Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die wonderwerke van RafaEL

82 RAFAEL sê: “Dat ek my in julle geselskap bevind, is nie my wil nie, maar die van die Heer, en daaraan moet ons ewegoed gehoorsaam as julle en alle geskape wesens, van watter soort dan ook. `n Klein verskil bestaan slegs in die feit, dat ons die wil van die Heer nie as blindes nie, maar as siendes gehoorsaam, terwyl alle ander skepsels heeltemal blindelings moet gehoorsaam aan die wil van die Heer.

[2] En tussen my en julle bestaan die verskil, dat ek, as `n gees wat eweeens `n volkome vrye wil gekry het, die wil van die Heer geheel tot my hoogste eie wil gemaak het; terwyl julle tot nog toe amper onbewus was dat daar `n Heer bestaan. Van die ken van Sy wil kan daar nou nog geen sprake wees nie; want dit sal julle eers van naderby leer ken deur die geskrif, wat ek vroeër self vir julle, volgens die wil van die Heer, geskryf en oorhandig het.

[3] As julle die wil van die Heer daardeur heeltemal leer ken het, en Hom in julle harte opgeneem het, en as julle dan enkel en alleen volgens hierdie nuwe wil in julle werksaam sal word, dan sal daar tussen julle en my ook heeltemal geen verskil wees nie; inteendeel, julle sal in staat wees om selfs nog baie groter dinge te doen, omdat julle al die weg van die vlees deurgemaak het, terwyl ek dit nog eers sal moet deurmaak, wanneer ook ek my huidige suiwer dienaarskap van God wil omruil vir die kindskap van God. Ek sou nou al liewer dit wou gewees het wat julle is; maar hier kom dit slegs op die wil van die Heer neer, hoe en wat en wanneer Hy dit wil! 

[4] Ek dring egter nie daarop aan nie, ofskoon dit my wens is; want ek is ook so in die hoogste mate geseënd en kan niks anders sing nie as “Heilig, heilig, heilig!” vir Hom, wat nou `n Mens van vlees geword het om alle mense van hierdie aarde en alle bewoners van die hemele om te vorm tot Sy kinders, - dit wil sê, as die bewoners van die hemele dit wil en die Heer dit in hulle harte vra! Want ook in die hemele klop tallose harte vol vurige liefde vir God die Heer, en waarvoor hulle vra, word hulle ook steeds toegestaan. 

[5] En veral die volgende moet jy baie goed besef: Hoe meer kennis jy van die suiwer goddelike wil in jou hart opgeneem het as voortdurende rigsnoer van jou lewe - in jou hart, wel te verstaan - des te wonderbaarliker en magtiger sal die gevolge van jou wil uit God wees!

[6] Die ken, besef en lofprysing van die goddelike wil wat jy leer ken het, het geen enkele nut vir jou nie; want dit alles is leë toejuiging van al die grootse en wonderbaarlike wat voor jou oë gebeur. Jy herken die mooie, goeie en verhewene daaraan en weet baie goed dat dit van die bewussyn en die wil van die kunstenaar uitgaan. Maar gestel die geval dat jy ook die kennis daarvoor sou hê, maar natuurlik by verre na nie die wil van die kunstenaar daarby nie, - sou jy deur middel van die kennis slegs somtyds iets tot stand kan bring? Of dat jy byvoorbeeld wel so `n bietjie die wil van die kunstenaar het, maar nie sy insig en sy vaardigheid wat deur inspanning en harde werk verwerf is nie, sou jy dan wel in staat wees om iets te presteer?

[7] Ek sê vir jou: Daarvoor moet die volle ware kennis, `n van God uitgaande vaste wil en `n groot vaardigheid in die toepassing daarvan aanwesig wees! Eers dan kan jy inderdaad aan die een of ander berg sê: ”Verhef jou en stort in die see, waar dit die diepste is!”, - en dan sal dit feilloos gebeur wat jy gewil het!

[8] Maar net met kennis en vaste wil kan jy niks, of maar baie weinig tot stand bring! Die vaardigheid in die toepassing van die wil van God in die eie hart verkry mens egter slegs deur die mag van die suiwer liefde tot God, en daardeur tot die naaste; want slegs hierdie egte liefde bring in die siel die lewende geloof teweeg en `n onwrikbare vaste vertroue, waarsonder ook die mees gelouterde tot niks of tot weinig in staat is nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205