Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 272

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die beeldspraak van die profete

272 DIE VERRE BUURMAN sê: “O Heer, ons sal nou wel durf praat, as ons maar net geweet het waaroor! Maar dit is omdat ons, wat natuurlik maklik te verstane is, almal nog te vol sit met gedagtes oor alles wat ons vandag gehoor, gesien en beleef het. Maar as ek vir U, net vir my persoonlik, oor iets kon vra, dan sou dit wees dat U vir ons almal, of slegs aan my, vertel wat daar later na die sekere dood van die liggaam met my sal gebeur.

[2] Sal die egte siel haar bewussyn verder behou, of sal sy eers na die opstanding wat deur die profete verkondig is, van die vlees wederom in bewussyn ontwaak? Op die Jongste Dag moet hierdie algemene opstanding geskied; wanneer hierdie dag egter sal kom is volkome onbepaald. Op hierdie dag vol skrik sal die regverdiges dan voor God hul ewige loon in die hemel ontvang en die sondaars hul ewige straf in die hel.

[3] Wel, dit is werklik woorde wat my gemoed en ook my verstand nooit heeltemal kon gewen het nie! Hoe moet `n mens dit in waarheid opvat? Of sal dit letterlik so gebeur?

[4] Waarlik, as dit alles letterlik so sal gebeur, is dit baie treurig met die mensdom gestel, en onder sulke omstandighede sou dit tog talle duisende kere beter gewees het as `n mens nooit gebore was nie, en mens geword het! Hoeveel talle duisend maal duisend mense weet niks van ons leer nie, want hulle is duistere heidene, en hul lot, waaraan hulle geen skuld het nie, sal dan die ewige straf in die verskriklikste vuur van die hel wees!

[5] Waarlik, as ek God se Wysheid, Liefde en Goedheid korrek beskou, blyk dit vir my dat so `n uiteindelike lot van die mense byna onmoontlik is! O Heer, U sal ons hieroor seker `n beter uitleg kan gee! Maar as dit so is, dan is ons mense die ongelukkigste skepsele op die hele aarde?”

[6] EK sê: “Ja, My dierbares, dit is moeilik om dit vir julle nou op hierdie oomblik met enkele woorde te verklaar; maar Ek het dit alles tot in die kleinste besonderhede aan My leerlinge uitgelê, en hulle sal dit vir julle weer duidelik maak.

[7] Wat die profete daaroor geskryf het, vanuit hul innerlike ingewing, het hulle in gelykenisse geskryf, die egte oordraagbare uitdrukkings is van die hierin verborge naakte waarhede. Wie derhalwe die ou leer van die ooreenkomstighede of analogieë ken, sal baie gou verstaan wat die gelykenisse van die profete alles beteken.

[8] Julle het nooit iets oor analogieë gehoor nie, en daarom ken julle ook maar net die growwe, natuurlik-konkrete betekenis van die Skrif; maar die gelykenisse van die profete bevat steeds `n drievoudige betekenis: ten eerste die natuurlik-geestelike, ten tweede die suiwer geestelike en ten derde die suiwer hemelse uit die hart van God.

[9] Volgens die eerste betekenis ontwikkel die sedelike lewe van die mens hom sodanig dat hy as natuurlike mens, as gevolg van `n korrekte opvoeding, so dink en ook handel dat hy nie aan die materie bly vassit nie, maar hom daarvan afwend, en dit slegs gebruik om steeds dieper en helderder deur te dring in die suiwer geestelike in. Wie dit doen as hy daartoe onderrig is, vind dan baie gou die ooreenkomstigheid tussen materie en gees. Ken hy dit, dan sal hy vanuit die geestelike in die hemelse of in die suiwer-geestelike binnegaan. Daaruit is die oorgang na die suiwer goddelik-hemelse maklik. Dan sal dit vir hom eers volledig duidelik word wat die Skrif van die profete uiteindelik in die grond van die saak alles, as dit heeltemal onthul is, bevat.

[10] Maar wie in die Skrif slegs die egte materiële gelykenisse as alles beskou, bewys dat hyself nog suiwer materie is, in die oordeel is en ook moet wees, en dat hy die oordeel van die materie in sy bewussyn, en in sy gevoel gedurende sy lewe steeds behou, en in die voortdurende vrees en angs leef dat hy ook met sy siel na die afval van sy liggaam in die suiwer materiële toestand sal teregkom waarin die Skrif deur middel van beelde die toestand van die materie voorstel en beskryf.

[11] Maar Ek sê jou en julle almal dat aan die anderkant alles anders is as dit wat in die gelykenisse van die Skrif beskryf word.

[12] Die woorde van die Skrif is soos die binnekant van `n eier, waarin ook iets drievoudig verborge is, naamlik die wit en die geel, en in die middel van die geel die rooi lewensbolletjie wat die lewenskiem bevat.

[13] Die omhulsel moet egter in die materiële wêreld orals aanwesig wees waar daar maar iets is, sodat die binneste, goddelike, nêrens, nooit en deur niemand ooit verontreinig kan word nie. En omdat die hemelse en goddelike orals in al die natuurlik-geestelike aanwesig is, wat immers die alomteenwoordigheid van die goddelike wil duidelik bewys, bestaan daar ook ooreenkomste tussen alles wat in die wêreld, in die geestesryk, in die hemel en uiteindelik in God Self aanwesig is.

[14] En My leerlinge, wat nou al van baie, baie sake kennis het, sal julle tydens My langer verblyf in julle midde dit wel van naderby laat sien, en julle ook by menige geleentheid toon dat hulle My leerlinge is - op een na wat tot nog toe nog nie al te goed verstaan het nie, vanweë sy hart wat nog altyd gerig is op hebsugtige, wêreldse gewin. Maar die ander elf, en die skrywer Matthéüs, het reeds baie bekwame, goddelik wyse manne geword, en julle sal van hulle baie kan leer en verneem; luister maar na hulle!”

[15] Hier sê PETRUS: “Heer, U goddelike getuienis gaan wel alle getuienisse van hierdie wêreld te bowe; ons is dit net nog lank nie waardig nie!”

[16] EK sê: “Daar bestaan op die wêreld, onder die mense, geen waardigheid nie, behalwe die dat hulle ewebeelde is van God, en dit is ook die rede waarom `n mens sy medemens moet liefhê en respekteer. En as iemand My woord hoor, glo en daarvolgens handel, is hy ook waardig, sodat Ek hom `n goeie getuienis kan gee; want wie My getuie is, sy mees geldige getuie is ook Ek voor My Vader in die hemel van al die lewe. En as Ek iemand ook voor die wêreld `n getuienis gee, dan doen Ek dit nie om hom voor die wêreld te prys nie, maar Ek laat daarmee sien dat die waarheid uit God in hom is. En op die manier kan julle My getuienis wel verdra!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205