Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die vraag oor die verlossing van die onwetendes

231 EPIFANUS sê: “Groot Majesteit en Heer! Groot was U wonderwerk van voorheen vir ons liggaamlike heil, maar nog groter is U wysheid in die leer wat U ons nou gegee het; want dit bewys aan ons U Goddelikheid onvergelykbaar baie meer intensief. Met die wonderwerk toon U ons wel onmiskenbaar dat U met die Krag en Mag van God vervul moet wees, omdat so `n werk vir U andersins onmoontlik sou wees; maar met hierdie lering het U ons laat sien dat U regstreeks Self die Een is wie se gedagtes en idees die bepaalde, gerigte, vaste teenpool vorm!

[2] Ek, en seker ook Asiona en Hiram het nou baie goed verstaan wat U, o Heer, vir ons gesê het op ons sekerlik baie belangrike vraag, en ons sien nou in hoe sake staan, en dat dit eintlik onmoontlik anders kan wees. Maar juis die punt laat `n ander vraag opkom wat vir die hele mensdom van hierdie aarde belangrik is.

[3] Sien, groot Majesteit en Heer! Ons weet nou wat die mens te doen staan om, wat die siel aanbetref, nie verslind te word deur U teenpool nie, wat sekerlik `n hoogs treurige lot is vir elkeen wat hom nie daarvan kon gered het nie. Ons ken, deur U barmhartigheid en buitengewone groot goedheid, die korrekte weg en sal dit verseker en veilig bewandel. Maar wat gebeur daar met alle ander tallose mense wat hierdie groot aarde bewoon? Hulle weet niks van wat U nou aan ons onthul het nie! Hoe talloos baie het daar nie al sedert die begin van die mensdom op hierdie aarde vóór ons oorgegaan, en watter tallose aantal sal daar nie nog na ons oorgaan nie!

[4] Hulle wat vóór ons was, het sekerlik niks van hierdie leer af geweet nie, en het volgens hul materialistiese neiging geleef. Wat anders kan hulle lot aan die anderkant wees, as om treurig gevange geneem te word deur U teenpool? Wie sal en wie kan hulle daaruit verlos en wanneer? Hoe klein is byvoorbeeld, oor die geheel geneem, die aantal mense wat, omdat hulle oorspronklik al meer geesteliker was, hulle ook makliker na die suiwer geestelike kon gerig het en daarom na die treurige aflê van die materiële liggaam baie maklik en sonder moeilikheid in U hoofpool kon oorgaan? As ek hulle volgens die boeke, waarin die vrome en suiwer geestelik groot mense opgeteken staan, alles bymekaartel, kom ek uit op miskien sowat honderd duisend! Maar wat is dit vergeleke met die enorme aantal van hulle wat almal vir ondenkbare lang tye deur die teenpool verslind was? Dan vra ek tog elke enigsins weldenkende en redelike mens, of dit vir die ongelukkiges nie beter sou gewees het om nooit gebore te gewees het nie?

[5] Dieselfde sal dalk ook met hulle gebeur wat miskien nog `n halwe ewigheid na ons die lig van die wêreld sal sien. Hulle sal ook wel baie onduidelik geworde begrippe van U leer te siene kry; maar wie sal hulle, soos wat U nou Self by ons doen, daaroor nader en duidelik kan onderrig? En as so `n buitengewone leer nie helder en duidelik onderrig word nie, sal dit ook moeilik deur iemand as `n lewendige inset en as rigsnoer vir sy handel geneem word, en die materie sal op die manier, soos tot nou toe, steeds die groot oorwinnaar wees.

[6] Die huidige grootse leer wat U vir ons gee, is weliswaar buitengewoon groot en gewyd; maar hierdie leemte in haar bestaan onmiskenbaar, die sou ek graag aangevul wil sien deurdat U in U goedheid `n antwoord vir my gemoed sal gee op hierdie baie belangrike vraag! As dit U goeie en heilige wil is, gee U ons dan ook hieroor `n korrekte uitleg!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205