Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die oergeskiedenis van die mense

197 EK sê: 'Ja, My beste vriende, julle het werklik baie ervaring en is tuis in die wetenskappe, maar wat dit betref, word dit moeilik vir ons om vir julle begryplike antwoorde te gee! Want ten eerste is hierdie aarde al `n ontsettende ou hemelliggaam, gemeet volgens julle tydsbegrip; daar is geen begryplike getal vir julle waarmee `n mens die aantal jare van haar bestaan sou kon uitdruk nie.

[2] Maar mense soos wat die aardbodem hulle nou dra, bestaan in `n getal uitgedruk werklik maar iets meer as vierduisend jaar. Die toe lewende eerste ware mense val ten gevolge van hul handelwyse in twee klasse uiteen, naamlik die kinders van God, omdat hul hart en gemoed God geken en Hom getrou gebly het, en die kinders van die wêreld, omdat hulle God steeds meer en meer vergeet en in alles slegs die wêreld gedien het, soos wat die meeste mense nou doen. Hulle het stede gebou en allerlei afgodstempels; hul belangrikste god was, soos ook nou, die mammon (geldgod). Hulle het presies geleef soos ook nou weer; daarom was hul lewens ook maar baie kort, soos ook nou.

[3] Maar heel anders was dit met die kinders van God. Hulle het slegs in die berge gewoon, en het slegs uiters selde na die laagtes afgedaal en het heel eenvoudig en natuurlik geleef. Daar was geen stede, geen plase, geen dorpe en ook geen getimmerte huise nie, maar slegs bepaalde lewende bome omring met suiwer grasvelde. Teen die bome is daar aan die een kant met die gelyk grond `n wal gemaak wat, waar dit nodig was, teen die boomstamme wat met dik mos uitgelê was, en so vorm hierdie ronde wal aan die binnekant `n baie gemaklike rusbank vir oordag en `n goeie slaapplek vir snags.

[4] Hul voedsel het meestal bestaan uit goeie en altyd ryp boomvrugte, allerlei smaaklike wortels en melk. Deur innerlike openbaring en onderrig, leer hulle met verloop van tyd ook hoe om die nodige gereedskap uit yster en ander metale te maak en hulle beoefen dan ook al die akkerbou, berei meel en kon `n werklike goeie brood bak en so nog `n hele boel ander dinge meer, maar alles sonder vertoon, - die doelmatigheid van iets voldoen hul volkome, - en so leef hulle ongeveer tweeduisend jaar lank in groot eenvoud en bereik daarby `n buitengewone hoë leeftyd.

[5] Maar toe hulle hul langsamerhand ook deur die prag en groot skoonheid van die wêreldse kinders laat bekoor, word hulle as straf dikwels deur hulle onderdruk en gewoonweg tot slawe gemaak, op `n baie klein gedeelte na, wat tot aan die tyd van Noag en ook daarna altyd vir God getrou gebly het; en daarmee word alles dan ook anders by hulle. Hulle word liggaamlik kleiner en swakker en hulle bereik maar selde die leeftyd van honderd jaar, terwyl hulle vroeër dikwels duisend jaar oud geword het. 

[6] Maar soos wat bekend is, het alle eerste mense van hierdie aarde, wat suiwer wêreldse mense geword het, ten tye van Noag, as gevolg van hulle eie skuld, deur die groot vloed verdrink; want die vloed het die grootste deel van die toentertyd bewoonde aarde dermate met water bedek, dat die magtige golwe, wat ontstaan het deur storms en orkane en dikwels so nou en dan selfs elle hoër (meters hoër), as die byna hoogste bergtoppe geslaan het en daardeur ook alle lewe hier verstik en verdrink het, behalwe Noag en sy klein familie, en ook alle diere, behalwe die wat Noag in sy ark geherberg het. En met Noag begin toe, soos wat bekend is, `n hele nuwe tydperk van die aarde.* (Uitvoerige beskrywing in die 'Haushaltung Gottcs (Huishouding van God deur Jakob Lorber))'.

[7] Hiermee het julle nou `n baie kort beskrywing, maar getroue beeld van die oermense van hierdie aarde; hierdeur kan julle nog lewenseg sien dat die raad wat Ek julle gegee het, baie goed en korrek is.

[8] HIRAM sê: 'Maar, enige opperwyse en magtige Heer van die lewe en Heer van alle mense! As die aarde al so ontsettend oud is, wat se ras het dan daar op hierdie aarde gewoon vóór die eintlike mense wat soos ons lyk? Want sy kan tog immers nie byna `n halwe ewigheid lank, tot by U eerste mense vierduisend jaar gelede, heeltemal verlate en leeg gewees het nie, en dus heeltemal verniet om die groot son gedraai het nie! Of was die aarde tot op hierdie tyd werklik slegs geheel en al verlate en leeg? Dit is weliswaar baie onbehoorlik van my om so-iets van U te vra; maar ek sien dat daar in U en in hierdie jong man waarlik onmiskenbaar `n soort alwetendheid aanwesig is, en daarom sal U my ook wel in die opsig my aandrang om ook iets hieroor te wil hoor, wel nie kwalik neem nie"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205