Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Wat aan die ander kant die lot is van die materieel geworde siel

71 DIE MEESTER: “En as dit so is, watter nut het dit dan vir die siel, as sy vir die liggaamlike mens alle materiële skatte van die aarde sou verkry en haar dus sou verdiep in die vlees en sy gemene, dierlike hebsug, maar dan in haar geestelike sfeer skade sou ly en die realiteit van die ware lewe sou verloor?! Waarvandaan moet sy dan aan die ander kant iets neem om egter iets te kan word, noudat sy met die ‘niks’ van die materie self tot ‘niks’ geword het?!

[2] Ja vriend, vir diegene wat het, is alles wat hy kry wins, sodat hy dan altyd nog meer sal hê! Maar dit is heel anders gesteld met diegene wat in sigself niks is en niks het nie! Hoe moet mens dan iets kan gee aan die een wat hom voorheen deur die leuen laat vang en tot ‘niks’ laat maak het nie?!

[3] Of kan jy vloeistof in `n bak gooi wat net in jou gedagtes bestaan en verder nêrens nie, of - as daar wel `n bak is - dit egter aan alle kante soveel gate het, dat hulle nouliks te tel is? Sal daar ook maar een druppel daarin bly?

[4] Ag, sou die materie in sigself, soos wat hy is, `n blywende en onveranderlike realiteit gewees het - wat egter onmoontlik is, - dan sou hy as sodanig waarheid gewees het en wie hom sou verkry en besit, sou dan in die besit gewees het van `n waarheid; en sou die siel oorgaan in die materie, dan sou sy `n ware en blywende realiteit geword het!

[5] Omdat materie egter maar net `n oordeel van die geestelike is, wat nie blywend kan en mag wees nie, maar net kan en mag duur solank die geestelike oerelement sigself hierin versamel, sigself daarin leer ken en dan na die verkryging van voldoende krag die materie om hom heen oplos en dit in die ooreenkomstige geestelike verander, daarom moet `n verwêreldlikte en materieel geworde siel uiteindelik die lot van die materie deel.

[6] Word die materie opgelos, dan gebeur dit ook met die siel. Sy word, in elk geval vir die grootste deel, opgelos in die substansiële, psigo-eteriese oerkragatome en daarby bly daar vir die eintlike siel na die afval van die vlees niks anders oor as die een of ander liglose en dikwels byna lewelose skeletagtige grondtipe van `n dier, wat nie die minste gelykenis het met die wese van `n mens nie.

[7] So `n siel bevind haarself dan in `n toestand wat die oeraartsvaders, wat begaafd was met die vermoë om geestelik te sien, ‘SHE OULA’ (hel = dors na lewe) genoem het, wat `n baie ware en korrekte benaming was.   

[8] Daarvolgens is ook die hele aarde en kortom alles wat jy met jou materiële sintuie ook maar kan waarneem, `n ware ‘SHE OULA’. Dit beteken vir die siel, wat `n gees is of liewer moet word, die dood; want wie opgehou het om die een te wees wat sy was, is ook soos die een wat sy was, volledig dood.

[9] `n Siel is dan na die afval van die liggaam ook dood as sy om die juis nou genoemde redes alles, wat haar aan `n menslike wese eie was, byna totaal verloor het en daar hoogstens `n dierskelet van haar oorgebly het. Daar sal weer vir jou ondenkbare tye moet verstryk voordat so `n siel, wat heeltemal in materie versink het, `n mensagtige wese word; en hoe lank sal dit duur voordat daar uit so `n siel weer `n volledig mens sal groei? 

[10] Jy dink nou sekerlik, dat by God alles ook in `n enkele oomblik moontlik moet wees. Ek sê aan jou daarop, dat by God inderdaad wel alle dinge moontlik is. Indien God poppe en outomate wil hê, dan is een enkele oomblik genoeg om die hele sigbare ruimte daarmee te vul!

[11] Maar al hierdie wesens sal geen eie, vrye wil hê en geen eie, in sigself selfstandige, selfwerksame lewe nie. Hulle sal hulle maar net beweeg volgens God se wil wat deur hulle heenstroom. Wat hulle sien, sal wees wat God sien, hul gedagtes sal die gedagtes van God wees. Sulke skepsele sal wees soos die afsonderlike ledemate van jou liggaam, wat hulle sonder jou bewussyn en jou wil absoluut nie self kan beweeg en aktief kan wees nie.

[12] Is dit nie heel anders met jou kinders gesteld nie, wat ook uit jou vlees en bloed voortgekom het nie? Hulle wag nie meer op jou wil nie; hulle het `n volledige eie lewe, bewussyn en wil. Hulle sal jou wel volg en leer en gebooie van jou aanneem, maar nie ooreenkomstig jou wil nie, maar altyd net volgens hul hoogste eie wil, sonder dat jy aan hulle net so weinig sou kon leer as aan `n beeld wat uit klip gebeitel is of `n klip!

[13] En kyk, skepsele met `n vry bewussyn en `n vrye wil, wat vir hulleself verantwoordelik moet wees en hulleself moet vervolmaak, om daardeur dan ook vir ewig vrye en selfstandige wesens te bly, moet deur God ook so geskape wees dat dit vir hulle moontlik gemaak word om so-iets te kon bereik!

[14] Deur God mag hier net in sekere sin die saadjie geskape word, wat toegerus is met alle denkbare lewensvaardighede, wat dan in `n huls ingesluit word; die verdere, vryer lewensontwikkeling en die vorming daarvan moet aan die saadjie self oorgelaat word. Hy moet ook die lewe uit God wat van buite daaromheen stroom, self na hom toe aantrek en daaruit `n eie, selfstandige staande lewe vorm.

[15] En kyk, so-iets gaan nie so gou as wat jy dink nie, omdat die embrionale lewe as sodanig nie so magtig en daadkragtig kan wees as die allervolmaakste lewe sedert ewigheid in God nie!

[16] En omdat elke siel, ook al is sy hoe verdorwe, altyd dieselfde bestemming het, kan sy in die hiernamaals met betrekking tot haar lewensheil ook op geen ander manier gehelp word nie as waarop sy haarself met die weinige middele wat haar nog ter beskikking staan, self kan help en volgens God se ewige orde ook self moet help.

[17] Hopelik het Ek dit nou duidelik en helder genoeg aan jou verduidelik wat dan eintlik Satan is en die hel en wat die eintlike ewige dood is en jy sal nou wel nouliks meer `n vraag hê oor iets wat vir jou nie voldoende duidelik is nie. Maar indien daar egter tog nog iets sou wees wat jy nie begryp nie, vra dan; want sien, die son gaan byna onder en dan sal ons die aandete nuttig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205