Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 255

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verbod van egskeiding. Evangelie van Matthéüs. 19:3-9

255 Toe ons die oggend goed uitgerus en versterk van ons af rusplek opstaan en na buite gaan, was ons herbergier ook al op en beide knegte van Petrus bevind hulle ook al op die skip om spoedig weg te vaar. Maar ons sê vir hulle dat hulle nog op hul oggendbrood moes wag, wat ons herbergier hul ook dadelik laat oorhandig. Toe vaar hulle weg, omdat ons die skip nou vir `n lang tyd nie meer nodig sou hê nie.

[2] Op uitnodiging van ons herbergier gaan ons ook nou na die oggendete. Ons was nog maar nouliks hiermee klaar, of daar kom ook al ander mense om My, die Wonderman soos wat hulle sê, te sien en te spreek. Daaronder was ook Judeërs en Grieke en hulle vertel almal wat Ek alles deur My egte wil tot stand gebring het.

[3] Omdat daar, soos wat reeds vermeld is, ook Fariseërs in die huis oornag het, hoor hulle ook wat daar gisteraand alles afgespeel het; hulle kom baie gou tot die gevolgtrekking dat Ek, die reeds bekende timmermansseun uit Násaret moes wees. Hierop kom hulle ons kamer binne en begin om My met allerlei vrae op die proef te stel, waarop Ek hul steeds een uiters doeltreffende antwoord gegee het en hul monde snoer.

[4] Daar het enkele manne gewoon wat ontevrede was met hul vroue. Hulle verlang van die aanwesige Fariseërs die skeiding.

[5] Daarom stel een van die Fariseërs My weer `n vraag: “Luister, wonderbaarlike en alwyse Heer! Is dit wel reg dat `n man hom van sy vrou laat skei om `n bepaalde grondige rede?”(Matthéüs. 19:3)

[6] Ek kyk hom strak aan en sê: “Waarom stel julle hierdie vraag nou aan My? Het julle nie in die Skrif gelees dat Hy wat in die begin die mense gemaak het, dit so gereël het dat hulle slegs één man en één vrou was nie?! (Matthéüs. 19:4)

[7] En toe die eerste mensepaar voor Hom staan wat hulle gemaak het, en Hy wel sien dat die man groot welgevalle het aan die mooi vrou, spreek hierdie Een wat julle nog nooit geken het nie: “Kyk, daarom sal `n man in die toekoms sy vader en moeder verlaat en sy vrou aanhang, en hierdie twee sal tot één vlees word!” (Matthéüs. 19:5) En as dit volgens God se Woord so is, is hulle nou nie twee nie, maar één vlees. En wat God so saamgevoeg het, moet die mens nie skei nie!” (Matthéüs. 19:6)

[8] Toe sê die Fariseërs: “As U so goed tuis is in die Skrif, sal U ook wel weet dat dieselfde Moses, wat die skepping van die mens beskryf het, `n formele skeibrief nagelaat het, wat so goed as heeltemal wetlik is, en gebied het dat mens om `n gegronde rede moet skei van sy vrou.” (Matthéüs. 19:7)

[9] Daarop gee EK as antwoord: “Moses het julle wel `n skeibrief gegee, waarvolgens julle van julle vrouens kan skei; maar hy het dit slegs gedoen vanweë die hardheid van julle harte. Vanaf die allereerste begin van die mensdom op hierdie aarde was dit egter nie so nie, maar soos wat Ek dit vir julle in nou waarheid gesê het. (Matthéüs. 19:8)

[10] En verder voeg Ek nog die volgende daaraan toe: Wie van sy vrou skei, al is dit vanweë erge hoerery, en met `n ander vrou trou, pleeg egbreuk. En wie met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk. (Matthéüs. 19:9) En wat se sonde egbreuk is, weet julle al lank, daaroor hoef Ek julle geen verdere opheldering te gee nie.”

[11] Hierop verlaat die Fariseërs My sonder om verder `n woord te spreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205