Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 5
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277.

Die karakter van Roclus, soos wat die Heer hom sien

25 CIRÉNIUS het na alles wat hy nou van Roclus gehoor het, baie nadenkend geword en het absoluut nie geweet watter antwoord hy hom daarop moes gee nie. Hy het hom daarom tot My gewend en het met halfluide stem gesê: “Heer, oor die geheel geneem, het hierdie man geensins ongelyk nie en dit kom vir my voor, dat hy ondanks sy ateïsme `n baie goeie hart vir die ware mensdom het. Indien hy tot die ware teïsme beweeg sou kon word, sou hy met sy enorme skerpte van verstand en sy veelsydige ervaringe bepaald `n goue pêrel wees vir U suiwer Goddelike saak. Maar juis omdat hy soveel ervaringe het en daarby `n skerpte van oordeel soos `n adelaarsblik, is dit in elk geval vir my moeilik om aan hom nou `n antwoord te gee waarvan die beste resultaat by hom verwag kon word. Wat dink U daarvan om hom nou Self onder hande te neem? U sou aan hom met weinig woorde beslis meer kan sê as ek. Heer, doen dit vir hierdie man, want sy insig lyk vir my kerngesond!”

[2] EK sê: “Jy het hierdie mens baie korrek beoordeel en die saak is met hom inderdaad gesteld soos wat jy gesê het; want soveel natuurlike, gesonde wêreldervaring soos hierdie Roclus, en deur hom ook sy elf metgeselle, het niemand van julle nie. Maar omdat hy in hierdie tyd al herhaaldelik na aanleiding van sy aansienlike aardse skatte op louter lis en bedrog gekom het en orals die godheid verteenwoordig gevind het deur die grootste en die mees sluwe bedrieërs, daarom kan mens jou ook nie daaroor verwonder dat hy ten slotte noodgedwonge die kind met die badwater moes weggooi nie.

[3] Hy het God wel baie ywerig gesoek en het daarvoor ook sy groot reise onderneem. Maar hoe verder hy gekom het, des te meer onsin en dwaasheid en tasbare bedrog het hy gevind. Hy het hom oplaas selfs by die Essene laat inwy en dit het hom geval, omdat hierdie mense hul goddelikheidsbedrog tog in elk geval tot groter heil en voordeel van die mensdom bedink het en daarby op sigself baie goeie en verstandige mense is, by wie die een met die ander eerlik as broer omgaan en niks op sy naaste voor wil hê nie; want die grondreël van hierdie sekte is: “Eweveel weet, eweveel besit, eweveel wees en aan geen leek die geheim van die hoë dik mure verraai nie, waardeur vir geen mens op aarde enige onheil, maar net indien moontlik, heil moet ontstaan!”

[4] Dit is in sigself sekerlik heel prysenswaardig, maar met die geloof aan `n God duik daar `n groot probleem op; want dit is by hulle `n volkome uitgemaakte saak dat daar buite die geheime kragte in die natuur ewiglik nêrens `n God bestaan en sou kon bestaan nie. En daarom is dit moeilik om `n egte Esseen tot geloof aan `n God te bring. Mens moet hom eers nog baie meer geleentheid gee om hom heeltemal na hartelus vry in en oor alles en elkeen te uiter. Eers wanneer hy hom heeltemal aan jou onthul het, sal daar nog wel iets heel besonders met hom te verwesenlik wees. Maar nou is hy nog nie ryp daarvoor nie, omdat daar nog baie in hom is, waarmee hy as gevolg van sy agterdog teenoor jou Romeinse uitoefening van die swaardgeregtigheid, nog lank nie te voorskyn gekom het nie.

[5] Solank `n mens egter dit nie durf waag om in iemand volledige vertroue te hê nie, word hy ook nooit `n ware vriend van hom nie. Solank hy egter nie `n ware, volkome troue vriend van iemand word nie, sal hy sy hart ook nie heeltemal vir hom oopmaak nie. Maak hy sy hart egter nie heeltemal vir iemand oop nie, dan kom daar uiteraard niks tereg van die volkome oopstel van homself nie, wat baie noodsaaklik is. Jy moet daarom probeer om van hierdie Roclus `n vriend te maak vir wie hy volledig vertrou, dan sal hy aan jou nog buitengewoon merkwaardige dinge kan vertel, waaroor jy verbaas sal staan!

[6] Maar jou streng geregtelike, Romeinse houding en deugsaamheid moet jy voor hom verander in dié van `n ware vriend en wel so oop en opreg as wat moontlik is, andersins sal jy niks met hom bereik nie! Het jy hom egter sover gewen, dan sal daar maklik met hom onderhandel kan word en dan kan Ek eers verder met hom praat; maar nou sou hy, as sy wil volledig vry gelaat word, nie eers met My wou praat nie, maar sou hy heel eenvoudig aan My sê: “Vriend, die oppergoewerneur is die enigste wat ek ken en ek onderhandel net met hom, want jou ken ek nie en daarom weet ek ook nie hoeveel ek met vertroue aan jou kan meedeel nie!” En Ek sou daarop voorlopig niks anders kan antwoord as: “Vriend jy het volkome gelyk!” Probeer jy hom daarom eers baie vriendelik te wen en bring hom dan eers na My en daarna sal ons die hele saak weldra oplos!”

[7] CIRÉNIUS sê: “Ek sal dit wel probeer; maar ek vermoed dat wat ek my wil voorneem, nou nie juis so presies sal verloop soos wat ek verlang nie!”

[8] EK sê: “Pak dit maar op die regte manier aan, dan sal dit wel slaag!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205