Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Cyrenius se getuienis vir die Heer

149 CYRENIUS sê: 'Dit doen ek gladnie; want hierdie keer het jy die volle waarheid gepraat, wat andersins nie ligtelik uit die mond van `n Fariseër ontsnap nie, en dit stem my egter bly! Origens moet ek, wat die deur jou so gevaarlike genoemde profeet of selfs Seun van God betref, in die eerste plek opmerk dat Hy by julle deur bose tonge in opspraak gebring was, en ten tweede openlik beken dat ek die hoogs Agtenswaardige baie goed ken en jou die versekering kan gee, dat Hy `n hoogs onskadelike mens is, wat Hom, alle moeite getroos, Sy medemens tot heil is, selfs Sy allerergste vyande, wat julle kennelik is, ondanks die feit dat al julle listige bedrieëry, waarvan nóg `n Moses nóg `n Aäron ooit van kon gedroom het, vir Hom maar al te bekend is.

[2] O, Hy is `n egte Judeër, maar slegs in die suiwerste en egte Mosaïetiese betekenis! Maar waar is Moses, en waar is julle met julle nuwe, menslike voorskrifte? Hy is dus teen die nie-Mosaïetiese in julle, maar nie teen julle self nie! Daar het vanaf die volk al so baie verontrustende klagte na my toe gekom oor julle snode handelinge en bedrieëry, dat ek my werklik al enkele kere voorgeneem het om gewapenderhand vir altyd `n end te maak aan julle praktyke. Maar Hy het my daarvan weerhou! As Hy, wat van my hoogste en volste vriendskap bewus is, julle vyand sou wees, dan sou Hy sekerlik die grootste vreugde daaraan beleef het as Hy julle, deur my hand, binne die kortste tyd heeltemal van die toneel van hierdie aarde kon laat verwyder; maar presies die teendeel is die geval!

[3] Hy betreur julle groot verblindheid, wat egter deur julle self veroorsaak is. Hy wil julle maar net na die waarheid en na die een ware God terugvoer van Wie julle julleself deur jul tallose wêreldse luste afgewend het, en die Ou Verbond met julle vernuwe; maar Hy wil julle absoluut nie in die verderf stort nie. En as dit Sy vurigste wens en wil is, hoe is Hy dan julle vyand? As julle oor Sy middele sou beskik, hoe dikwels sou julle Hom dan nie al gedood het nie! Doen Hy julle so-iets aan, terwyl duisende van die kragtigste middele tog alle ure van die dag vir Hom ter beskikking staan?! Vir sover dit in my vermoë lê, het ek Hom ook aan `n uiters kritiese ondersoek onderwerp, wat Hy met glans deurstaan het.

[4] Ek het in Hom juis die mens gevind, wie ek - laat ons sê - dertig jaar gelede teen die gruwelike vervolging van die ou Herodes beskerm het; Hy is ook die Een, wat dertig jaar gelede, toe my broer Augustus die volksregistrasie en volkstelling in die hele uitgestrekte Romeinse ryk en dus ook in die land van die Judeërs ingevoer het, in Bethlehem in `n skaapstal gebore is uit die jong vrou van die timmerman Josef, waarby daar allerlei wonderbaarlike verskynsels verskyn het. Wyse manne uit die Môreland, is daarheen gelei deur `n groot komeet, hulle het Hom herken en het Hom begroet as die toekomstige Koning van die Judeërs en Hom geskenke gebring; reeds toe word Hy deur die verbaasde herders as `n besondere verskyning vir die mense van hierdie aarde besing, waarvan julle jul seker nog wel iets sal kan herinner!

[5] As julle niks daaroor gehoor het nie, ofskoon julle tog al wel minstens sestig jaar oud behoort te wees, dan staan my broer Cornelius hier, wat destyds juis in Bethlehem die Romeinse registrasie gelei het, as nog `n lewende getuie vóór julle en naas hom staan ekself; ook ek het baie onverwags by die geleentheid, by die kind wat amper veertien dae oud was, reeds dermate goddelike tekens waargeneem en beleef, dat ek daaraan in my groot en eerbiedige verbasing geen oomblik getwyfel het dat die kind baie duidelik meer was as die mees volmaakte mensekind.

[6] En toe ek nou as grysaard die kind van destyds, as `n man vol Gees en Goddelike wonderkrag terugvind, ontdek ek baie gou dat Hy die Een is wat uit die kind voortgekom het; en dit sal hopelik nie moeilik te verstaan wees dat ek toe self voor Hom my gryse hoof deur my hoogste eie gevoel in uiterste eerbied en liefde moes buig nie.

[7] En hierdie man vervolg julle so meedoënloos en wil Hom geheel en al ten gronde rig en vernietig?! O, julle onsinnige en blinde dwase! Het Moses dan nie oor Sy koms geprofeteer en byna alle groot en kleinere profete na hom nie, wat julle vaders in hul erbarmlike domheid ook met klippe doodgegooi het, soos wat julle nou ook aan Hom wil doen?! Hy, wat as enigste julle kan en ook wil help, vervolg julle nou selfs al met allerlei liste, noem Hom `n monster, spreek die ergste vloek oor Hom uit en wil Hom dan ook nog doodmaak?!

[8] Julle het hierdie omgewing, waarna julle op soek was, nie herken nie, omdat die groot, gevreesde rots uit sy bestaan verdwyn het en hierdie hele, voorheen buitengewone woeste baai in `n ware Eden verander is. Maar wie het dit bewerkstellig? Ek en al hierdie aanwesiges sal daarvan getuig dat geen mensehand ook maar met `n enkele vinger hieraan meegewerk het nie. Dit was en is onder ons `n wonderwerk wat slegs deur Sy wil verrig is!

[9] Hier aan my sy staan `n seun; Josoë is sy naam. Hy het al byna twee jaar in die graf gelê en daar was van hom niks meer oor as die ontbindende verrotte bene nie. En tog was dit vir die, deur julle so bitter en hardnekkig vervolgde, man eenvoudig, om hom slegs deur `n woord opnuut so te vorm en weer tot lewe te bring, soos wat hy nou daar voor julle staan!

[10] Hier aan tafel sit beide my dogters, wat deur verdorwe slawehandelaars geroof was. Hulle val, tydens `n oortog oor die see, as gevolg van `n storm in die water en verdrink, en dobber deur die onmenslike geknelde, volkome dood rond op die uitgestrekte oppervlakte van die see. Eergister, tydens `n visvangs waarby ons almal was, word hulle gevind en hierheen gebring. Die woord van julle vyand gee hulle – slegs aan Hom al my eer! - so, soos wat julle hulle daar sien, die lewe terug!

[11] Nou vra ek julle of `n towenaar ook daartoe in staat sou wees, en of hierdie tekens op sigself nie al groter is as die wat in die tyd van Moses in die woestyn plaasgevind het nie! Wat ek vir julle sê, is so volkome waar soos wat ekself Cyrenius heet, en dit kan deur talle honderde getuig en ewe-eens bevestig word; en Hy wat sulke werke verrig, noem julle in `n sekere sin `n monster, julle vervolg Hom en wil Hom selfs doodmaak?! Daarvoor is tog wel `n nouliks te bevatte graad van die allerblindste domheid nodig!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205