Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 264

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die heilig van die Sabbat

264 Toe Ons die oggend vroeg ontwaak het, was elkeen in die huis reeds druk besig; op die kookplek brand reeds `n lewendige vuur, waar verskeie panne omheen staan waarin allerlei gekruide spyse vir Ons, en die mense in die huis gekook word; daar was ook visse, en wel die beste en mooiste bergforelle. Die genese dogter was die allerbedrywigste by die vuurherd, en was druk besig om so gou moontlik `n goeie oggendete vir Ons voor te berei. Toe sy My sien, hardloop sy uit liefde gewoonweg op My af en bedank My nogmaals vir haar genesing.

[2] Maar Ek vra haar, hoe dit gebeur het dat hulle op `n Sabbat soos vandag, so kan werk?

[3] Daarop antwoord ELISA: “Majesteit en Heer, in die Skrif staan immers nêrens `n wet wat die mense verbied om op `n Sabbat vir God te dien nie!”

[4] EK sê: “Baie goed, - op `n Sabbat moet `n mens wel by uitstek God alleen dien; maar jy dien nou vol ywer vir My en My leerlinge! Is ons dan gode?!”

[5] DIE BEDRYWIGE DOGTER sê: “O Heer, U leerlinge is wel mense soos ons; maar U is God deur en deur wat ek nou maar al te duidelik insien! En as ek en alle ander hier in die huis met hul bedrywigheid nou vir U dien, dan ontheilig ons sekerlik nie die Sabbat nie?”

[6] EK sê: “Maar sê My, allerliefste Elisa, wie vir jou gesê het dat Ek `n God is! Want sien, as Ek `n God sou wees en JaHWeH in die hemel is tog ook `n absoluut waaragtige God, dan sou daar duidelik twee gode wees; maar in die Skrif staan tog uitdruklik: “Slegs Ek is jou God en Heer; daarom moet jy behalwe My, geen ander en vreemde gode hê nie!” Wel, hoe kan dit dan, wanneer ook Ek `n God sou wees?”

[7] Terwyl hulle druk besig was om die visse voor te berei, sê ELISA: “O Heer, dit kan baie goed tesame gaan!”

[8] EK sê: “Ja, maar hoe dan?”

[9] Sy sê: “Omdat U en die Vader in die hemel nie twee nie, maar geheel en al één is, en die hemel altyd en maar net daar is waar U, o Heer, is!”

[10] EK sê: “Maar wie het jou dit gesê, en wie het jou daarin onderrig?”

[11] Sy sê: “In die eerste plek Uself, Heer! “Vrede sy met jou en jou huisgenote!” en “God se ryk het naby gekom!”, dit is woorde wat maar net uit God se mond kon kom! Daarna kom U wonderdade, wat niemand behalwe God kan verrig nie! Dan het ek gister toe U, Heer, Uself ter ruste begeef het, met my vader nog baie oor die twaalfjarige Jesus in die tempel gepraat, en in JeshaJaH alle tekste wat op U betrekking het, deurgelees en toe het dit meer as sonneklaar geblyk dat U as die beloofde Messias, niemand anders is en kan wees as in U Gees JaHWeH van die Leërskare Self nie! Sien, Heer, dit is die redes waarom ek U nou beskou vir wat U duidelik is!”

[12] EK sê: “Wel, Ek moet jou gelyk gee, soos ook jou aardse vader; maar julle mag My nie voortydig aan julle bure verraai nie! En omdat julle My dus herken het, en met julle ywer vandag soos op `n Sabbat slegs vir My dien, kan jy werk; maar let daarop dat julle daardeur niemand van julle bure aanstoot gee nie!”

[13] ELISA sê: “O, daaroor hoef U Uself geen sorge oor te maak nie! Daardie punt het ons al lank agter ons. Ons verrig op `n Sabbat weliswaar geen swaar, slaafse arbeid nie; maar wat daar gedoen moet word, doen ons ook op elke Sabbat. Ons is nou nie meer onderworpe aan die gehuigel van die tempel, en die bybehorende selfsugtige wette nie, waarvan elke ryke hom vir `n bepaalde tyd kan vrykoop nie, maar ons wet is die waarheid en die goeie daarvan en dit verbied niemand om op `n Sabbat die allernoodsaaklikste vir sy huis te verrig nie.

[14] En as dit so noodsaaklik was vir die verkryging van die ewige lewe om volkome passief te wees, dan sou U, o Heer, seker aan alle mense die goeie voorbeeld gegee het deur op die Sabbat geen son, geen maan en ook geen sterre te laat opkom en te laat ondergaan nie, waartoe U met U almag seker in staat sou wees. En dan sou daar waarskynlik ook geen wind gewaai, geen wolke en newels opgestyg het nie, geen stroompie sou geloop het nie, geen see sou haar beweeg het nie, en ook die diere sou dan selfs as voorbeeld vir ons mense instinkmatig die hele Sabbatsrus in ag geneem het! Maar as mens die hele groot skepping maar enigsins goed waarneem, sien mens maar al te gou dat U op die Sabbat self werksaam is, soos op alle ander werksdae, en omdat ons volgens die Skrif God se kinders is, doen ons tog seker niks verkeerds wanneer ons in alles die goeie, heilige en liefdevolle Vader navolg nie!”

[15] EK sê: “Waarlik, soveel wysheid het Ek in jou as mens nouliks gesoek! Bly daarom soos wat jy is, en gee almal die goeie voorbeeld, soos wat die Vader in die hemel altyd aan alle mense die beste voorbeeld gee?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205