Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

As mens die Woord nie in dade omsit nie, - dan ken mens dit nie

121 DIE MEESTER: 'Wat vir die uiterlike mens nodig is om te weet en te glo, word tog wel, - kyk daar maar! - deur My twee skrywers opgeteken omdat Ek dit sê (Matthéüs en Johannes. Opmerking van J. Lorber). Wie dit sal aanneem en daarvolgens sal handel, die sal ook so ver kom dat hy My Gees sal ontvang. As hy dit het, dan het hy verder niks meer nodig nie.

[2] Bly hy egter lou onder wat hy van My verneem het, en doen hy nie sy beste om geheel en al daarvolgens te handel nie, wel, dan sal hy weliswaar die letter hê soos wat My twee skrywers dit opgeteken het, (die Skrif) en soos wat RafaEl dit ook vir jou en vir nog enkele ander opgeteken het; maar deurdring tot die gees wat diep binne in die letter rus en verblyf het, sal hy nooit.

[3] Niemand sal iets regkry om maar net te roep: 'Heer, Heer (Here, Here)!' nie, want in My oë sal sulke aanhangers altyd beskou word as wesens wat My nie ken nie en wat ook nie deur My geken sal word nie.

[4] Ek sê julle vir alle ewigheid as vanuit God die waarheid: Wie My leer nie volkome in dade omsit nie, maar dit slegs aanhoor en nou en dan bewonder en prys, die kry My Gees nie, en My hele leer help hom dus feitlik weinig of niks! Want as hy na die aflegging van sy liggaam uiteindelik heeltemal naak as siel daar sal staan, dan sal hy van My en van My leer net soveel weet as wanneer hy op aarde nooit `n lettergreep daarvan verneem het nie, wat egter ook `n baie natuurlik verskynsel is.

[5] Gestel byvoorbeeld die geval waar iemand die een of ander of selfs baie oor die groot keiserstad van Rome gehoor het, ook die pad daarheen ken, en ook die middele en die geleentheid het om daarheen te reis, die groot stad rustig te bekyk en alles daar te leer ken - ja, gestel dat hy selfs meermale aangemoedig was hiertoe deur sy vriende wat al in Rome was! Hy het egter net nooit die tyd daarvoor gehad nie, en bowendien is hy te gemaksugtig en sien hy op teen die ongemak om die reis saam met hulle mee te maak, en hy sê uiteindelik: 'Ja, waarom die reis na Rome? My vriende het my hierdie groot stad tog al so haarfyn beskryf, dat ek haar in my fantasieë nou so kan sien asof ek self al talle kere in Rome was!'

[6] Dit beeld ons man hom egter so goed in. Laat ons hom nou egter een so getroue moontlike afbeelding van die stad Rome sien, maar sonder dat daar onder geskryf staan wat dit is en wat dit voorstel, dan sal hy, terwyl hy ons wil laat glo dat hy die stad Rome baie goed ken, na die afbeelding kyk soos `n os na `n nuwe, onbekende hek! En as ons hom jare lank laat raai, dan sal hy tog nooit met volle en oortuigde sekerheid kan sê dat dit `n geslaagde afbeelding van die stad Rome is nie!

[7] Ek sê egter nog meer: Laat ons sorg dat hierdie persoon toevallig werklik in Rome kom, maar sodat hy in Rome self ook iemand het wat hom sê dat hy homself nou nie in Rome bevind nie, maar in `n heel ander stad, dan sal hy dit uiteindelik glo en derhalwe deur die bome die hele, groot bos nie sien nie!

[8] Dit is dus absoluut nie genoeg dat die mens vir homself kennis verskaf oor wat ookal, deur byvoorbeeld van ander te hoor of deur allerlei beskrywings daaroor te lees nie. Al hierdie kennis bly stom en sonder waarde vir die lewe as dit nie deur aktiwiteit in verband gebring word met die lewe van die siel nie.

[9] Wanneer hierdie persoon, nadat hy baie merkwaardige dinge oor die stad Rome gehoor het, die plan maak om daarheen te reis en dit dan ook werklik doen en daar alles bekyk wat hy maar kan bekyk, dan sal die volle waarheid ook `n diep indruk op sy siel gemaak het en hy sal vir homself dan nooit meer `n ander voorstelling van Rome kan maak as wat hy self gesien het nie.

[10] Maar sou hy Rome self nooit gesien het nie, dan sou sy voorstelling ook baie verander wanneer iemand hom nuwe en ander dinge vertel oor hoe Rome daar uitsien; die een fantastiese beeld sou die ander verdring en dit vir solank, totdat hy hom uiteindelik heeltemal geen houbare voorstelling meer van die stad kan maak nie.

[11] Maar as hy, soos wat gesê is, Rome self gesien het, dan kan daar honderde kletskouse na hom toe kom en hom totaal nuwe en besondere beskrywings gee van hoe die stad Rome daar uitsien, hy sal dan slegs daaroor lag en hom dalk vererg oor die leuenagtige onbeskaamdheid van sommige dagdiewe wat hulleself beroemd wil maak, en van mense wat nie werk nie en in stede rondhang; en hy sal hulle almal duidelik die deur wys; want in hom leef nou werklik die ware beeld van Rome en dit kan deur geen enkele, slegs versinde voorstelling verdring word nie.

[12] En hoe gebeur dit dan? Omdat hy deur sy inspanning en werk die volle waarheid in sy lewende siel, en nie maar net in sy brein ingeprent het nie! Hy het dus die ware gees van die saak in sy siel opgeneem; die waarheidsgetroue beeld leef nou in hom en kan deur geen enkele verkeerde beeld van buite af meer gedood en vernietig word nie, omdat dit `n ware lewensbeeld geword het.

[13] En soos wat hierdie gelykenis in elke opsig en met betrekking tot alles baie duidelik die verskil laat sien tussen bedrieglike skyn en die volle waarheid, waardeur elkeen ook maklik geheel en al kan sien dat elke beskrywing van Rome, ook al is dit ook hoe korrek, nie opweeg teen die eie daadwerklike oortuiging nie, omdat die voorstelling wat deur `n beskrywing ontstaan het, slegs ingebeeld is en baie goed verdring kan word deur `n ander wat deur iets anders ontstaan het, omdat dit geen lewende beeld geword het in die siel nie, presies op dieselfde manier gaan dit met My leer."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205