Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Roclus kritiseer die Indiese en Judese godsdiens

30 ROCLUS: “Ja, ek het vroeër my mening te kenne gegee dat die menslike idee oor één God, in wie van ewigheid steeds die grootste intelligensie, die helderste verstand, die hoogste wysheid en die beste en almagtigste wil aanwesig is, wel tot die mooiste en menswaardigste gereken sou kon word. Maar die begrip van `n goddelike wese wat so buitengewoon volmaak is, sou as begrip ook baie suiwer moet wees, onafhanklik van die feit of hy heeltemal geestelik buitesintuiglik `n realiteit sou wees al dan nie! Maar onder watter dom en materialistiese begrippe word so `n goddelike wese aanbid en met watter soort liste en dikwels gruwelikste geweld word hy nie aan andersins nog nugtere, natuurlike mense ter aanbidding en diepste verering opgedring nie!

[2] As mens jou as ervare denker daarteen verset, heet dit: `n God moet daar wees, maak nie saak watter gesig hy het nie; `n goddelik waardige of ontsettend groteske dom gesig, dit is oor die algemeen dieselfde vir die totaal blinde mens! Maar is dit ook vir `n ontwikkelde, suiwer verstand dieselfde? Ek glo dit nie, want `n suiwer verstand is gegrond op `n matematies korrekte, logiese orde en kan hom ondanks alle dwang nooit voorstel dat `n meester wie se besonder kunstige, ordelike werk getuig van groot kennis en deeglike ervaring wat hy moes besit het om sulke skitterende en buitengewoon ordelike, vernuftige werk tot stand te bring, nog baie dommer en stompsinniger kan wees as die allerdomste vis in die water!

[3] Maar, waarom sê mens, sou ek dan dink dat `n godheid wat deur miljoene mense ten diepste vereer word, so ontsettend dom sou wees? Nee, luister, geëerde vriend, daar is waarlik nie soveel daarvoor nodig nie! Ek praat nou heel openlik wat uit my hart opwel. As ons die gebooie van ons bekende godhede eers gesien het en gekyk het na wat ons aan afbeeldings van hulle het, dan is dit al voldoende! Meer hoef mens in die geheel nie daaroor te sê nie.”

[4] Toe sê CIRÉNIUS: “Nou, teen die Mosaïese wet van die Judeërs sal jy hopelik tog niks kan inbring nie?”

[5] ROCLUS sê: “Dit is stellig nog die beste van alle gebooie wat ek, as van gode afkomstig, aangetref het. Vir die Goddelike Eenheid is baie te sê en die voorskrifte, ook al is hulle nie uitputtend nie, is so mensliewend moontlik en het `n groot ooreenkoms met dié van die ou Egiptenare; behalwe dat Moses `n baie wyse voorskrif van die ou Egiptenare nie weergegee het nie! Dit is mooi en lofwaardig dat die Godheid aan Moses van Hom `n voorskrif vir die kinders gegee het, hoe hulle hulleself teenoor hul ouers moet gedra; maar Isis van die Egiptenare het ook `n eg wyse voorskrif aan die ouers gegee, hoe hulle hulleself teenoor hul kinders moet gedra, omdat ook kinders mense is en van hul verwekkers bepaalde dinge wat hul toekom, met reg moet kan verlang; want hulle het hulle nie self verwek op hierdie wêreld nie en mens het hulle vooraf nie gevra of hulle dit wel daarmee eens was om dikwels onder baie bittere omstandighede op die wêreld geplaas te word nie. Kortom, die klein, swak, nuutgebore mense vind by Moses wel `n voorskrif vir hul gedrag teenoor hul ouers, maar hulle het daar geen riglyn teenoor die kinders nie en dus staan hulle sonder regte teenoor hul ouers, soos slawe teenoor hul here. Deur Moses is ook in hierdie opsig wel latere bepalings bygevoeg; maar in die aanvanklike wet wat op die berg deur God gegee is, staan niks daaroor nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205