Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die ontwikkeling van die vrye wil. Die nadele van oordrewe ywer

78 DIE MEESTER: “En dat die hoogste saligheid van die lewe inderdaad geleë is in die besit van die volkome ongebonde wilsvryheid en die steeds suksesvolle, daadwerklike werksaamheid daarvan, lewer alle selfsugtige en heerssugtige mense reeds op hierdie aarde die kragtigste bewys daarvan!

[2] Menigeen gee immers graag al sy besittings op om maar `n bietjie mag te kan hê! Wie haat byvoorbeeld kroon, troon en septer, veral as hy homself omhoog kan werk!?

[3] Maar waarom het hierdie drie effektiewe heersers dan so `n onuitspreeklike waarde in die oë van die mense? Die antwoord is voor die handliggend, en lê in die aard van die saak. Omdat hy, wat op die troon sit, te midde van miljoene mense in die wêreld volkome vry en doeltreffend van sy wil gebruik mag, en kan maak!

[4] En hulle wat saam op die troon sit, word dan ook elkeen bomatig gelukkig, wanneer hy deur die heerser `n amp aangebied kry waarin hy, al is dit maar in naam van die heerser, ook `n klein heerser kan speel, en sy wil wat na vryheid dors, bietjie meer lug te kan gee. Hy onderdruk weliswaar so goed hy kan sy oorspronklike vrye wil, en maak in die plek daarvan die wil van sy heerser heeltemal tot syne, ook al is hy dikwels nie daarmee eens nie; maar dit doen hy alles om ook maar `n bietjie saam te kan heers, en om sy wil enigsins te kan laat geld. Want by besonder hooggeplaaste staatsbeamptes is daar immers altyd wel een keer geleentheid om van die heeltemal eie vrye wil gebruik te maak, en dit is vir die mens op hierdie aarde al `n allerhoogste saligheid.

[5] Maar wat is dit vergeleke met die saligheid wat vir die hele oneindigheid en ewigheid sal voortkom en moet kom uit die eenwording van die menslike wil, wat hier altyd uiters beperk is, met die wil van God?!

[6] Maar voordat so-iets kan gebeur moet die menslike wil, dit sal jy self insien, `n ernstige ontwikkeling deurmaak, en op `n hoogs wyse manier deur alle stadia van die lewe gelei word, want anders sou dit sekerlik baie gevaarlik wees om die vrye wil van die mens uit te rus met `n doeltreffende magsvolkomendheid!

[7] Maar om die wil van die mens daartoe bekwaam te maak, moet mens daarnatoe werk dat die mens hom heeltemal vrywillig op die weë van die lig begewe, en hierop solank met alle liefde en wêreldse selfverloëning voortgaan, totdat hy deur eie werksaamheid en volkome selfbestemming die regte doel bereik het.

[8] Maar daartoe is nóg `n uiterlike, nóg `n innerlike dwang bevorderlik, wat albei `n oordeel is en waardeur die gees van `n mens nooit in sy wil sal kan vryraak nie. En solank hy dit nie kan nie, kan daar ook nooit sprake wees van `n vereniging van sy wil met die volkome vrye wil in God nie!

[9] Daarom moet die mense eers net deur baie wyse onderrig tot ware kennis van hulleself, en van die enigste ware Elohimswese gebring word, en dit met alle moontlike goedheid, geduld en die grootste sagmoedigheid. Slegs hardnekkige, weerbarstige karakters, by wie op die agtergrond `n op sigself bykans heeltemal sinlose bose moedswil en `n ware duiwelse leedvermaak skuil, moet deur `n uiterlike wêreldse straf en oordeel op die knieë gedwing word, maar nie te gou deur `n wonderwerk wat verrig word om hulle te straf nie.

[10] Want mens moet nooit oor die hoof sien, dat hulle wat bestraf moet word, ook mense is, wat eweneens tot `n korrekte gebruik van hul vrye wil gebring moet word, en dat dit baie goed moontlik is dat `n arglistige en wraaksugtige demoon hom op een of ander manier beheer, en op die manier van die anders miskien heel onskuldige mens `n ware monster maak!

[11] Daarom moet elke oordrewe ywer, selfs as dit oor iets goeds gaan, solank in toom gehou word, totdat hy die beskeie rypheid verkry het wat alles rustig en liefdevol oorwegend en verstandig bereken, volhardend en bestendig trag aan te wend met die middele wat homself ter beskikking staan, en wel voortdurend rekening hou met die verskillende ontwikkelingsfases en omstandighede van die lewende objek wat hy moet behandel.

[12] Dat julle instituut, soos wat dit nou nog is, sekerlik nie My goedkeuring kan wegdra nie, sal jy nou wel geheel en al kan insien! Maar al sou dit op nog honderd erger beginsels gebaseer gewees het as wat dit nou die geval is, dan sou dit nog steeds onverstandig wees om dit plotseling verdag te maak en te vernietig, soos wanneer mens nou Jerusalem of die nog talle kere erger heidense Rome in `n oogwenk van die aarde sou wil verwyder.

[13] Probeer sodoende van nou af aan om stukkie vir stukkie, na gelang die dinge as te ware vanself voordoen, al die verkeerde uit julle instituut te verwyder, dan sal die instituut en die volk wat daaraan geheg is, langsaam gesond word ooreenkomstig die volle waarheid! Sou jy nou egter met jou medebroeders dadelik alles wil omgooi, dan sou die talle medewerkers van die instituut jou as waansinnig en bygelowig verklaar, en op alle moontlike maniere probeer om jou onskadelik te maak vir die instituut, wat volgens hulle uiters doelmatig ingerig is; en daardeur sou jy elke geleentheid ontneem word om heel geleidelik en ongemerk al die verkeerde uit die instituut te verwyder en te vervang met die volle waarheid."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205