nogtans nie dwing om enigiets te doen nie; wat jy nou deur `n wonderwerk kan laat ontstaan, doen dit en laat alle ander dinge wat ek gevra het, maar weg!”

[9] Die ENGEL sê: “Dit word presies so gemaak soos jy gevra het. En in die Naam van die Heer laat alles daar wees wat jy van my gevra het! Gaan en bekyk alles wat daar is en sê my daarna of alles so na jou sin is! As jy beswaar het oor iets, noem dit dan; want kyk, nou kan heelwat nog daaraan verander word! Môre sou dit te laat wees, omdat ons dan beslis nie meer hier sal wees nie. Gaan dus en bekyk alles goed!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205