Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die toekoms en die suiwer hou van die leer van die Heer

120 MATHAËL: 'Ek is nou vas daarvan oortuig dat ons met die verbreiding van U suiwer goddelike leer sekerlik geen groot moeite sal hê nie en ons gebieders en aardse maghebbers, ook heeltemal nie; maar `n heel ander vraag is, en dit lyk my uiters belangrik, hoe hierdie leer vir die mensdom suiwer gehou kan word, sonder dat mense hieraan iets sal toevoeg of iets daaruit sal weglaat. Want ons is nou baie wat hierdie nuwe leer nie net vir onsself gekry het nie, maar ook vir ons talle broers en susters, en dit ook met volle inset wil verbreed! Maar selfs ons sal miskien al op heelwat punte die mense die meeste ware en suiwere evangelie baie verskillend verkondig, wat natuurlik in die aard van die saak lê.

[2] Want mens sal met `n Judeër anders moet praat as met `n Griek en `n Romein, en dan weer anders as met die Perse, Indiërs en Egiptenare, en met die Skitiërs weer heel anders, omdat elkeen van hulle `n ander voorkennis het. Daardeur sal daar natuurlik allerlei vermenging plaasvind en allerlei dinge sal ook anders gekleur word. En as byvoorbeeld dan na `n paar honderd jaar die mense van die mees verskillende volke die lesse wat hulle van ons ontvang het, en wat natuurlik deur baie opgeteken sal word, met alles sal vergelyk, sal dit dan nog wel enigsins na die ware lyk?! Of sal die Judeërs nie spoedig sê: 'Slegs ons het die hele suiwer en ware leer!' En die Grieke sal daarop sê: 'Nee, ons het die enige ware leer, soos wat ons dit uit die mond van die Heer verneem het!' En sal die Romeine nie dieselfde beweer en die Armeniërs op hul beurt ook nie?! Ek wil hoop dat hulle in wese almal nie te veel van mekaar sal afwyk nie; maar wat besonderhede aanbetref, sal daar, vanweë die volkome vrye wil van die mense, hier en daar waarskynlik tog wel behoorlike variasies, klowe en voue voorkom!

[3] As ons dit tog met enige sekerheid te wagte kan wees, dan sou daar volgens my beskeie mening voorsorgmaatreëls daarteen getref moet word, sodat daar nie uiteindelik uit hierdie heerlike leer ware chaos sal ontstaan nie, waaruit niemand verder meer maklik wys sal kan word nie. Wat is U mening hieroor, Heer?"

[4] EK sê: 'My liewe vriend, ofskoon jou sorg voortkom uit jou redelike, bekommerde hart, moet Ek jou tog sê dat jou sorg `n bietjie voorbarig is! Dat hierdie leer by alle volke in latere tye nie so suiwer sal bly soos dit nou uit My mond tot julle gekom het nie, dit kan by voorbaat wel as vasstaande aangeneem word.

[5] Daar sal ook al spoedig na ons baie geskrewe evangelies opduik; en elkeen daarvan sal beweer dat dit die suiwer waarheid bevat, en daarvan sal geen enkele geskrewe evangelie wat dieselfde beweer, gelyk wees aan die ander nie. Ja, daar sal nog iets baie ergers gebeur: Die vors van die leuen wat teen My getuig sal ook nog `n rol speel en sal selfs groot, en valse, tekens doen! Hy sal in die akker, waarin Ek nou die suiwerste saad gestrooi het, die bose saad van allerlei onkruid lê, om die edel koring te verstik.

[6] Maar dit alles sal geen enkele afbreuk doen aan My ware en suiwer leer as sodanig nie; want wat hier deur My tot julle gespreek word sal deur julle ook weer verder versprei en bespreek word, en julle self sal julle nie meer presies letterlik van My woorde bedien nie, wat ook heeltemal nie meer nodig sal wees nie. Maar die innerlike gees daarvan sal tog bly bestaan.

[7] Oor hom wat in My sal glo en in My Naam uit water en uit gees gedoop sal word, sal ook My Gees kom en hy sal wandel in die lig van die suiwer Waarheid, tydelik en ewig. By so iemand sal hierdie leer dan ook in alle suiwerheid as `n nuwe weer voorhande wees. Wie egter nie so ver sal kom dat hy hierdie barmhartigheid kry nie, sal die suiwer lig van die ewige Waarheid van My leer tog nooit kan bevat en verstaan nie, en dan maak dit nie saak met watter kos hy sy geestelike maag sal volstop nie.

[8] Neem dit van My aan! En as iemand elke woord letterlik presies soos wat Ek dit uitgespreek het, sou ken, maar nie die Gees ontvang het om daarmee in die diepte daarvan deur te dring waar daar in My woorde Lig, Krag en Lewe heers nie, dan sou My woorde selfs minder sin vir hom hê as dat iemand iets het aan die lang gebede van die Fariseërs!

[9] Het iemand egter die Gees van My woorde in hom, dan het hy die letter nie meer nodig nie. Wie die Gees het, het ook die suiwerste leer. En Ek sal in die Gees verblyf vind by My altyd slegs weinige, maar ware aanhangers tot aan die einde van die tye van hierdie aarde. En so, vriend Mathaël, word wel daarvoor gesorg dat My leer ook altyd suiwer behoue bly!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205