Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die einde van die aardse materie

111 DIE MEESTER: 'Daarom sê Ek vir julle: Wie My reeds hier, of tog in elk geval aan die ander kant uit alle mag sal soek, vind en herken en dan bo alles sal liefhê en sy naaste met alle geduld soos homself, die sal My kind, dus My seun of My dogter wees! Maar diegene wat My nie sal soek, nie sal vind, en nie sal herken nie, en dus ook nie sal liefhê nie, en wat dan ook vol liefdeloosheid sal wees teenoor sy medemens, die sal dit ook ewiglik nooit tot My kindskap bring nie! Want My kinders moet net so volmaak wees soos wat Ek, hul ware Vader, Self volmaak is!

[2] Die later baie wel moontlik gesuiwerde wêreldkinders sal egter geestelike bewoners van die wêrelde wees, en in, met hulle ooreenstemmende geselskappe, verblyf hê waarin hulle gesuiwer word; maar in die huis van die ewige Vader in die sentrum van die allerhoogste hemel sal hulle nooit in- en uitgaan soos wat My ware kinders, wat met My steeds die hele oneindigheid sal regeer, ewig en ewig sal kan nie.

[3] Hierdie aarde sal na die voorspelde laaste groot suiwering netsoos nou mense en nog mense dra; maar hierdie toekomstige mense sal baie beter wees as die huidige, en hulle sal altyd deur My `n lewende woord hê.

[4] En as die aarde ooit na, vir julle ondenkbare talle jare al haar gevangenes uitgelewer sal hê, sal sy self in die ligsee van die son in `n geestelike aarde verander. Want die heel onderste huls of skil, waarin die lewende geeste en siele vroeër gewoon het, lyk soos puimsteen, wat, ofskoon dit geen eintlike lewenselement meer is nie, tog altyd nog `n growwe en verskeurde organiese materie is en geoordeelde geeste van die allerlaagste soort in homself dra.

[5] Wat moet daar met die substraat (fondament) gebeur, as al die intelligente lewe hom daaruit vrygemaak het? Moet dit as `n min of meer uitgebrande klomp puimsteen, wat geen enkele verdere bestemming meer het nie, as volledig dood in die eindelose ruimte ronddrywe? Of sou dit tog nog iets moet of kan wees in die sfere van die lewende en op die mees verskillende maniere voleindigde geeste? Ja, dit moet iets wees; want niks kan in die eindelose ruimte, wat ook My ryk en My ewige woonhuis is, as die algehele dood en sonder enige bestemming êrens bestaan nie! Maar as daar van `n bestemming sprake is, dan is dit baie seker `n geestelike bestemming, wat ewig duur omdat daar nooit êrens `n materieël-ewige bestemming kan wees nie.

[6] Alle materie, met betrekking tot ruimte en tyd as `n geslote geheel, kan immers maar net `n tydelike bestemming hê. As dit egter gedurende `n bepaalde periode geheel en al hieraan beantwoord het, en as daar hiermee, soos met `n medium, `n hoër lewensdoel bereik is, en as die materie, wat vroeër `n bruikbare en gesonde houer was vir `n bepaalde doel, half vergaan en verbrokkel en vol gate en sodoende vir `n soortgelyke ander doel volledig onbruikbaar is, wat sou daar dan verder nog van die puimsteen moet word?

[7] Kyk net na `n emmer by `n waterput! Wat gebeur daarmee nadat hy talle jare lank diens gedoen het by die waterput? Kan hierdie volledig vergane emmer en wat vol gate is, nog verder gebruik word by die waterput? Nee; daarom sal hy weggevat en verbrand word; daardeur los hy volledig op in rook, lug en `n bietjie as, wat na verloop van tyd deur die vogtigheid van die lug ewe-eens in `n eenvoudige lugsoort opgelos word en in die opgeloste lugtoestand eers weer diens kan doen as `n goeie basis van die reële geestelike sy. En ook al ontstaan dieselfde wateremmer nie meer hieruit nie, tog kan daar weer hoogstens `n teer en subtiele omhulsel daarvan gemaak word, wat draer van die lewende water uit My kan word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205