Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die Heer in die huis van Simon Petrus. (Evangelie van Matthéüs. Hoofstuk 18.)

Die grootste in die hemelryk. Oor die ergernisse. Evangelie van Matthéüs18:1-9

244 Toe ons so geëet en gedrink het en uiteindelik baie opgewek was, wat ongeveer `n uur lank geduur het, staan sommige leerlinge van hul stoele af op, kom na My toe en vra vir My: “Heer, U het ons nou baie vertel oor die eintlike hoedanigheid van die hemelryk, en dat daar verskillende vlakke van ewige geluksaligheid bestaan, waarvan daar sommige die naaste by God staan, ander verder verwyder van God, en weer ander in sekere sin die verste wegstaan van die barmhartigheidson. Ons vind dit baie korrek en in ooreenstemming met elke suiwer verstand; want ook in die hemele moet daar verskille wees, sowel wat die vorm aanbetref, asook die verskillende toestande van saligheid en salig. Ons sou nou egter graag van U wou hoor wie dan later in U hemele die eerste sal wees en soos wat mens sê, die grootste, natuurlik na God.” (Matthéüs. 18:1)

[2] In die huis van Simon Petrus was daar enkele klein kinders van die buurt; één van hulle roep EK na My toe en plaas hom direk in die middel van die vraende leerlinge (Matthéüs. 18:2) en sê aan hulle: “Waarlik, as julle julleself nie gaan afkeer van dergelike wêreldse, hoogdrawende gedagtes nie, en nie self nederig gaan word soos hierdie kinders nie, gaan selfs julle, ofskoon julle nou My leerlinge is, nie die hemelryk binne nie! (Matthéüs. 18:3)

[3] Wie homself gering sal ag soos hierdie kind en geen enkele spoortjie hoogmoed in homself sal vind nie, is die grootste in die hemelryk; want enkel en alleen die ware nederigheid van `n suiwer hart, bepaal die graad van saligheid in die hemele. (Matthéüs. 18:4)

[4] En wie so `n arm kind opneem in My Naam, waarlik, die neem Myself op! (Matthéüs. 18:5) En wie één van hierdie kinders, al is hulle hoe onaansienlik, ergernis gee deur wat ookal, terwyl hulle nou meer aan My glo as julle self, kan eerder met `n meulsteen om sy nek verdrink word in die see, waar dit die diepste is. (Matthéüs. 18:6) Waarlik Ek sê vir julle: Wee die wêreld vanweë haar ergernis; want hulle sal juis in dit wat hulle ergernis gegee het, haar onverbiddelikste regters vind!”

[5] Hier val `n leerling My in die rede en sê: “Heer, volgens wat U nou sê, sal dit in die hemelryk baie maer daar uitsien; want waar op aarde leef die mens wat homself nog nooit nie per abuis vir die een of ander kind vererg het nie? En ek ag dit moontlik dat wanneer niemand hom ooit vir so `n kind vererg het nie, hy tog op volwasse leeftyd instinktief deur sy eie ontwaakte drifte vererg sal word, en gedeeltelik ook deur die noodsaaklike kennismaking met die wette van Moses. Wil U ons daarom duidelik maak wat U ons met hierdie woorde, wat baie hard is, wil sê?” 

[6] EK spreek verder en sê: “Wees nie dwaas in julle denke nie! Welke ook maar enigsins wyse mens sal jou dit as sonde toereken, wanneer jy sonder om dit te weet en te wil, jou tog vir iemand vererg het?! Daar kom en moet weliswaar bepaalde ergerniswekkende sake in die wêreld kom, maar hierdie word van bo toegelaat; maar hier sê Ek net: Wee diegene, wat moedswillig en met kwade opset kom!” (Matthéüs. 18:7)

[7] Hier neem `n ander leerling weer die woord en sê: “En wat dan wanneer my eie natuur my vererg? Wie sal daarvoor tot verantwoording geroep word? Dit is tog duidelik die skuld van Hom wat my so `n ergerlike natuur gegee het!”

[8] Op hierdie vrypostige en taamlik brutale vraag van die enigsins opgewonde leerling word EK dan ook `n bietjie geprikkel en sê: “Goed, wanneer jy jou vir jou hand of jou voet vererg, kap beide dan af en werp hulle weg! Want dit is beter vir jou dat jy lam en as `n kreupele die hemelryk binnegaan, as dat jy met beide hande en voete in die ewige vuur gewerp word! (Matthéüs. 18:8) En as jy jou vir jou oog vererg, ruk dit uit en werp dit weg; want dit is beter vir jou dat jy met één oog die hemelryk binnegaan, as dat jy met twee oë in die vuur van die hel gewerp word!” (Matthéüs. 18:9)

[9] Hier verhef Petrus hom; want ook hy het moeite met hierdie leer en sê: “Maar Heer, herinner U Uself dan nie meer die woorde wat U by die arm vissers gespreek het oor die wese van die hel, oor die gerig en oor die ewige straf van die verlore siele nie? Ja, dit was lesse wat elke gesonde menslike verstand met die grootste vreugde moes begroet! Maar wat U ons nou in `n soort opwinding geleer het, laat al die vorige vervaag en die ou hel met haar ewige straf, satans, duiwels en vure staan weer net soos vroeër in totaal onveranderde vorm voor ons, en een geheel en al onversoenlike God het ons nou ook weer voor ons! Ek het dit wel geweet dat ons sekerlik weer by die oue sou terugkom, en die Indiërs met hul afskuwelike verminkende boetedoenings het derhalwe die enigste ware en korrekte lewens- en godsdiensleer!

[10] Kyk, gestel die geval dat ek my vir hierdie linkerhand van my nou vererg het! Sodat dit my egter nie uiteindelik nog `n keer kan vererg nie, neem Ek volgens U versoek `n byl en kap die hand af wat my vererg en wat my sonder die vinnige ingryping van `n arts sekerlik die dood sal besorg. Ek gaan egter van die gunstige geval uit dat ek genees word en weer baie opgewek sal rondloop. Maar dan begin my regterhand wat nog oor is, my `n keer te vererg. Volgens wat U nou geleer het, moet ek hierdie ook terwille van die hemelryk afkap wat nou egter suiwer onmoontlik is. Die vraag is dan wat ek in die geval moet doen om die hemelryk nie te verloor nie!

[11] My liewe Majesteit en Heer! Met hierdie leer sal dit nie gaan soos wat U nou gespreek het nie! Of daar `n ander betekenis agter skuil, is `n vraag wat selfs vir die mees wyse mens moeilik te beantwoord sal wees. Voordat hy hierdie leer dus sonder meer, soos wat U haar nou geformuleer het, ernstig as waar en wetlik aanneem, sal hy baie tyd nodig hê, en seker aan sy ou leer vashou. Hoe waardevol U hemelryk ook is en kan wees, ek wil dit self wel deur alle moontlike selfverloëning verdien, maar nooit deur hande en voete af te kap en oë uit te ruk nie! In plaas daarvan kan mens hom beter dadelik van die hele lewe beroof, dan is mens heeltemal veilig van alle ergernis!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205