Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die verskil tussen lewenswysheid en bedrog

49 RAFAEL sê: “Liewe vriend, ek moet openlik aan jou erken dat dit waarlik ietwat moeilik is om met jou te praat; want jy gaan nou eenmaal van die beginsel uit dat elke middel geheilig word net deur die bedoeling en die doel en ek kan onmoontlik aan jou iets anders daarop sê as dat jy, ondanks al jou goeie wil en jou skerpte van verstand, jouself op `n dwaalspoor bevind en dat jy van alles wat ek aan jou gesê het, met al jou verstand, hoe helder dit ookal is, nog byna absoluut niks ingesien het nie!

[2] Jy sien net aardse voordele en die aardse geluk van die mense, omdat jy van die geestelike verhoudings eintlik nog algeheel geen benul het nie.

[3] Jy kan `n mens op hierdie aarde wel baie gelukkig maak deur allerlei misleidings; maar daarmee het jy hom vir sy siel en vir sy gees heeltemal niks goeds, maar, al te dikwels in alle erns, iets baie slegs bewys.

[4] Jy het aan my `n paar voorbeelde uit jou lewe vertel en teen die eerste het ek inderdaad geen beswaar nie; want die behandeling van die siek vrou was in werklikheid geen bedrog nie, maar alleenlik net `n lewenswysheid.

[5] As bedrog geld voor God elke verborge handeling en verleiding van mense, waardeur hulle noodwendig fisiese en morele skade sal deurmaak. As jy egter `n toespraak, iets aantreklik, of `n daad maar net verhul om jou broer op hierdie wyse onfeilbaar fisiek en moreel te help, omdat hy dikwels met allerlei swakhede belas is, waaraan op `n openlike manier maar moeilik of ook heeltemal niks te doen is nie, dan is dit maar net goed en `n lewenswysheid en baie aan te beveel en absoluut geen bedrog nie.

[6] As jy met `n handeling, toespraak of verlokking altyd `n waarlik edele bedoeling kan verbind, dan het jy niks anders as `n lewenswysheid beoefen nie, waarvoor die beloning uit die hemele nie van jou weerhou sal word nie. En onder hierdie kategorie val jou eerste voorbeeld; want met hierdie verstandige daad wou jy absoluut niks anders bereik as dit wat jy ingesien het nie, naamlik dat dit vir die siek vrou volkome goed en nuttig sou wees.

[7] Maar jou tweede voorbeeld is van `n heel ander aard, ofskoon ook dit dieselfde goedmoedige karakter blyk te hê. Daarmee is vir die verre toekoms aan die mensdom `n valse bewys gelewer rakende die vermoë van julle klooster om wonderwerke te verrig, waardeur dit nie sal kan uitbly dat hierdie inrigting, weens die algemene blindheid van die mense, alle goudbronne van die hele aarde vir homself sal open, en binne `n kort tyd in die besit sal kom van fabelagtige rykdomme.

[8] Maar wat doen aardse rykdom, en wat bring dit altyd teweeg? Dit maak die mense hovaardig en heerssugtig en bring hardvog­tigheid voort, liefdeloosheid en die smerigste hoogmoed en daar­deur ook veragting, haat en vervolging van die medemense.

[9] Jy het jou immers alreeds teenoor Cirénius behoorlik negatief uitgelaat oor alle priesters en gewys hoe hulle as plaasvervangers van `n God die geestelike arm mensdom maar al te dikwels op die mees onmenslike manier kwel, hulle vir hulle laat werk en self niks anders doen as om hulle oor te gee aan die allerergste ledigheid, terwyl hulle intussen wel die mensdom, wat leke is, met geestelike en liggaamlike foltering dwing om vir hulle te lewe, te werk en te sterwe! Jy het hierdie lewensomstandighede behoorlik belig en die skandelikheid daarvan duidelik aan die lig gebring.

[10] Ek sê nou egter onomwonde aan jou, dat alle priester­gemeenskappe wat nou nog orals bestaan, op `n baie suiwerder basis staan as julle klooster; want hulle fondament was vaste en suiwer, Goddelike waarheid uit die hemele, maar dit is deur die mense so verkeerd verdraai, dat daar nou byna niks anders meer te sien is as leuens en allerhande bedrog nie. Wat kan daar dan wel van julle instituut teregkom, wat nou al prinsipieel op niks anders gebou is as op pure leuens en bedrog nie?!

[11] Dink jy wel dat julle opvolgers hulle steeds streng by julle huidige opgestelde norme sal hou? Al reeds binne vyftig jaar sal alles daarvan `n heel ander aangesig kry! Die bedrog en allerlei toorkunste sal nog vermeerder en verfyn word. Julle sal julle ook waag aan die opwekking van bejaarde persone, wat in sommige gevalle beter, in ander gevalle minder goed sal slaag.

[12] Julle sal op die verraad van julle geheimenisse die gruwelikste en onverbiddelikste straf stel; ja, julle sal selfs die vraag, hoe een of ander wonderwerk van julle moontlik is, strafbaar verklaar! Julle uitspraak sal wees: “Volk, jy het nêrens `n vraag te stel nie; jou saak is net om onvoorwaardelik te glo! Ontbreek dit jou aan iets, kom dan en jy sal gehelp word in ruil vir `n offer wat volgens die voorskrifte betaal moet word! Oor al die ander dinge hoef jy ewiglik nooit besorg te wees nie!”

[13] Daardeur sal mense met `n weetgierige gemoed egter heimlik bitter word, allerlei navorsing doen en van buite af agter julle geheime kom. Dit sal julle heimlik met woede vervul en aan diegene wat hulle aan julle heiligdom vergryp, sal die vreeslikste wraak gesweer word en indien moontlik, sal hulle ook niksontsienend volledig ten uitvoer gebring word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205