Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Oor die oordeel wat die mense self veroorsaak

109 DIE MEESTER: "Kyk na die berge vol bosse en struike! Kyk, hulle suig die benodigde korrekte hoeveelheid van alles vir hulle geskikte natuurgeeste (elektrisiteit, magnetiese fluïdum - sap toestand) op. Gaan ontbos nou maar net alle berge, dan sal julle die gevolge daarvan, wat baie bitter gaan smaak, binne `n kort tydjie opmerk! Daardeur sal groot massas vrye, ruwe natuurgeeste in die lug, wat die hele aarde omgewe, steeds meer bevolk. Omdat hierdie natuurgeeste geen geskikte behuising en werkterrein kon vind nie, sal hulle hulleself massaal verenig en deur hul onrus en deur hulle honger en dors (hul neiging tot assimilering) die verskriklikste en alles vernietigende storms veroorsaak en sodanig hele lande ten gronde rig, dat daar vir `n honderd of `n duisend jaar lank niks anders te voorskyn sal kom as hier en daar `n mosplantjie nie, soos wat daar tans op die wye aarde nog steeds sulke uitgestrekte plekke en vlaktes is, waar mens talle dae daardeur kan trek en waar selfs weinig groei soos op die woeste en doodse kalksteen aan die oewers van die Dooie See in Benede-Palestina, waarheen die Jordaan stroom.

[2] Ja, is dit daarom soms My wil? O nee! Want omdat dit noodsaaklik is dat die mense `n vrye wil moet hê en ook vry moet handel om ook in die gees mens te word, wil Ek Self heeltemal niks - al gaan die mense nog so aan, maar Ek laat net toe dat die mense ongestoord dit bereik waarvoor hulle hulleself ingespan het, asof al hul lewensgeluk daarvan afhang. Of die gevolge dan goed of sleg is, dit maak aan My geen verskil nie! Self skep, - self kry! Ook al weet Ek wat verder daarna sal gebeur, dan kan en mag Ek tog nie tussenbeide kom met My Almag nie; want as Ek dit sou doen, dan hou die mens op om `n mens te wees. Dan is hy maar net `n tot lewe gebringde masjien en verder niks en kan vir homself en vir My ewiglik geen waarde hê nie. Want dan lyk hulle soos `n skrywer wat uit homself nog geen lettergreep kan skryf nie, en wanneer hy dan tog moet skryf, sy hand van A tot Z moet laat lei deur iemand wat wel die skryfkuns magtig is; en as hy op hierdie wyse `n artikel geskryf het, verstaan hy dit tog self nie. Ook al het hy op hierdie manier honderdduisend briewe geskryf, dan is hy self tog ewemin `n skrywer as die pen waarmee hy geskryf het. Ook die mense van hierdie aarde sou ewemin mens wees, as sy vrye wil nie aanhoudend onaangetas sou bly, en so ook sy handeling daarna nie.

[3] Die wil kan wel deur allerlei lering en wette gereguleer word; maar nóg `n leer nóg `n wet is vir die vrye wil `n belemmering om dit uit te voer wat hy wil. As die wil van die mens `n leer of `n wet as rigsnoer vir sy handelinge wil aanneem, dan sal hy homself sonder enige innerlike dwang daarvolgens rig; wil hy dit egter nie, dan kan geen enkele mag van die wêreld en van die hemele hom daartoe dwing nie - en dit mag ook nie! Want soos wat gesê is, sonder die vrye wil is die mens geen mens meer nie, maar `n suiwer deur die natuur lewend gemaakte masjien, net soos wat die masjiene wat die mense met verloop van die tyd sal uitvind en dit dieselfde kunstige werk sal verrig, waartoe iemand nou nog nouliks in staat is. Maar nietemin sal so `n masjien nog geen mens wees nie, nóg wat vorm betref en nóg minder wat betref die vrye werking van die inwendige; want dit het geen vrye wil nie en kan daarom ook ewiglik geen selfstandige handeling uit homself verrig nie. Wat die wil van die mens daarin gelê het, sal die masjien ook verrig, en nooit of te nimmer iets anders nie.

[4] Die mens kan egter uit homself alles doen wat hy maar wil, en niemand kan hom dit belet nie. En so kan die mens met die aarde, wat sy liggaam dra en voed, doen wat hy wil, en moet dan meestal deur die gevolge daarvan leer of sy wil goed of sleg was.

[5] En om die rede het elke mens `n verstand en die oordeel wat daaruit voortkom. Hy kan daarom deur lering, deur wette van buite af en deur allerlei ervaring wys gemaak word en kan dan die goeie, korrekte en ware kies en homself in sy handeling daarvolgens rig; maar dan is hy daarby tog nie aan dwang onderworpe nie, want hy kies immers self vry wat hy as goed, reg en waar erken.

[6] Dat mense egter meestal om tydelike, aardse redes dikwels alles wat hulle as goed, reg en waar erken het, tog met die voete vertrap en in hul handeling juis die omgekeerde blyk te doen, kan ons nou al dag in en dag uit maar al te duidelik aan honderde mense sien, en daaruit blyk dit dan weer dat die vryheid van die menslike wil deur niks bedreig of beperk kan word nie. En so is dit ook goed moontlik dat die mense met verloop van tye groot dinge kan uitvind, en op die manier ook so kan gaan inwerk op die natuur van die aarde dat dit dan uiteindelik gewoon net nie anders kan as dat dit handuit raak nie. Die gevolge daarvan sal natuurlik nie aangenaam wees nie en kom neer op `n sekere straf vir die verkeerde gebruikte wil, maar hulle word op geen enkele manier deur My beïnvloed nie, maar is deur die wil van die mense self veroorsaak.

[7] As die mense nog `n keer `n sondvloed wil hê, dan hoef hulle die berge maar net ywerig af te grawe en te deurboor, dan sal hulle daardeur die sluise oopmaak vir die onderaardse waters! Wil hulle die hele aarde in vlamme sien, dan hoef hulle maar net ywerig alle bosse te vernietig, en die natuurgeeste (elektrisiteit) sal dermate toeneem, dat die aarde opeens in `n bliksemvuursee gehul sal word! Is Ek dan die Een wat soms die aarde deur die vuur wil teister?! Leer die mense daarom om wys te wees, omdat hulle andersins self die oordeel oor hulle sal oproep! Ek weet egter dat dit sal gebeur, en tog kan en mag Ek nie deur My Almag belemmerend daarteen optree nie, maar slegs deur die leer. Verstaan julle dit?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205