Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 222

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die leerlinge verwonder hulle oor die veranderde omgewing. Oor die vas

222 Omdat My leerlinge die aand tevore te min geslaap het, het hulle na die oggendete onder die skadu van die boom gaan lê en vas geslaap, en sodoende niks geweet van die gesprek tussen My en Epifanus nie. Hy gaan nou op My versoek na hulle toe en wek hulle uit hul slaap.

[2] Toe hulle wakker word, kyk hulle baie verbaas en vra verwonderd aan mekaar waar hulle nou was; want die omgewing sien na die verandering so heeltemal anders daaruit as die vorige onvrugbare gebied, dat hulle nie meer geweet het waar hulle was nie. Voorheen was Asiona se hut deels met onreëlmatige klippe, en deels uit klei en riet, hoogs ondeskundig gebou, en in plek daarvan staan daar nou `n stewige huis, omring deur vrugtebome en `n mooi tuin; daar was ook goeie stalle vir die huisdiere gebou, en `n groot skuur vir die graan, nie ver van die woonhuis af nie. Bowendien was die voorheen totaal kaal gebergte nou dig bebos, en die vroeër selfs kaal see-oewer was in weelderige grasvelde verander, en sodoende was dit verstaanbaar dat My leerlinge nie dadelik geweet het waar hulle was nie.

[3] Petrus, Jakobus en Johannes vra na My en Epifanus sê dat Ek vanweë die maaltyd na die huis gegaan het. Weer vra hulle hom wat hulle gewek het, waar hulle nou was en hy sê: “Op die ou plek wat nou egter `n baie ander aansien gekry het deur die mag van hierdie Één!”

[4] Maar die leerlinge heg nie `n bepaalde sterk geloof aan wat Epifanus gesê het nie, en dink toe veeleer by hulleself dat die Heer hulle deur die lug na `n baie vreemde gebied verplaas het, soos wat op die berg van Kisjona gebeur het. Eers toe Ekself na hulle toe kom en hul vertel dat dit presies so is soos wat Epifanus aan hulle gesê het, glo hulle dit, en begin hulle te verbaas oor die Krag en Mag van God in My.

[5] En EK sê aan hulle: “Hoe kan dit nou wees dat julle so verbaas is oor dié teken? Het Ek nie iets dergeliks by Markus tot stand gebring nie?! Die enigste waaroor mens hier verbaas sou kon wees, is eintlik maar net dat julle, midde in My gesprekke met hierdie Grieke hier, so goed kon ingeslaap het! Maar die vlees en die bloed het inderdaad ook rus nodig, wees nou egter wakker, sodat niemand van julle in verleiding gebring word nie!

[6] Maar dit het nou lankal middag geword, die spyse is op tafel, laat ons daarom gaan en ons liggame `n matige versterking gee, sodat niemand kan sê dat iemand by My gebrek gelei het nie. In Jerusalem is wel mense wat allerlei vasdae het, en hulle ook streng daarby hou, in die veronderstelling dat hulle daardeur die hemelryk gaan verdien; maar hulle vergis hulle baie, omdat hulle na hul liggaamlike dood `n ryk verwag wat waarlik nêrens aanwesig is nie.

[7] Ek wil nie daarmee sê dat julle moet swelg, bras en te veel drink nie; julle moet daarenteen altyd nugter en matig wees in alles en almal liefhê, dan sal die wêreld daaruit verstaan dat julle waaragtig My leerlinge is! En nou gaan ons aan tafel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205