Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Geloof en verstand

88 DIE MEESTER: “Daarom moet `n goeie navolger van My leer nooit iets ligvaardig aanneem, sonder om dit vooraf noukeurig te ondersoek nie. Eers wanneer hy alles, wat daarin na vore kom, grondig leer ken het, en daarvan oortuig is, moet hy die goeie en ware as lewenswaarheid aanneem en dan verstandig en wys daarvolgens handel; en daardeur sal hy dan verseker `n resultaat bereik wat mens geheel en al tereg kan aanprys as synde vanuit die hemele geseënd. 

[2] Ek is immers Majesteit en Heer van ewigheid af en julle ken My as sodanig nou volkome. Ek sou julle nou van alles kan sê, krom of reguit, wit of swart, en julle sou dit van My aanneem, omdat julle nou in julle innerlike daarvan oortuig is wie EK IS. Sou `n blinde outoriteitsgeloof daarom dan op sy plek wees!? Maar wie van julle kan sê dat Ek dit van iemand verlang of ooit verlang het?! Ja, Ek verlang geloof, nie `n blinde en dooie nie, maar `n volle lewende geloof. Ek leer vir julle waarhede, waarvan die wêreld nog nooit enige vermoede gehad het nie, maar daarby sê Ek nie: “Glo jy dit? nie”, maar: “Het jy dit goed verstaan?” En wanneer jy sê: “Heer, dit en dat is vir my hierin nog onduidelik!”, dan verduidelik Ek die saak met alle middele wat My ten dienste staan, totdat jy dit grondig verstaan het, en daarna gaan Ek eers weer `n stap verder.

[3] Ek sou elkeen wel dadelik vanaf die begin af so `n uitleg kan gee, sodat hy `n nuwe les van My, dadelik geheel en al sou kon verstaan; maar Ek weet ook, wat en hoeveel iemand in één keer kan, en daarom gee Ek per keer slegs soveel soos wat een van julle kan verdra, en Ek gee die saadjie tyd om te ontkiem en wortel te skiet, en Ek verplig Myself om nie iets nuuts te vertel alvorens die vorige nie deur en deur verstaan is nie. Ek laat julle tyd toe om, wat Ek na vore gebring en getoon het, te ondersoek!

[4] Ekself sê aan julle: “Ondersoek alles en behou die goeie en derhalwe ook die ware!” As Ek dit Self doen, hoeveel te meer moet julle dit dan nie doen nie, omdat julle die gedagtes van mense nooit so kan deursien soos Ek nie!

[5] Verlang veral van niemand blinde geloof nie, maar laat elkeen die waarom sien! En as iemand nie in staat is om dit met sy verstand te verstaan nie, ontsien dan geen moeite om dit vir hom stappie vir stappie, met alle liefde en geduld, duidelik te maak, tot hy in staat is om julle goeie leer deur en deur te verstaan; want met `n onware begrip moet niemand van julle `n leerling wees in My Naam nie! Want Ek gee julle `n helder lig en lewe, en daarom sal julle geen apostels van die duisternis en die dood wees nie!

[6] Wie soek, sal vind; aan hom wat vra, sal `n korrekte antwoord gegee word, en vir wie aan `n geslote deur klop, sal dit heeltemal oopgemaak word!

[7] Niks is sinloser as `n halwe antwoord op `n gestelde vraag nie; - heeltemal geen antwoord gee nie is dan baie beter! En niks is meer onprakties as `n halwe verklaring oor iets waarby `n korrekte insig van lewensbelang is nie.

[8] Daarom moet hulle wat leraar wil wees, dit wat hy sy broer wil leer, self buitengewoon grondig tot diep in die wortel en die oerkiem verstaan, omdat dit andersins so is dat wanneer die een blinde die ander lei, en hulle by `n sloot kom, beide daarin val, - die leier sowel as die een wat gelei word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205